Page 1 of 1
Haelgeweer vir self verdedinging
Posted: Fri Sep 27, 2013 8:06 am
by Quinna
Hello manne. Ek wil by julle hoor van die van julle wat weet. Watse haelgeweer kan gebruik word vir SV en hoe moet jou lis lees om hom te kan gebruik. Is daar net sekere haelgewere wat gebruik mag word.
Ek hoor graag wat julle se
Re: Haelgeweer vir self verdedinging
Posted: Fri Sep 27, 2013 8:47 am
by G-force
Jy kan enige tipe wapen waarvoor jy n liksens het gebruik vir enige wettige doel.MAW jy kan met jou O/U waarmee jy duiwe skiet n ou skiet wat jou probeer vermoor.Enige goeie pompakise soos bv die Remington 870 of n goeie semi-auto soos Franchi,Beretta,Benelli ensv gaan die werk baie mooi kan doen.
Re: Haelgeweer vir self verdedinging
Posted: Fri Sep 27, 2013 9:08 am
by Danie Lombard .243
Interme van artikel 13 van wet 60 van 2000 wat handel oor selfverdeging mag 'n applikant nie 'n semi auto hael geweer lisensieer nie. Enige ander tiepe haelgeweer is toelaatbaar vir artikel 13 lisensie aansoeke. Daarmee saam ook enige tiepe handwapen wat dan wel semi auto mag wees.