Page 1 of 4

Skietstoel

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:18 pm
by NicoSmit
Nou dat die gogga of moet ek se jakkals gebyt het wil ek graag hoor waarvoor gaan 'n skietstoel

Re: Skietstoel

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:49 pm
by Cobus(Cobb)
So tussen 3k en 5k by Ian hier op die forum...jy kan die kit vat en homself aanmekaar sweis...

Re: Skietstoel

Posted: Mon Sep 16, 2013 9:14 pm
by NicoSmit
sal 'n ander plan moet maak

Re: Skietstoel

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:38 pm
by LongWolf
Begin by scrap yards.

Mens kan altyd koukus met daai manne.

Re: Skietstoel

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:34 am
by Geno
R3-5k vir die kit by Ian
+-R6k vir die stoel by Ian.
+-R8500 vir Freek se stoel
+-R6500 vir Alan Truter se stoel.

R1000-R2000 vir 'n DIY stoel, maar jy sit met kopseer en R&D. Die manne wat ek hier bo noem, is deur die hele R&D proses, so jy is verseker dat hulle stoele werk.

Re: Skietstoel

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:33 am
by Eugene
Geno wrote:R3-5k vir die kit by Ian
+-R6k vir die stoel by Ian.
+-R8500 vir Freek se stoel
+-R6500 vir Alan Truter se stoel.

R1000-R2000 vir 'n DIY stoel, maar jy sit met kopseer en R&D. Die manne wat ek hier bo noem, is deur die hele R&D proses, so jy is verseker dat hulle stoele werk.
Nico, as jy met staal kan werk, toegang tot die nodige toerusting het en 'n kop vir planne maak het, kan jy waarskynlik redelik goedkoop vir jouself 'n stoel bou. Indien nie, spaar eerder en koop een by een van die manne hierbo! Soos Geno sê, is hulle al deur die trial-en-error gedeelte en weet wat werk en wat nie! Sekere goed kan mens goedkoop maak, ander goed kos jou op die lang duur baie meer.... Vat dit maar van 'n fool wat dit op die harde (en duur!) manier geleer het... ;)

Re: Skietstoel

Posted: Tue Sep 17, 2013 2:39 pm
by Cobus(Cobb)
Nou as jy die stoel het begin die pret.....R2000-R4000 roeper
CD's, Kurses, ammo...plase soek ens ens.....
Dis 'n lekker game.

Re: Skietstoel

Posted: Tue Sep 17, 2013 3:56 pm
by BLOK
Cobus(Cobb) wrote:Nou as jy die stoel het begin die pret.....R2000-R4000 roeper
CD's, Kurses, ammo...plase soek ens ens.....
Dis 'n lekker game.
Spotlights
dimmers
fluite
herlaaibare spotlight
herlaaibare batterye
freezer suites
bakkie camo
nag jag geweer scope
dan n vinnager kaliber geweer
dan werk die 4x2 nie en kort jy n 4x4
ens. ens ens. ;) ;D ;D ;D

Re: Skietstoel

Posted: Tue Sep 17, 2013 6:47 pm
by NicoSmit
Rome is nie in eendag gebou nie sal die toerusting stelselmatig opbou en die 2x4 sal maar die werk moet doen sal net baie mooi kyk waar gery word

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:50 am
by NicoSmit
My skietstoel in wording

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:24 am
by Piet Pille
Netjies Nico.
Die lemonadetjie in die voorgrond wys dat jy die projek geniet! ;)

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:34 am
by VdWalt
Lyk goed - ek sou net so sponsie of wat op daai pyp gesit het as ek jy was.

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:35 am
by cassie_calvinia
VdWalt wrote:Lyk goed - ek sou net so sponsie of wat op daai pyp gesit het as ek jy was.
dit kan noogal seer raak na so uur se rond draai! haha

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:44 am
by Piet Pille
cassie_calvinia wrote:
VdWalt wrote:Lyk goed - ek sou net so sponsie of wat op daai pyp gesit het as ek jy was.
dit kan noogal seer raak na so uur se rond draai! haha
:laugh: :laugh:

Cassie/ vd Walt - ek sien hy het 'n baie stabiele en stewige basis vir homself prakseer... daar is tot 'n stopper so 3 duim af aangebring sodat hy nie later te laag sit en skiet nie!
Nou nog net 'n stewige basis vir die geweer bysweis! >:+

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:10 am
by Pvdw
;D :) :) Manne hoe lekker lag ek nou. Hier moet 'n man skerp wees anders gaan iemand jou pak gee ++>:

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:13 am
by NicoSmit
Die rede vir geen sitplek nie is dat jy doodstil gaan sit en dan skiet jy moerse akuraat die botteljie op die voorgrond is vir die sit slag om die pyn so bietjie te verminder (local anestethic)

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:58 am
by Wielie Waps
Nico
Ek weet jy het nou begin bou aan 'n skietstoel , maar ek sou ook 'n skietraam oorweeg het. Myne pas op my d/cab en is baie "steady".
Ek kan hom ook alleen op en aflaai as die seuns nie by is nie. Ek sal foto opsit sodra ek een iewers in die hande kry.

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:02 am
by NicoSmit
Hierdie een is ook baie lig sover en hy pas op my Double cab en op my Corsa

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:19 am
by cassie_calvinia
skietraam vir jakkals...nee wat, bly maar weg.
nie as jy wil ernstig jag nie, of by kliente jag nie

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:51 am
by Piet Pille
NicoSmit wrote:Die rede vir geen sitplek nie is dat jy doodstil gaan sit en dan skiet jy moerse akuraat die botteljie op die voorgrond is vir die sit slag om die pyn so bietjie te verminder (local anestethic)
Hier is nog 'n farmaseutiese wonder wat dalk die local anestethic sinergisties kan ondersteun tydens gebruik in die spesifieke toepassing. Maak net seker jy was jou hande anders kan die geweer dalk gly...

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:58 am
by Wielie Waps
Cassie
Hy werk vir my en ek het meer vertroue in hom as die skietstoel en ek het al met altwee gejag.

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 11:21 am
by cassie_calvinia
ek het nog nooit verstaan hoe kan iemand met raam jakkals jag?
die jakkals kom hol dwars verby jou, nou moet jy agter hom aandraai, nou moet jy roep, nou le jouu remote agter jou.
ek sal nie so kan jag nie.
al my goed moet altyd, makie saak, waar ek draai, op dieselfde plek wees.
dit is nou maar jou, en jou kliente se problem. gelukkig nie myne nie!!!

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 12:18 pm
by Wielie Waps
Reg so Cassie

Re: Skietstoel

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:37 pm
by NicoSmit
So kom die stoel al nader aan voltooing so die bier en vaseline is nie meer nodig nie

Re: Skietstoel

Posted: Thu Dec 26, 2013 1:01 pm
by 243Songdaug
Hi Nico. Mooi raamwerk. Waak egter teen te "lig" wil gaan. Ek het al "n klompie rame e stoele gebou en ek moet regtig sê dat 'n swaarder en ook stewiger stoel vir my beter werk. Dit leun homself tot meer stewigheid. Ligte konstuksies is geneig om 'n effense bewe in hom te hê.

Ek skiet tand met 'n Bushpig stoel van Freek en ek sal weer so iets koop.