Page 1 of 2
Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Fri Sep 27, 2013 8:47 am
by Evert
Letsibogo dam gelee in die ooste van Botswana naby Selebi Phikwe.
Die dam is omtrent so groot soos Renosterkop met baie bome en kopies vir struktuur.
Water is meestal van die tyd baie vuil maar met goeie resultate.
Afstand vanaf PTA: Via Groblersbrug 566km
Via Zanzibar 542km
Grens Tips: Grens koste beloop P140-R190 sonder n trailer en P170-R240 met n trailer.
Vat voertuig bewyse saam of n brief van die bank vir toesteming want hulle kyk daarna.
Geen munte op die grens vir betalling nie.
Ruil maar geld op die grens die rate is tans 1.17
Meeste van die pleke in Botswana aanvaar kaart betallings.
Akkomodasie: Ons het by Phokoje Bush Lodge (
http://www.phokojebushlodge.com) gekamp.
Baie lekker goeie ablusie blokke en lekker kuier area en baie veilig.
P100 per person per nag. Hulle doen ook die visvang lisensies.
Visvang: Ons het Phokeje Lodge se boot gebruik. Gemaklik vir 2 of 3 mense maar bietjie moeilik vir 4 persone. Die bote is toe gerus met n trolling motor teen P300 per person per dag, geen Outboards word toe gelaat op die dam nie. So vergeet maar om jou Bass boot te probeer deur sleep. Daar is geen gids op die boot nie en jy doen jou eie ding.
Ons was so 8:00 op die Boot en begin. Ek het eers begin met Zoom 7” Super Fluke in swart want die water was baie vuil. Met geen geluk die ander manne het spinner baits en Brush hogs. Ok met geen geluk. Verander na 7” senko in Watermelon Red en dadelik n mooi bass gevang van so 2.4kg. Ons het in totaal +- 30 bass gevang. Waarvan die grootste 4.2kg was en die kleinste 2kg.
Van die ander visermanne het vir die dag 80 bass gevang waarvan die grootste 5.5kg was so daar is groot vis
Lures wat gewerk het: Groot Senkos 7” in Swart, Watermelon Red, Watermelon Gold Junebug, watermelon seed.
Lang dead ringers: Junebug en Watermelon Red en Gold.
Wat gewoonlik werk by die dam is Spinner baits en Deep Diving Cranks.
Tip: Los die nette in die dam die locals het permitte om met hulle te vang en het stories gehoor dat die locals baie kwaad word en voertuie beskadig langs die kant
Hier is my eerste bass in Letsibogo, ek wag nog vir die ander fotos. Sodra ek dit kry post ek dit ook. Ek is klaar besig om n trip of 2 te reel in Oktober maand en November Maand. Inbox my as julle wil saam gaan of meer informasie soek
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass_zps9c87a29e.jpg
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Sat Sep 28, 2013 2:10 pm
by Frederik
Dankie vir al die info definitief iets om op my lys te gooi om te doen.
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Sat Sep 28, 2013 2:44 pm
by Stefan764
Lekker man! Dankie vir die deel! Ek sluk nou swaar aan die jaloesie...hehehe...
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Sat Sep 28, 2013 2:46 pm
by Jake1
Baie nice man! Waars die anner fotos.........?
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 02, 2013 8:43 am
by Evert
Nog so paar fotos
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass2_zpsbc32fb61.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass4_zpsd355559f.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass3_zps1aa2efec.jpg
Een van die groot manere wat die ouens gevang het laas jaar wat saam my op die boot was
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/394218_404879339565711_2045694529_n_zps8fa0f5d1.jpg
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 02, 2013 9:05 am
by Foxcreek
Jissie manne, daai visse is voorwaar wereldklas!
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Tue Oct 08, 2013 9:58 am
by Capt. Yoda
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/394218_404879339565711_2045694529_n_zps8fa0f5d1.jpg

Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:03 am
by Evert
Volgende naweek maak ons weer so die keer 3 dae op daai dam
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:05 am
by Katefbessie
E-Bird daar nie i moontlikheid vir Desember maand nie? Ek sal bitter graag wil gaan maar my Oktober en November is vol gebook. Indien nie kan ek jou kontak vir alle besonderhede ens.?
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:52 am
by Riaan Beeslaar
E-Bird wrote:Volgende naweek maak ons weer so die keer 3 dae op daai dam
Nou is ek darem erg jaloers
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Tue Oct 08, 2013 11:28 am
by Frikkiedbr
Riaan Beeslaar wrote:E-Bird wrote:Volgende naweek maak ons weer so die keer 3 dae op daai dam
Nou is ek darem erg jaloers
Ja nee dis sulke ware woorde die, mens is sommer baie
GROEN
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Mon Nov 25, 2013 8:59 am
by Evert
So ek het in die afgelope 2 maande weer 2 trips na Letsibogo gedoen in Botswana met uitsonderlike vangste.
