Page 1 of 1

Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:00 pm
by PWV
Wonder of hierdie chronograaf al hier beskikbaar is.
Lees hieronder.

http://www.longrangehunting.com/store/c ... speed.html

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:04 pm
by Johan Nel
Oom Pieter,
Ek herinner my dat daar 'n draad oor soortgelyke toerusting geplaas is. Wouter Roets het iemand na 'n verskaffer naby hom verwys.

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:09 pm
by tripodmvr
Wouter het wel so apparaat aangekoop.

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:11 pm
by PWV
tripodmvr wrote:Wouter het wel so apparaat aangekoop.
Kom in Wouter. Vertel ons bietjie meer, asseblief.

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:17 pm
by Geno

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:58 pm
by Cobus(Cobb)
....julle sal daai einste tool by die herlaai kurses sien...

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Wed Sep 18, 2013 7:48 pm
by vaalseun
Jy kry hulle plaaslik te koop maar is vrek duur,as ek reg kan onthou is hulle R5500.
Baie beter om dit self intevoer teen 275 dollar.Jaco Brink het een laat kom en
dit werk soos n droom vinnig om op te stel en hy lees in enige lig kondiesie .
Ons het hom vandag weer op die baan getoets en op 100m het dit geen invloed op
jou point of inpact nie en jou groepe bly die selfde so jy kan lading ontwikkeling
ook met hom doen.Beste crony wat ek nog gebruik het ,het self een laat kom.

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Fri Oct 18, 2013 8:31 pm
by Joe308
Ek het so 'n outjie! Dit was n goeie belegging, ongelooflik akkuraat, en hy stoor die data sommer in excel vir jou. Werk goed op kopet en lood punte.

Die prys? Nie soveel as jy al n chronie of twee raak geskiet het...

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Fri Oct 18, 2013 8:54 pm
by Polla1983
Uncle PW.
Daar is n skrywe oor die oukie in die nuwe sa-jagters tydskrif. Fishers & shooters is die agente volgens die berig. Hulle is in Lichtenburg. Tel : 018 632 1293
Mooi loop...

Re: Barrel mounted chronograph

Posted: Sat Oct 19, 2013 4:52 pm
by Johan Reyneke
kalaharijoe wrote:Ek het so 'n outjie! Dit was n goeie belegging, ongelooflik akkuraat, en hy stoor die data sommer in excel vir jou. Werk goed op kopet en lood punte.

Die prys? Nie soveel as jy al n chronie of twee raak geskiet het...
Stem saam, duurder as gewone chrony, maar 100% minder effort om op te stel en geen error lesings nie.

En kans om hom m@@r toe te skiet is baie minder. As jy 2 gewone chronys moet koop maak dit sy prys klaar op