Page 1 of 1

6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 12:44 pm
by VdWalt
Ek het gister middag 'n wetpack gemaak terwyl die bulle pack gekry het.....

Vanmore het ek gou die 2 koeels in die pak geskiet. Wie het gewen? Ek weet nie
of daar een is nie. Die Oryx het 87% van die gewig gehou en die TSX 99%. Hulle is
albei deur 8 boeke (41cm vir TSX en 40cm vir Oryx)

Hulle "wond" kanale het presies die selfde gelyk.

http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/20130901_121444_2_zps879579ad.jpg
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/20130901_112058_zps6f27d74a.jpg
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/20130901_111320_zps215efca1.jpg

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 1:11 pm
by the kid
Uit waste geweer het jy geskiet, en wat was jou spoed?

Ek sal graag die TSX in my .260 rem wil probeer.

Ek moet se ek kon nog nie lekker regkom met hulle in my 25-06 nie. So is maar skrikkerig om te probeer.

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 1:20 pm
by VdWalt
Spoed sal seker help! Dit was uit my 6.5x55 (CZ550)

130TSX @ 2930fps
156gr @ 2670fps

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 1:40 pm
by Arnold
Dankie vir die. Ek het gister vir my nog n pakkie 120gr GMX gekoop om te gebruik. Dit sal nice wees om hom te vergelyk, alhoewel ek hulle teen 3100fps skiet.

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 1:41 pm
by Wouter Roets
V d Walt

Jy vra wie het gewen? In my oe die Barnes TSX loshande! Hy penetreer dieper, verloor minder gewig wat bydrae tot minder vragmentasie en dus minder vleisskade en skiet platter. n Wen, wen en wen situasie! Wat meer wil jy he?

Groetnis
Wout

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Sun Sep 01, 2013 4:12 pm
by VdWalt
Behalwe vir die trajek weet ek nie of die ander 2 genoeg is om n
verskil te maak nie. (Elkgeval nie op wild nie)
Ek het egter n baie groter verskil in die guns van die Barnes verwag.

Ek hou seker net nie van die TSX of GMX in die 6.5 oor ek hulle nie kon kry om
konstant te groepeer soos die GMX in die 300 nie. Ek het met albei n boks vol uit geskiet.

As dit Barnes soos die Normas geskiet het sou ek tien teen een nie eers die Normas gehad het
Om die toets te kon doen nie. Ek sal nou stadig maar seker n paar goed met met die Normas skiet
om net seker te maak hulle werk vir my in die jagveld ook.

Julle het mos nou al genoeg toetse in die veld met die TSX gedoen om te weet dit werk, dis die Oryx waaroor
ek nou twyfel! LOL! Iemand moet die toets doen......

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 8:32 am
by Pappabeer
Die trajek wat jy wen met die TSX is baie werd. Maar spoed op korter afstand kan ook meer vleisskade gee. Maar as ek deur n groot been moet gaan is my geld op die TSX.

Kyk gerus na die Rhino Penetrators. Ook 130gr. My pakkie het gister in die pos gekom en hulle is verbasend netjies 130,1 - 130,3 gr. posgeld ingesluit R328 vir 50. Teen so n prys gaan ek hulle n tweede kans gee. Dis n mooi lang monometal punt en ek verwag goeie trajek. My barnes is vandag gepos, so een van die dae toets ek die twee teen mekaar

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 8:41 am
by VdWalt
Het die Rhinos groewe in of is die koeel solid soos die ou Barnes?

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 8:53 am
by Arnold
Hoe lyk die Rhino penetrators? Sal nice wees om te weet of hulle beter kwaliteit as die ander Rhino koeels is, menend is hulle lengtes en basis tot ogief dimensies konstant.

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:02 am
by Pappabeer
Staan gou vas, ek maak n prentjie.

Hulle het groewe

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:23 am
by Pappabeer
Rhino Penetrator 130gr
Rhino Solidshank 140gr
Nosler Partition 140 gr
Nosler CC 140gr
Hornady 140 gr

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:26 am
by Arnold
Dankie. Die ogief van daai penetrator lyk nie so lekker nie?

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:40 am
by Pappabeer
As in hy begin te vêr voor taper?

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:52 am
by Hilux01
VdWalt

Ek dink nie jy hoef te bekommerd te wees oor die Oryx se prestasie in die jagveld nie
Vriend van my gebruik sy 9.3 in bosveld met Oryx en nog net goeie terugvoer gehad
Verstaan van Oryx se webwerf hulle beveel dit aan vir self Moose
Ek dink dis naby aan die Nosler Accubond, wat my oorreed om Norma te gaan is die 156gr inplaas van Nosler se 140gr vir die bosveld

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:57 am
by VdWalt
Ek werk die Oryx so op, eers die rooibok, toe die koedoe en so die volgende
sal maar die bwb moet wees!

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 10:24 am
by Arnold
Pappabeer wrote:As in hy begin te vêr voor taper?
Dit lyk of daar 'n rif is. Soos twee radiusse wat bymekaar kom

Re: 6.5 130TSX teen 156 Norma Oryx

Posted: Tue Sep 03, 2013 11:14 pm
by Pappabeer
Dink dis net die lig op die foto. Ek sien wat jy sê, maar op die koele lyk die taper mooi egalig