Hier volg n paar fotos
Ons eerste trip 19-20 Oktober
18 Vis in totaal grootste 3.6kg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass8_zps7b0c68af.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass10_zpsd4776a7b.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass6_zps16be298b.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass11_zpsdc0083b3.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass5_zps01614aff.jpg
Ons was die afgelope naweek weer daar Vrydag en Saterdag
Vrydag was maar n overcast dag met baie wind. Laat die dam lyk soos die see
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass14_zpsedd81ca5.jpg
Later het die Bass begin byt en ons het 2 op Brushhoge gevang
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass15_zpsf7d052d2.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass16_zps9dbf1c68.jpg
Die midag het ons rapalas getroll en soos die luck dit wou he het ons 2 gevang so.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass17_zps12ef8058.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass18_zpsb4f1cd65.jpg
Saterdag oggend topwater probeer en dit het goed gewerk met enige iets wat n poper aksie het.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass19_zps023f0f6c.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass20_zpsb112bf20.jpg
Die midag het die bass weer flukes gevat enige kleure solank dit 7" was. Tusen die stompe en bydie koppies
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass21_zps6b0fd95d.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass22_zps00b7ccae.jpg
My beste vir die naweek 3.5kg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass23_zpsedfc24c3.jpg
My vriend se 4kg bass, sy vorige Persoonlike beste was 2.5kg in die naweek het hy 3 keer se Persoonlike Beste na 4 kg toe.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass24_zps03e499d9.jpg
Awesome trip gewees
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass25_zpseed1e689.jpg
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Mon Nov 25, 2013 9:18 am
by Stefan764
BL!KSEM!!!!!!!
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Mon Nov 25, 2013 11:34 am
by Katefbessie
jirdir nous ek jaloers!!!! Ebird wat van 'n trippie so tussen kersfees en nuwe jaar?
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Jun 18, 2014 10:22 am
by Evert
Het die naweek weer so los gelukkie gekry op Letsibogo
Het aan daai kant by vriende gekuier en somer besluit om vir die dag te gaan Fish
Met nie baie hoop nie, land ek toe my nuwe "PB" bass van 4.4kg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/44kgBass_zpsa3ac4b9a.jpg
Het in total net 2 gevang vir die dag, Augustus maand gaan hulle mooi loop.
Hy was gevang op n wit Chatterbait
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Jun 18, 2014 4:44 pm
by boogman
Geluk met PB.
Dink ek sal myself moet saamnooi as jy weer gaan :-)
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Jun 18, 2014 4:49 pm
by Frederik
Baie mooi lekker dik vis.
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Thu Jun 19, 2014 1:45 pm
by Katefbessie
Evert ek gan saam in Augustus.... Ons moet maar ons trippie wat nie uitgewerk het soontoe skuif! Daai wyfie lyk of sy al 'n paar eiers in het... wonner of middel Julie nie dalk beter tyd sal wees nie aangesien ek so skat aan die visse wat nou daar gevang word se kondisie... glo hul moet amper begin spawn vang... en 'n post spawn bass kan 'n moeilike wielie wapper wees jong!
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 8:54 am
by Evert
Ons het maar weer n tripie Botswana toe gemaak vir n paar groot bass.
Van die 24-28 September
Ek en n Vriend het Woensdag en Donderdag gevang met n paar goeie vis wat uit gekom het die grootste was n 2.9kg Bass.
Was baie warm 35'+ en die visvang was hard.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass28_zpsed294b22.jpg
Vrydag het Lourens (ook hier op die Forum) deur gekom na eers gesukel om die Propeller van die Trolling motor reg te kry het ons die water geslaan. Nie so great nie net 2 Vis gekry.
Saterdag was die wind doodstil en weer warmer as altyd. My Grootste vir die dag was 2.6kg. Die Saterdag het Lourens somer sy PB 3 keer verbeter. Eers na 2.5kg en toe 3.4kg en toe die grootste van die trip 4.1kg.
Wat n trip meeste van die vis is op Senkos gevang en Lourens se grootste was op n Crankbait gevang.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass27_zpse390c9e8.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/LetsibogoBass26_zps335ea4b2.jpg
Dit bly maar lekker om so groot bass te vang
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 9:08 am
by Geno
Lekker Lou!!!!
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 9:10 am
by Wattlegrove
Pragtig!!! Daai vise gaan vir die volgende week by my spook.
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 9:47 am
by Frederik
Netjies manne
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 11:30 am
by Evert
As daar enige manne wat November maand wil gaan laat weet my, is weer lus vir n trip
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 1:00 pm
by Boesman10
Dit is verskriklike groot Bass daardie. Word almal ge-release of hou jy darem vir eet ook?
Re: Letsibogo Bass Trip (Botswana)
Posted: Wed Oct 01, 2014 1:02 pm
by Evert
Boesman omtrent almal word ge-release as daar een is wat sleg gehoek is sal ons hom hou