Page 1 of 1

Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 10:31 am
by Arno C
Menere

Ek het die naweek die geleentheid gehad om die nuwe Musgraves van nader te beskou by Wildman in Cape Gate. Baie mooi gewere en het dadelik die brons musgrave embleem op die ebony cap van die grip opgelet. Die persoon daar vertel my toe dat hulle omtrent al 200-300 van die brons plaatjies verkoop het. Manne laat dit dan opsit op hul ou musgraves.

My vraag is. Wil jy regtig die karakter van n ou musgrave verander na die nuwes? Maar noudat ek weer daaraan dink behoort nogal mooi te lyk of nie ??

Wat dink julle?

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 10:52 am
by Eugene
Ek het nog nie die nuwes van naderby gesien nie, maar het verstaan dat dit basies net die naam is wat nog Musgrave is...

Ek sal maar my Mod 80 hou soos hy oorspronklik uitgekom het!

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 11:17 am
by Gerrie Smith
Dag manne, ek werk by Wildman en die Musgrave fabriek is deel van ons groep. Ek het die voorreg gehad om deur die fabriek te gaan en die mense te ontmoet, die meeste is van Bloemfontein af verskuif, met vrou en kinders na Ermelo en werk nogsteeds in die fabriek. So ook al die masjiene en gereedskap, tot die Mauser aksies wat reeds vervaardig was, het saam getrek en is al die nuwe gewere. Die kolwe is herontwerp en verbeter om die hedendaagse jagter te pas! Die lope word nogsteeds deur die SABS getoets en goedgekeur. So die nuwe Musgraves is maar net 'n nuwe verbeterde kolf net 'n medalje om met trots uit te staan tussen die res van die fabriekate, so as jy deel voel van die maak, kan ons vir jou die medalje vir jou aanbring op jou bestaande geweer, wat jy reeds op trots is! Julle kan enige tyd die winkel skakel - 021 981 8180 vir verdere navrae. Groete vanuit Wildman Weskaap.

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 11:32 am
by Armand Steenkamp
Ek sal dit noggal like om te doen. Gerrie , jy weet nie miskien of daar een of andertyd model 80,83,90 en die verskye RSA sal beskikbaar wees nie?

Groetnis

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 1:23 pm
by Johan Nel
Gerrie,
Kan jy dalk 'n foto plaas van die nuwe embleem. Ek sal dit graag wil sien.
Groete,
JHN

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Tue Sep 17, 2013 5:45 pm
by mariusr
Wat is die kostes en kan ou die self doen! My model 80 het die swart M met skroefie vas!

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:05 am
by jamalley
Ej sal ook graag wil weet wat die medaljes kos

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:11 am
by Arno C
R300

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:20 am
by jamalley
Waar kan ek bestel?

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Thu Sep 19, 2013 1:14 pm
by Gerrie Smith
Ek het geen idee of hulle dalk vorentoe die model 80, 83, 90 gaan maak nie, ek weet daar kom nuwe aksie vroeg volgende jaar - links ook!
Die medaljes is besikkbaar by al die Wildman winkels, of hulle kan vir jou bestel - R500. Jy kan hom seker self opsit, as jy die gereedskap het, want hy word versink in die kolf in en dan vasgeskroef. Ons geweersmit vra R575-00 vir kolf afhaal, versink en vassit en weer die kolf terug sit.
Groete vanuit Wildman Weskaap.

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Thu Sep 19, 2013 2:40 pm
by Armand Steenkamp
Gerrie , dankie vir die trug laat weet! Sien uit om die nuwe aksie te sien.

Groetnis

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Fri Sep 20, 2013 11:38 pm
by Arno C
Gerrie

Klink vir my n bietjie duur vir die medalje asook opsit. Julle moet dit eintlik gratis opsit want dit is advertensie vir jul produk. Ek is seker ek sal dit vir goedkoper kan laat opsit of self doen.

Groete

Re: Nuwe Musgrave brons embleem op ou Musgraves?

Posted: Sat Sep 21, 2013 1:11 am
by JohanP
Arno C wrote:Gerrie

Klink vir my n bietjie duur vir die medalje asook opsit. Julle moet dit eintlik gratis opsit want dit is advertensie vir jul produk. Ek is seker ek sal dit vir goedkoper kan laat opsit of self doen.

Groete
Wat hy sê.. My Musgrave .308 is een van die laastes wat Ben Musgrave gebou het... Ek sou (as dit my besigheid was) al die vorige Musgrave eienaars wat belanggestel het, verniet voorsien het van medaljes.
Musgrave is uniek in SA. Dit is ñ Ikoon, amper soos Landrover en Landcruiser... en ek sou dit so gedryf en uitgedra het.
As die huidige Musgrave eienaars dink dat my 90 Model .308 nie ñ koper wapen werd is nie, en dat ek dit te duurste moet koop
... Dan is dit hulle keuse..