Page 1 of 1

Bikes te koop

Posted: Tue Sep 03, 2013 5:42 pm
by tau
Manne ek wil 'n Cruiser koop en 'n Buffel jag so my bikes is in die mark

2011 Yamaha WR450F Met JVO Rallye kit
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/ama3_zps71c2e9ed.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/photo-2.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/848B.jpg

R110 000 ONCO

2006 Honda XR650R
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Picture026-2_zps24de124c.jpg

R60 000ONCO

Re: Bikes te koop

Posted: Tue Sep 03, 2013 6:05 pm
by marthinus100
Hi Tau skuus wil nie hijack nie, maar jys mos op Edirt ook? Ek onthou daai WR450, julle wou mos die Dakar gaan doen het?

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 9:37 am
by tau
Hi Marthinus

Yes was die plan bike gebou geld ingesamel ingeskryf die hele storie en toe gee ASO my nie plek nie, want daar was te veel inskrywings!!!!!! Strooi storie nadat 5 ander manne vanaf Natal plek kry en 2 het geen ondervinding gehad nie.

Elkgeval ek was vir lank erg omgekrap en rerig negatief, maar vandag is oor dit. Ek wil miskien weer begin resies ry, maar nadat ek my rug in 2009 gebreek het is my vernuf nie wat dit was nie, en ek sal moet rustig vat. Dit is nogals moeilik om jou brein aante pas by jou liggaam.

Die bike het darem laasjaar Amageza gewen, dus waar die kiekies geneem is.

Die fiets loop laat hy vrek en is baie goed gebalanseer. Doen sommer nou 153kh/h met tenke half vol. Ek is net oor die Rallye ding iemand anders kan nou die Dakar droom leef.

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 10:12 am
by marthinus100
Sterkte met die verkoop dan. Hoop nie hy word te veel gemis nie.

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 10:49 am
by Rasmus
Tau

Daai XR laat my wakker lê....... Man as ek nou n paar sente los gehad het was ek al op die eerste vliegmasjien in jou rigting!!!

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 10:51 am
by tau
Daai XR het al die extra's my vriend.

Ek noem hom die tweespoor limo.

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 11:09 am
by Rasmus
Ek het een gehad en moes hom smous................

Wil amper sê dit was die grootste fout van my lewe.. Eendag is eendag dan sal weer een in my garage staan. Daai eendag is ongelukkig net nie nou nie :'( :'( :'(

Hou die xr en verkoop eerder n visstok of twee

Re: Bikes te koop

Posted: Wed Sep 04, 2013 11:29 am
by tau
Haha. Man ek het vanjaar 2 keer gaan ry met die twee bikes so dit is BAIE geld wat net in my garage staan. Ek het nog die Boot ook wat staan aangesien ek saam met my pa uitgaan deesdae. So eintlik moet ek al my onnodighede verkoop en polise of huis koop :)

My ouers verwag ek moet groot raak en my vrou en kinders ook....

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Sep 12, 2013 11:37 am
by Graham W
tau 2 lekker bikes daai. my pitte is bietjie min op die oomblik
weet nie of jy op die wilddog forum is nie, jy kan daar ook verkoop

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Sep 12, 2013 12:53 pm
by tau
Ek is ook "tau" daar op wilddog.thx

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Sep 12, 2013 2:01 pm
by Graham W
Ok no probs. Flippen cool bikes het self n wr 450f. love dit. 650r is my volgende koop

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Nov 07, 2013 3:06 pm
by tau
Jisterday die Rallye bike is nou net verkoop. Wil iemand nie die Xr koop nie asb??

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Nov 07, 2013 3:16 pm
by Pappabeer
tau wrote:
My ouers verwag ek moet groot raak en my vrou en kinders ook....



Baklei teen die druk solank jy kan ou!!! Ek weier volstoom om te "settle" voor ek 50 is! Waarmee gaan jy daai buffel stamp, of is dit deel van die budget?

Hoop jy verkoop die ander bike gou...

Re: Bikes te koop

Posted: Thu Nov 07, 2013 3:49 pm
by tau
.375 Ruger sal die Buffel moet stop.