Page 1 of 1
PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 8:20 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
Ek en 'n maat van my het gister net buite Philledelphia hier in die Boland by 'n melkstal gaan duiwe klits. 46 duiwe in 50 minute.
Ek gebruik 'n CZ200 PCP en hy 'n Air Arms PCP.http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20131004_160319.jpg
Groete,
Gawie
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 4:22 pm
by PWV
Seker al die duiwe op 10 meter geskiet en dit by 'n kosplek en 'n waterbak. Wat word nou van "walk & stalk" en etiese jag? Dood eenvoudig moord met 'n lisensie.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 4:46 pm
by DWB
Oom Pieter, aangesien dit 'n melkstal was was dit seker van die speen af geskiet.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:15 pm
by G-force
Lekker Gawie.Ek skiet soms by n meul.Tussen 7 windbukse hetbons al 400 duiwe op n dag geskiet.Die goed is n plaag.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:21 pm
by Gawie(13mm)
Nee, my Oom.
20 tot 40m.
Ons het gebtuik gemaak van die duiwe se bronstigheid.
So maak mens: Jy skiet 'n "lokker" op 20 m. Net'n nekskoot is goed genoeg. As jy hom in die kop skiet vladder hy verskriklik en jaag sy maters weg. As jy hom net onder die kop skiet is dit 'n onmiddelike doodskoot. Nou wag jy net vir sy bronstige maats om hom te wil dek, dan lê hulle ook.
Eintlik is die Uncle net jaloers dat ek hom nie saam genooi het nie.

Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:39 pm
by Beretta
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:41 pm
by PWV
7mm wrote:Nee, my Oom.
20 tot 40m.
Ons het gebtuik gemaak van die duiwe se bronstigheid.
So maak mens: Jy skiet 'n "lokker" op 20 m. Net'n nekskoot is goed genoeg. As jy hom in die kop skiet vladder hy verskriklik en jaag sy maters weg. As jy hom net onder die kop skiet is dit 'n onmiddelike doodskoot. Nou wag jy net vir sy bronstige maats om hom te wil dek, dan lê hulle ook.
Eintlik is die Uncle net jaloers dat ek hom nie saam genooi het nie.

Sê mos julle hele operasie is oneties! Hoe kwesbaar is twee tydens die seksdaad? En julle buit dit uit!

Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:43 pm
by Gawie(13mm)
Die boer bestuur 'n melkplaas, nie 'n hoerhuis nie.

Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat Oct 05, 2013 6:47 pm
by Beretta
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:54 am
by Doppies
Op die forum leer jy nie net baie nie jy lag ook lekker, Ai lekker gelag nou 7mm
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sun Oct 06, 2013 10:03 am
by LongWolf
LMGA!!!!!!
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sun Oct 06, 2013 1:08 pm
by Spanner
Baie netjies Gawie, looi hulle. Wat het julle met die duiwe gemaak ?
Ek maak elke jaar paté van die borsies, dis vreeslik lekker. Dis wel moeite om 40 duiwe se borsies uit te sny, maar die resultaat is die moeitte werd, absoluut ! Selfs bunny-hugger dames by die werk eet die paté dat die spoeg spat - dink dis gekoopte goed !
Kransduiwe is 'n pes, skiet hulle voor die voet, en skiet BAIE !
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sun Oct 06, 2013 7:10 pm
by Spanner
Hier is die resep wat ek gebruik. Ek pas dit ook maar aan na gelang van wat ek beskikbaar het, maar dis altyd heerlik. Vars potbrood, of bierbroodjie bring die ding tot sy reg ! Ek het die resep op SA Wingshooters se website gekry.
As ons vriende kry haal ons sommer so bakkie uit en sit dit voor vir die dames en kiddies om aan te peusel, dit laat ons manne meer tyd toe om na die vuur om te sien ...
GAMEBIRD RECIPES
BY DAGMAR VAN DER WESTHUIZEN
I only work with cleaned pigeon
breasts, rinsed in salt water. First
cook the bird breasts (still on the
bone) with lots of mixed herbs, chopped
onions, garlic, cloves, juniper berries (optional),
salt and freshly ground black pepper, till
tender. Sorry, I can’t give you exact
measurements like ml and teaspoons
because I cook by tasting all the time
and adjusting my spices accordingly.
When the breasts are done, remove
them and boil the stock for another 30
minutes to get a stronger taste, then
strain the stock through a fine mesh
sieve for later use. You can also add one
chicken stock cube. Meanwhile, you cut
the breasts into very thin slices... and I
mean thin so that you can recover any
shot pellets before your guests bite on
them. About 13 to 15 deboned breasts
will give you 500g meat and now you
need 250g butter (moenie skrik nie, dit
is lekker!).
Chop a big onion very finely and fry
it gently in lots of butter (125g) until it is
soft but not brown. Add the finely cut
pigeon breast meat. Add about half-acup
of the spicy stock, stir and heat
through. Taste, maybe add some more
ground black pepper, garlic, salt. Pour
everything into your MagiMix or
liquidiser, turn on the speed and you will
now see that you need more of the butter
and maybe even more stock until the
mixture is nice and smooth. Taste again
and adjust to your liking.
Now it is time to add the nice stuff:
I made four different batches, because I
had lots of breasts from the Parys shoot.
To the above basic recipe I added 2
tablespoons of brandy. Tastes differ, so
to the next lot I added Port wine. To
another lot I added some tarragon and
muscadel (sweet fruity fortified wine
from the Cape). My husband’s favourite
is the one where I added a heaped
tablespoon of homemade apricot jam.
Experiment and find your own
favourite. The paté freezes very well and
is a good standby when visitors arrive at
odd hours. When serving, quickly
decorate with some little tomatoes,
gherkins or chives to give it a bit of
colour.
Serve with Provita, fresh pot brood or whatever
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sun Oct 06, 2013 8:39 pm
by Gawie(13mm)
Dankie Spanner, vir die resep. Ek gaan dit probeer en sal terugvoer gee.
My vrou verjaar een van die dae en ek dink ek sal haar verras met die reseppie van jou. Ek sal vir haar 'n skerp mes saam koop vir die bewerking van die borsies.
Die werkers in die melkstalle baklei omtrent vir die voëls.
Die Uncle moet nie bekommerd wees nie. Ons is dalk oneties, maar sorg darem vir ons medemens.
Berreta, my pa het altyd gesê dat jy jou ding uit gate en jou gat uit dinge moet hou
Nag ou grote.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Mon Oct 07, 2013 7:28 am
by Beretta
Nes jy daar se jou pa het jou mooi geleer dit is hoekom jy so baie duiwe geskiet het. Ek het al gehoor dat die Grieke le die borsies in in olyf olie of dit waar is weet ek nie. Maak nie saak nie om hulle te skiet bly nog steeds lekker hulle is groot peste.
Beretta
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Mon Oct 07, 2013 11:04 am
by Capt. Yoda
7mm wrote:Die boer bestuur 'n melkplaas, nie 'n hoerhuis nie.

