Page 1 of 1

Springbok oes dag en nag.

Posted: Sun Sep 29, 2013 6:56 pm
by tau
Manne ek is geen proffesionele oes jagter nie, maar ek het al so drie aande gehelp in SWA op skoon ouers se plaas. Ek weet dit lyk baie makliker as wat dit is en dit raak harde werk as dit laat word.

So vra slagetr my vir 25 springbokke en ek bel so paar jagplekke en boere. Ek kry toe 'n pel wat springbokke wil uitskiet en veral ramme.

So gemaak so gereel. Ek reel toe ook dat die slagter die boer betaal so ons skiet net en verhandel geen geld nie. Ons plesier hulle besigheid.

Elkgeval gister oggend so 9 bokke geskiet totdat die mirage ons 11:30 begin pla het en die bokke geslag moes word. Alles kop en nek skote raak nogals moeilik. Iemand anders het in dieselfde kamp 78 bokke geskiet so maand terug so die bokke is maar skrikerig.

Ons het toe 21:00 uitgegaan en vinnig die ander 16 bokke geskiet. Ek sal nou nie myself uitgee om dit te doen teen betaling nie, maar met al diegonge skiet tussen 200-400m het my baie gehelp .

Ons het naaste so 150m geskiet en my verste skoot in die nag was ver anderkant die heilige lyn, maar my min nagoes ondervinding het my uitgevangso 3 keer. Gelukkig het my 7mm Rem Mag my agterent gered.

So paar kiekies wat nie te rof is nie.

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Sun Sep 29, 2013 7:19 pm
by PWV
Kom, Tau, die kiekies. Pel se jy het so 100 doppies teruggebring! ::)

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 8:13 am
by tau
Oom ek gaan deur die kiekies en die bloed is rof. ek sal die plaas wat beter is, maar die aand kiekies is maar alamal rof en ek wil nie dat dit die lig sien as jag kiekies nie en dan brand iemand my weer of iets nie. Ek sal die opsit wat minder bloed het, maar as van hulle rof is laat weet.

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 8:20 am
by Riaan Beeslaar
Kom Tau plaas nou daai fotos

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 10:23 am
by tau
Hierdie is oes bokke en nie jag nie.

Julle kan sien aan die bokke dit is net ramme wat vir bestuurs doeleeindes verwyder moet word. Ek het so 4 bokke vanaf die voet geskiet met die knaldemper wat my kans gee terwyl die manne bokke laai stap ek oor die volgende hoogte en dan skiet ek nog een.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/oes6_zpse7c1f241.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/oes5_zps68abd182.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/oes3_zps489787ee.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/oes4_zps78efbe59.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/oes2_zpsaeb3932e.jpg

Skreeu as hulle grof is asb.

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 10:26 am
by tau
Pieter Willem Vorster wrote:Kom, Tau, die kiekies. Pel se jy het so 100 doppies teruggebring! ::)
Hy lieg....................................................... 99 doppies Oom.

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 2:31 pm
by Riaan Beeslaar
tau wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Kom, Tau, die kiekies. Pel se jy het so 100 doppies teruggebring! ::)
Hy lieg....................................................... 99 doppies Oom.
++>: ++>:

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 2:51 pm
by tau
Riaan Beeslaar wrote:
tau wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Kom, Tau, die kiekies. Pel se jy het so 100 doppies teruggebring! ::)
Hy lieg....................................................... 99 doppies Oom.
++>: ++>:
Jy lag.

EK het by bok 5 gekom met een skoot kills en gemiddeld 200m. Seker nie so brilljant nie, maar Toe sien ek 'n bok wat krippel is. Toe ek nader kom sien ek sy been is gebreek en die been steek uit. So op 140m meter skiet ek toe mis, toe bek af en toe op seker 30 meter twee keer bo-oor en uiteindelik skoot 6dood skoot. Die beentjie is toe al droog en die eienaar verdink 'n draad besering.

Toe bring dit my weer aarde toe. Kyk manne wat elke aand so 50 + bokke net kop en nek skiet wil gedoen wees. Ek sal maar nog bietjie/baie oefen.

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Mon Sep 30, 2013 3:14 pm
by Riaan Beeslaar
Blikses

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Tue Oct 08, 2013 8:48 am
by Hannes stof trapper
Mooi Tau ek sien Coena was ook saam jou waneer was julle weg?

Re: Springbok oes dag en nag.

Posted: Tue Oct 08, 2013 8:53 am
by tau
Hannes stof trapper wrote:Mooi Tau ek sien Coena was ook saam jou waneer was julle weg?
Laas naweek ons moes vir Ludolf gaan bokke haal.

Jy wil mos loop trou en in diep Afrika bly anders kon jy saam gaan om al daai bokke te kwes met daai 30-06...... mis jou Varkie.

Volgende jaar beter jy beter reelings tref dat ons kan gaan jag broer. Of jy moet reel vir 'n Forest buffalo daar bo ++>: