Page 1 of 1
Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 3:29 pm
by hencohugo
Middag manne. My klong word in November 8. Ek wil vir hom 'n ordentlikke windbuks koop vir sy verjaarsdag. Dit moet iets wees wat hy self kan oorhaal en wat nie sy vingers sal afknyp nie. Wat sal julle aanbeveel. Hy het op die oomblik een wat jy op pomp(fake daisy), maar die ding skiet die hele wereld vol. Hy tref net so elke 10de keer die teiken. Ek hoor graag wat julle aanbeveel.
Groete
Henco
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 4:13 pm
by JTM
Ek sal vir my laaitie die Weihrauch HW30 kry. Baie lekker geweertjie en jy sal beslis die teiken raak skiet daarmee.
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 4:18 pm
by Gernie
Middad Henco
Jong, ek sal definitief iets koop met oop vizier, want dit leer 'n ou regtig skiet. Ek sal dan ook vir 'n 'Springer' gaan. Hang af van Budget, maar 'n ordentlike windbuks is 'n weihrauch hw97.
Ek het 'n PCP, CZ 200 en 'n duif val nog op 70m, maar die het 'n teleskoop op.
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 4:33 pm
by hencohugo
JTM wrote:Ek sal vir my laaitie die Weihrauch HW30 kry. Baie lekker geweertjie en jy sal beslis die teiken raak skiet daarmee.
Jannie, waar sal ek so een kan kry?
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 4:36 pm
by hencohugo
Gernie wrote:Middad Henco
Jong, ek sal definitief iets koop met oop vizier, want dit leer 'n ou regtig skiet. Ek sal dan ook vir 'n 'Springer' gaan. Hang af van Budget, maar 'n ordentlike windbuks is 'n weihrauch hw97.
Ek het 'n PCP, CZ 200 en 'n duif val nog op 70m, maar die het 'n teleskoop op.
Gernie, ek het 'n Gamo Whisper CFR ook, maar dit is te swaar vir hom. Dit moet iets wees wat hy self kan oorhaal.
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 4:56 pm
by Gernie
Luister en vra bietjie hier, die ouens help graag -
www.airrifle.co.za
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 6:41 pm
by JTM
Jy kan met Francois by S&O Stellenbosch gesels. Hulle is Weihrauch agente.
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 6:46 pm
by Pappabeer
Gernie wrote:Middad Henco
Jong, ek sal definitief iets koop met oop vizier, want dit leer 'n ou regtig skiet. Ek sal dan ook vir 'n 'Springer' gaan. Hang af van Budget, maar 'n ordentlike windbuks is 'n weihrauch hw97.
Ek het 'n PCP, CZ 200 en 'n duif val nog op 70m, maar die het 'n teleskoop op.
Die HW97 het nie oopvisier nie. Kry n mooi ou Diana, Gecado of BSA wat gerestoreer is. Hulle is lekker klein vir n laaitie om mee te skiet
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 8:25 pm
by DEE
HW 30
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 8:33 pm
by mariusr
Bly weg van Hutson!!! Is ook die maak met die meeste 2de haans verkope! Moenie val daarvoor nie!
Re: Watter Windbuks
Posted: Mon Sep 23, 2013 10:19 pm
by G-force
HW30 elke keer.