Page 1 of 1
Waardasie van wapen?
Posted: Tue Sep 03, 2013 3:15 pm
by Philip_R
Ek sal graag by die manne wat sulke lang lysies onder aan hulle posts het wil uitvind wat 'n vroë 1990's Musgrave .375H&H wat maar min geskiet het naastenby werd is. Die geweer het gladnie krapmerke op nie en het 'n mooi donker hout kolf. Die geweer het ook 'n controlled feed aksie maar die spesifieke model sal ek nou nie kan sê nie. Ek sal 'n paar fotos opsit sodra ek hom het.
Dit het tans 'n Tasco teleskoop op maar vir die oefening kan ons vergeet van die teleskoop en net op die geweer konsentreer, ek dink daaraan om oopvisier te skiet.
Ek sal die geweer nog na 'n wapensmit toe neem vir 'n amptelike waardasie maar ek en my Pa sal graag 'n idee wil hê wat hy werd is.
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Tue Sep 03, 2013 5:10 pm
by mariusr
As jy hom kan kry vir so tussen R7-8k sal goeie koop wees! Sal nie oor R10k gaan nie dink nou glad nie eers aan teleskoop nie!
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Thu Sep 26, 2013 10:28 pm
by Langeraat
Philip, mag ek vra vir hoeveel jy toe die geweer gekoop het? Ek kyk self rond vir 'n 375 H&H en probeer 'n paar pointers kry, Dankie.
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Fri Sep 27, 2013 7:54 am
by Philip_R
Langeraat, Ek het die wapen by my Pa oorgevat, ek het maar kom vra sodat ek weet waarvoor ek dit moet verseker. Ek gaan hom
Saterdag (more) biki gaan wakker maak vir die eerste keer in jare.
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Fri Sep 27, 2013 9:25 am
by Langeraat
Dis die beste soort koop, daai oorneem koop
Klink na 'n lekker geweer geniet hom!
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Fri Sep 27, 2013 9:49 pm
by mariusr
Dis heel ander storie as jy die vevangings waarde wil he vir versekering! Jy sal nie weer so wapen kan kry vir R8 of R10k nie! Sal dan maklik dubbel die wees om te vervang!
Re: Waardasie van wapen?
Posted: Sat Sep 28, 2013 6:29 am
by Johan Nel
Philip as jy by Classic Arms se webwerf gaan rondkyk vir tweedehandse gewere, dan gaan hulle ongeveer vir so R16000. Ek dink dis 'n goeie norm om te gebruik vir versekeringsdoeleindes. Nuut gaan jy waarskynlik sowat R18000 tot R21000 van die rak kan afkoop.