Oordoen van Beretta a300
Posted: Sun Sep 01, 2013 6:49 pm
Naand manne, my beratta wat ek present gekry het se lisensie is laasweek goedgekeur. Die geweer was nie goed opgepas nie en ek wil graag die geweer oordoen, maar het 'n paar vrae as iemand my dalk kan help.
Die geweer se kolf is vol krap merke, ek gaan die kolf afskuur maar wil nou weet waarmee ek die hout moet behandel om 'n donker kleur te kry. 'n Vorige keer met 'n ander geweer het ek "boiled lindseed oil" gebruik, dit het goed gewerk maar die kolf 'n baie ligte kleur gegee.
Die geweer se metaal het ook krap merke, nie so erg op die loop nie maar die gedeelte voor dit. Ek sien mens kry produkte wat mens jou geweer self kan oor "blue", het iemand dit al gedoen? Hoe ingewikkeld is dit? Of is dit beter om dit maar te laat doen?
Die buttplate van die geweer is stukkend, waar sal mens weer so een in die hande kan kry?
Enige hulp sal waardeur word.