Page 1 of 1

Goeie diens en Huntbuddy op 30.06 en 243

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:21 pm
by Hennie van der Merwe
Dagsê almal,

Ek wil nie dat die geleentheid verbygaan sonder om Henk (Silenthunting) se uitstekende diens uit te bassuin nie.

Agtergrond:

So klompie maande terug het ek 'n refleks suppressor bestel en ontvang vir beide my 30.06 en 243.
Beide het pragtig gewerk, todat die suppressor vir die 243 die POI heeltemal van die teiken af gedruk het.
Het vir Henk geskakel, en hy het gesê ek moet dit terugstuur, sodat hy dit kan ondersoek, en herstel of vervang.
Dit was 'n bitter klein probleempie - 'n burring het rakelings met die koeel kontak gemaak wanneer ek geskiet het, en die POI verander. Hy het die burring verwyder en die suppressor teruggestuur.

Goeie nuus:

Vir my moeite, wat egter bitter min was, het hy vir my 'n Huntbuddy absoluut gratis gestuur, wat pas op beide die 30.06 en 243. Ek het dit gaan toets, en kan bevestig dat die huntbuddy uitstekend werk op beide gewere. Soveel so dat ek dit sterk oorweeg om die huntbuddy uitsluitlik te gebruik op beide gewere.

Baie dankie Henk vir jou great diens! En geluk met jou nuwe kontrak - jy verdien dit.

Hennie

Re: Goeie diens en Huntbuddy op 30.06 en 243

Posted: Wed Sep 04, 2013 8:54 pm
by Silent Hunting
Hennie,

My hart bloei vir jou. Jy "nou" eers kans gekry om te gaan skiet? Traagies.

My plesier.

Groete,

Henk

Re: Goeie diens en Huntbuddy op 30.06 en 243

Posted: Fri Sep 06, 2013 7:21 am
by BRNO (Pierre)
Die forum is vanoggend weer vol mooi stories. Dit is egter darrem hoe ons vir Henk ken. Daai HB gaan nog lank op roere gesit en mee geskiet word.