Page 1 of 1
Knipmes met guthook
Posted: Mon Sep 09, 2013 7:41 pm
by Cobus(Cobb)
Manne, is dit moontlik om jou bestaande, gunsteling knipmes, 'n guthook te laat insit?? of is dit beter om nuwe een te koop??
Ek luister
Re: Knipmes met guthook
Posted: Mon Sep 09, 2013 8:11 pm
by tripodmvr
Ek sal aanraai om 'n toegepaste guthook te kry. Hulle is klein en maklik om saam te dra en het nie die skerp punt van die lem om voor op te let nie.
Re: Knipmes met guthook
Posted: Mon Sep 09, 2013 8:14 pm
by Beretta
Cobb
CRKT verkoop n lekker klein gut hook ek het een. Sal nie my mes opmors vir so iets nie
Beretta
Re: Knipmes met guthook
Posted: Mon Sep 09, 2013 9:37 pm
by LongWolf
Koop eerder een as om jou knipmes te verniel.
Re: Knipmes met guthook
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:23 pm
by stephensonsknives
Goeie naand
Ek kan vir jou 'n Knipmes maak met 'n guthook aan. Jy kan my gerus kontak
stephen@stephensonsknives.com
Re: Knipmes met guthook
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:36 pm
by Pappabeer
Ek hou van die idee van jou mes. Eenvoudig en prakties. Waarvan is die grip gemaak? En meer belangrik wat doen hy aan die beursie. Ek sal graag so n mes wil hê, maar dalk met n ander handvatselmateriaal.
Dewald
Re: Knipmes met guthook
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:38 pm
by HennieC
Hi Cobus.
Gaan kyk bietjie by hardeware winkel die stanley mat messe jy kry van hulle lemme wat heerlike gut hook is en as hy stomp is sit jy nuwe lemmetjie in.
Re: Knipmes met guthook
Posted: Thu Sep 12, 2013 9:30 pm
by Cobus(Cobb)
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/African20PH20Double20Blade-Copy_zps49d2371c.jpg
Wat sal so enetjie kos?? dalk bietjie langer lem, lem en guthook moet so stud inhê om met duim die lem en hook apart oop te flip...
Re: Knipmes met guthook
Posted: Fri Sep 13, 2013 9:14 am
by Lourens Potgieter
Sjoe dis nou 'n netjiese mes.....dink ek moet gesels vir so kerspresent van my aan my......
Re: Knipmes met guthook
Posted: Fri Sep 13, 2013 9:21 am
by DWB
Oom Stephen, skuus, wil nie snaaks wees nie, maar wil net weet, gaan daai guthook nie moontlik die pens kan "nick" nie?
Moet hy nie liewers 'n ronding hê ipv 'n skerp punt nie?
Help my reg as ek verkeerd is asb.
Re: Knipmes met guthook
Posted: Fri Sep 13, 2013 10:07 am
by stephensonsknives
`dag manne ja hoe moet ek nou antwoorde gee want admin het die vorige keer my van jaracal vewyder ,want ek het my messe geadverteer onder die mes afdeling en my besonderhede gegee ,,,ja hier is die foto van die mes
Re: Knipmes met guthook
Posted: Fri Sep 13, 2013 11:31 am
by Roger
Gerber het n guthook op sy eie met n sakkie vir onder R300
Re: Knipmes met guthook
Posted: Fri Sep 13, 2013 11:40 am
by stephensonsknives