308 RSA Oorgedoen
Posted: Thu Sep 12, 2013 9:45 am
Hallo menere
Ek het besluit om my 308 Vrystaat so bietjie n facelifte te gee. Die geweer was maar bietjie vaal gewees en wou hom so bietjie mooi maak sonder om die karakter van die geweer/era prys te gee. Die kolf en loop was nog baie mooi gewees maar die loop en aksie het so n paar skurwe plekke opgehad.
Ek het die volgende gedoen: Harrsion Bros het die aksie en loop(binne ook) weer mooi gemaak (nie geblue). Nuwe verwyderbare swivels is opgesit vir die geweerband. Ek het die geweer toe na John Brussel geneem wat die kolf verander het na meer pistol tipe grip asook n black ivory cap opgesit. Die ou recoil pad is ook vervang met n bisley recoil pad. Ek het toe self die geweer afgeskuur volgens John se plan. Na die afskuur is die geweer weer terug na John vir die opsit van die checkering(rigby patroon). Wrap around checkering op die voorste deel van die kolf ook. John het om ook sommer geolie en gebuf ingesluit by die prys van die checkering. Ek dink dit is kombinasie van boiled linseed oil en tru oil of london oil aan die einde wat n hardner ook in het. Die kolf het baie mooi gekom. Die gryn van die hout is baie mooier as voorheen. Die natmaak van die kolf en droog maak met n haardroeer werk beslis.
Laastens het John die ou Weaver scope afgehaal en vervang met n nuwe Burris fullfield 4.5-14 x 42 met komplemente van SJ. Johan het hom gebore site vir my.
Ek is baie tevrede met die eindproduk. Baie trots op die geweertjie en kan nie wag om hom te gaan inskiet nie.
Aangeheg die voor en na fotos.
Groete
Arno