Page 1 of 3

Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:00 am
by Pappabeer
Laat ons hoor watter haelgewere die manne verkies vir welke aanwending en hoekom. Ek jag meestal voeëls en skiet so n paar kleie elke dan en wan om die oog in te hou, so ek bly maar n S/S aanhanger. Hierdie is my 2 FN's. voor die 12 Boor (1926) en agter die 16 boor (1950). Ek soek nog graag twee soortgelyke Belgiese S/S's, een in 20 Boor, en een in .410.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:10 am
by Eugene
Ek skiet meestal duiwe, tarentale en fisante en en so nou en dan bietjie kleie. Ek het sommer 'n ou 12br ss uit 'n boedel gekoop vir R500 en is baie gelukkig met die geweer. Ek soek nog na daai haelgeweer wat my hart warm maak, sonder om my bankbestuurder warm om die kraag te maak....

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:16 am
by G-force
Jou poll werk nie want ek het drie soorte en kan net een kies.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:23 am
by Pappabeer
G-force wrote:Jou poll werk nie want ek het drie soorte en kan net een kies.
Thanks, het verander.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:26 am
by Riaan Beeslaar
Ek het op hierdie staduim 'n 12 boor Mossberg pomp aksie maar sal baie graag 'n s&s wil he. Die pomp aksie moet op hierdie staduim maar alles doen van kleie, voels, ongediertes sowel as slange

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:33 am
by NicoSmit
Skiet so nou en dan 'n duif met die Bailal enkelskoot maar hy skop 'n snot skoot

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:37 am
by blaser
daai wit tarentaal bekommer my

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 11:11 am
by LUAN
My cz brno

http://db.tt/spB9pQ8t
https://dl.dropboxusercontent.com/u/148384922/cz%20Brno%2012br/IMG_2812%20%28Medium%29.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/148384922/cz%20Brno%2012br/IMG_1873%20%28Medium%29.JPG

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 11:53 am
by Pappabeer
Hy het my ook bekommer toe ek hom by my gereelde plek kry. Toe val hy maar. Ek skiet al sedert 1998 op daai plaas en het begin 2012 vir die eerste keer n witte daar gekry

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 2:03 pm
by Dawie Malan
Pappabeer

Nou hoekom skiet jy ander mense se mak tarentale?

>:D

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 2:24 pm
by LUAN
Wat is so brno van my werd?

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 3:30 pm
by Pappabeer
Dawie Malan wrote:Pappabeer

Nou hoekom skiet jy ander mense se mak tarentale?

>:D
Die sagte vleisies...

En hy bind n paar besonderse vliegies met daai blougrys...

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 4:10 pm
by Dawie Malan
En hy bind n paar besonderse vliegies met daai blougrys...
Jip. Geelvisvliegies.

;)

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 7:40 pm
by JPS
Baikal 12ga enkel loop met scope op vir Varke in die bosveld

Zabala 12ga Side by Side vir duiwe en ganse.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:28 pm
by LUAN
Jps watse ammo gebruik jy op die varke?

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:34 pm
by Rasmus
Eduard Kettner 12 boor over and under. Single selective trigger, multichokes. My 21 ste verjaarsdag persent aanmyself!

Beretta A302 semi auto. Hy dien as ekstra by duifskiete en ook al saam geloop op soek na varke maar moet nog bloed trek.

En n mosberg 410 slotaksie haelgeweer.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Thu Sep 12, 2013 12:03 am
by Pappabeer
JPS wrote:Baikal 12ga enkel loop met scope op vir Varke in die bosveld

Zabala 12ga Side by Side vir duiwe en ganse.
Hoe word die scope gemonteer JPS? Sit bietjie n foto op vir ons asb.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Thu Sep 12, 2013 8:31 am
by JPS
.303 wrote:Jps watse ammo gebruik jy op die varke?
Slugs, Maak hulle self met die Lee Mold.

groete
JP

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Sep 13, 2013 9:39 pm
by jenn
My Bioto s/s. Skiet van duiwe tot Wildemakoue en kleie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Sep 13, 2013 9:44 pm
by Pappabeer
Nice Jenn. Lekker patroonsakkie wat jy daar het ook. Waar kom dit vandaan?

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Sep 14, 2013 6:18 pm
by jenn
Het dit my vriend Matthys van Likulu Safaris gekry,hy gee dit uit vir sy kliente wat by hom kom jag. Weet ongelukkig nie waar hy dit laat maak nie,maar kan seker uit vind.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Tue Sep 17, 2013 4:39 pm
by Jaco vdW
12br Miroku o/u wat sover vir 99.9% wild verantwoordelik was
Brno 16br s/s wat nog sy merk moet maak
Breda .410 wat my eerste vuurwapen was - en die .22 siloëtte baie lekker skiet tot op 30 tree!

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Sep 20, 2013 1:54 pm
by PRIVATE RYAN
Beretta S/S, maar ek het nog nie met
hom geskiet nie, so dit tel seker nie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 6:42 pm
by Killzone
Het gister my Baikal SxS gaan optel. Niks fancy nie maar hy sal werk vir kleiduiwe en 'n bietjie wing.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 7:23 pm
by lapman
A300