Page 1 of 1
mathews creed
Posted: Sun Sep 08, 2013 11:02 pm
by reggie
Hi
Skiet imand dalk mathews creed met multipin sight.
Die gap tussen my 30, 40 yard pin is meer as dubbel die gap tussen my 20, 30yard pin.
Is dit normaal? My vorige boog mathews monster 6 se gap tussen die pins het meer egalig vermeerder.
Mathews creed met spothogg 5 pin sight. Boog is net onder die 70 pong gestel
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 8:25 am
by SV MAD (Henk)
Dit hang af van die boog se IBO, pyle se gewig ens. Gee meer info hieroor en dan kan mens bietjie meer uitbrei
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 8:37 am
by reggie
Ibo is in die ogewing van 300ft/s
Het wel so 280ft/s gekry op die chrony
Skiet easton blodline pyle 330gr met 100gr punt
Draw length 28"
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 9:42 am
by Philip_R
Brace Height 7”
Draw Weight 50-70 lbs
Bow Weight 3.85 approximate
Let-off 80%
Draw Lengths 26-30”
Half Sizes 26.5-29.5”
String/Cable String: 92 1/4" | Cable: 32 3/4"
Riser Length 26.50”
Cams SimPlex™ Cam
IBO Rating up to 328 fps
Axle-to-Axle 30”
* All specifications are approximate.
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 9:50 am
by SV MAD (Henk)
So as ek jou reg verstaan is jou pyle 430gr? Boog het IBO van 300fps? Nee, dan moet jou 30 en 40 nader aan mekaar sit.
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 9:58 am
by reggie
Dis wat ek ook nie kan verstaan nie. Lyk of daar iets fout is maar kan nie my finger daar op le nie. My ou monster 6 was die pins baie nader aan mekaar en ook meer egalig grooter geword. Die Creed is nou 5wk oud
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 10:05 am
by Philip_R
Is dit dieselfde sight wat jy op die Monster gehad het? My boog se specs is basies identies aan joune behalwe dat ek hom met 65% let-off skiet, en 'n 510gr (Totale gewig) pyl skiet met 'n 125gr punt. My 30-40 pin gap is basies dieselfde as die 20-30 pin gap. Op 30 skiet ek so biki hoog maar die pins kanie nader aan mekaar nie. Die gapings sal dus baie eweredig groter word.
Interesant is as ek op 70 wil skiet dan is die gap baie naby aan 2x die 40-50 gaping onder die 50 pin.
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 10:36 am
by reggie
Ja dit is die selfde sight en die 20, 30 pins was amper die selfse op die monster en d
ie creed
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 10:43 am
by SV MAD (Henk)
Ek weet dis horses for courses, maar dis hoekom ek hou van single pin sights. Maar ander hou nie daarvan nie.
Re: mathews creed
Posted: Mon Sep 09, 2013 10:09 pm
by reggie
Dagse manne,
dankie vir almal se raad. Ek het weer by die begin begin. Eers die boog vas gestel op 70 pond
en toe weer die 20yr ingestel was gou en maklik. Toe die 30yr is tevrede maar sal more dit weer deur gaan om seker te maak dis 100% reg.
Die 20/30 pins het ook nou nader aan mekaar geskuif meer soos ek gewoond was op die monster 6 so sal nou more sien wat gebeur op die 40yr
pin as ek hom ook instel.
Re: mathews creed
Posted: Tue Sep 10, 2013 9:46 pm
by reggie
Reg manne die probleem bly nog die selfde die gap tussen 30 en 40yr is baie groot.
Ek het toe my practice broadhead op gesit en skiet so tussen 2 en 3 cm laer met broad head op 20yr as met my field points(beide is 100gr en muzy fixed blade)
Beteken dit dat my arrow rest moontlik te laag is?
Sal ek die punt beriek waar my field point en broadheads op die selfde hoogte skiet deur die arrow rest op of af te stel?
Re: mathews creed
Posted: Wed Sep 11, 2013 7:33 am
by Philip_R
Soos ek dit het en my boog self gestel het moet jou jou knockingpoint af stel. Dus moet jy jou D-Loop skuif op jou snaar.
Jy kan probeer die rest up stel maar dit gaan jou nie baie help nie.
Re: mathews creed
Posted: Wed Sep 11, 2013 10:44 pm
by reggie
Dankie Phlip
Lyk my die rest se googte kan baie naby aan reg wees, maar die nocking point lyk baie hoog. Sal saterdag poging aanwend om nocking point te laat sak dan sal my peep seker ook moet sak. Dan weer die boog papertune voor ek die sight instel. Gaan ook nou broadheads verander van muzy fix blade na rage mechanical toe wel hou by 100gr
Re: mathews creed
Posted: Fri Sep 20, 2013 8:51 pm
by Skiet
Naand se, Ek het nou so vinnig deur gelees, dink jy dis moontlik dat jou pyl of loop op die snaar so sit dat jou pyl nie 100% op n 90 grade hoek met die snaar is nie. As dit die geval is, kan dit jou trajek verander en ook miskien druk op die rest sit-wat jou pyl afwaarts sal laat beweeg. Soos vroeer gese is, kan dit ook wees dat jy jou rest so bietjie moet lig.
Re: mathews creed
Posted: Sat Sep 21, 2013 7:13 am
by HennieC
Reggie
Stel jou boog volgens die prentjie en dis nie nodig vir paper tuning nie.
Hoe langer afstand jy dit doen hoe beter. Begin op 20 yards en werk dan verder.
Dit werk vir my en het al baie ander mense gehelp.
Re: mathews creed
Posted: Wed Sep 25, 2013 8:53 am
by Philip_R
Ek doen ook net daardie "Tuning" en paper tune glad nie. As 'n fixed blade saam met 'n fieldpoint vlieg moet die pyl reguit uit die boog kom.
Re: mathews creed
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:53 am
by HennieC
Hi Reggie
Het jy die Creed reg gekry.
Jy moet ook kyk dat jou pyl in die middel van jou rest se bout deur loop. Dit is die bout wat die rest teen die riser vas bout. As hy in die middel is en 90' met die snaar is dan moet jy hom tune soos die prentjie bo beskryf.
Van waar is jy?