Page 1 of 1

.243 Musgrave D98

Posted: Thu Oct 03, 2013 12:04 pm
by Barries99
Dagsê almal, ek het 'n vraag rondom my .243 Musgrave D98. As ek so lees is ek nou op die regte plek om vrae te vra. My geweer groepeer baie mooi vir die eerste 5 skote. My seun skiet saam, so nou bly dit nie by 5 skote nie. Na die 2 of 3 sarsies van 5 skote na mekaar begin die geweer bont skiet, (groepering van 30mm word sommer 150mm) as hy weer koud is, is die groepering weer reg. Waar begin ek fout soek?

Re: .243 Musgrave D98

Posted: Thu Oct 03, 2013 12:07 pm
by Eugene
Dit klink of jy 'n drukpunt erens op die kolf het, wat die loop begin druk as hy warm geskiet is. Waarom haal jy nie die kolf af en kyk of daar enige plekke is waar die loop teen die kolf druk nie? Maak ook maar seker dat jou aksie skroewe en mounting skroewe mooi vas is! Kom ons hoor ook wat sê die slim manne!

Re: .243 Musgrave D98

Posted: Thu Oct 03, 2013 12:23 pm
by Barries99
Baie dankie Eugene, ek sal kyk na die kolf. Ek het reeds die aksie en mount skroewe almal gekyk.

Re: .243 Musgrave D98

Posted: Thu Oct 03, 2013 12:24 pm
by Swede
Eugene het die spyker op die kop geslaan ;D