Page 1 of 1

Semi auto

Posted: Thu Nov 25, 2010 10:30 pm
by ablm468
Wat is 'n goeie maak semi auto jag haelgeweer en waarna kyk mens prysgewys. Wat sal ook die gewildste loop lengte wees? Verwysings sal verwelkom word.

Re: Semi auto

Posted: Fri Nov 26, 2010 7:48 am
by Gerhard
As ek dit nie mis het nie gaan jy baie moeilik 'n lisensie vir 'n semi auto kry as jy nie 'n sport beoefen nie.

Met 3 Gun het Franci (spelling) hulle self bewys as betroubaar.

Re: Semi auto

Posted: Fri Nov 26, 2010 11:13 am
by Danie Lombard .243
'n A300 Beretta semi auto het hoself al bewys as 'n bakgat goeie gehalte semi auto haelgeweer. EK het een en 4 van my maters hey ook elk 'n A300.

Liensie is nie 'n probleem nie. Kry toegewyde jagter status by jou jagtersvereniging, artikel 16 van wet 60 van 2000. Kry ook 'n endoseering by jou jagtersvereniging om te bevestig dat jy die wapen benodig vir toegewyde jag.

Ander opsie is togewyde sport skiet status, ook artikel 16 van wet 60 van 2000

Nie moeilik om lisensie te kry vir semi auto haelgeweer nie.

Re: Semi auto

Posted: Fri Nov 26, 2010 11:25 am
by Gerhard
Danie .243 wrote: 'n A300 Beretta semi auto het hoself al bewys as 'n bakgat goeie gehalte semi auto haelgeweer. EK het een en 4 van my maters hey ook elk 'n A300.

Liensie is nie 'n probleem nie. Kry toegewyde jagter status by jou jagtersvereniging, artikel 16 van wet 60 van 2000. Kry ook 'n endoseering by jou jagtersvereniging om te bevestig dat jy die wapen benodig vir toegewyde jag.

Ander opsie is togewyde sport skiet status, ook artikel 16 van wet 60 van 2000

Nie moeilik om lisensie te kry vir semi auto haelgeweer nie.
Mooi daar leer ek weer iets.

Re: Semi auto

Posted: Fri Nov 26, 2010 10:58 pm
by ablm468
Ek het ook al gehoor die beretta is 'n goeie geweer, het toegewyde status sowel as sportskut. Sal my oe oophou vir 'n winskoop. Dankie vir die advies.

Re: Semi auto

Posted: Sat Nov 27, 2010 8:57 am
by Francois Marais
ablm

Kan net bevesig wat Danie gese het, Beretta A300, hulle is ook nie duur nie, en jy sal hom ook nie klaar skiet nie. Het met die man gepraat wat jare lank vir CoVisCo springbokke uit die choppers geskiet het, hy het met 2 van hulle geskiet. Vertel my hy moes ophou want sy skouer was besig om te versplinter, maar die twee Berettas het nog niks makeer nie.

Mooi loop
Francois

Re: Semi auto

Posted: Wed Dec 01, 2010 1:34 am
by Monrique (SJ)
My Pa het ook n A300 , die roer het sowat 200 skote al geskiet in sy ongeveer 20jaar se bestaan. Kan hom dalk kry as ek mooi vra.

Groetnis
SJ

Re: Semi auto

Posted: Wed Dec 01, 2010 2:09 pm
by Mkonto
There are many different types of semi autos you need to ask yourself some of them would include:

What do I want to do with it ?
How many cartridges do I need to fit into the magazine ?
What barrel length do I want ?
Do I want a top rib on the barrel ?
What choke(s) do I need ?
What sort of mechanism do I want ? Gas or recoil spring ?
What sort of stock do I want ?
What is my budget ?