lmga
Mooi geskiet 7mm
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Mon Oct 07, 2013 1:08 pm
by Marc
Lekker lag ek nou weer vir julle lot
Julle vat my nou lekker terug na my jonger dae, ons het gereeld so 20 geklits en n eerste klas potjie gemaak met die borsies....dis vrek lekker
Mooi gegooi manne, voer bakke...suipings...en spene in gesluit

Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat May 24, 2014 7:08 pm
by AAS510
Hallo Gawie,
Ek moes onlangs verhuis van Tanzania en woon tans naby Belville. Ek het besluit om vir my n Air Arms PCP aan te skaf en teiken skiet en biejie voels te skiet en kyk of ek nie ook by pesbeheer betrokke kan raak nie. Dit gaan maar stadig met die komtak opbou. Is dit moontlik dat jy my kan kontak en n bietjie touwys kan maak.
Groete
AA
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat May 24, 2014 7:37 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Welkom hier op Jaracal. Ek glo jy gaan dit geniet hier tussen die loodgooiers.
Ek is besig om die Stormers se oorwining te vier, dus sal ek eers Maandag helder genoeg kan dink om sinvol te komunikeer.
Ek sal jou 'n PM stuur.
Groetnis.
Ns: Loer by die "Nuwe lede draad" en stel jou self daar voor. Ek is seker daar sal nog manne wees wat jou in die regte rigting kan stuur.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Sat May 24, 2014 8:04 pm
by Beretta
Welkom tjomma ek hoop jy gaan die forum geniet hier sal jy baie info kry. AA, Gawie is ongelukig n Stormer

maar hy kan skiet.
Beretta
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Thu Dec 25, 2014 9:55 pm
by TFD
Hallo Gawie
Ek het n cz s200 en ek is baie lief om duiwe te skiet maar ek
ek wil net weet waar is beste plek om te mik
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Thu Dec 25, 2014 11:07 pm
by Hein M.
TFD wrote:Hallo Gawie
Ek het n cz s200 en ek is baie lief om duiwe te skiet maar ek
ek wil net weet waar is beste plek om te mik
Die koppie natuurlik

Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Fri Dec 26, 2014 7:58 am
by TFD
Hein M. wrote:TFD wrote:Hallo Gawie
Ek het n cz s200 en ek is baie lief om duiwe te skiet maar ek
ek wil net weet waar is beste plek om te mik
Die koppie natuurlik

Maar jy kan nie altyd vir die kop mik nie
wat gebeer as die duiwe op 50 meter is
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Fri Dec 26, 2014 10:24 am
by Gawie(13mm)
TFD wrote:Hallo Gawie
Ek het n cz s200 en ek is baie lief om duiwe te skiet maar ek
ek wil net weet waar is beste plek om te mik
Dagsê maat en welkom hier .
Ek skiet net kransduiwe hier by ons in die Boland omrede hul 'n pes is. Ek probeer maar altyd vir die kop of nek skiet aangesien die duiwe meestal hoër as ek is, as daar geskiet word. 'n 8 grein koeëltjie @ 850 voet per sekonde hier naby die kus het nie die nodige slaankrag of penetrasie vermoë om deur die dik opgevoude vliegvlerke te dring en die "vitals" te penetreer nie. 'n Skoot van onder in 'n vol krop is ook 50/50 om dieselfde redes.
'n Skoot van agter op die rug breek gewoonlik die rug en is nie 'n slegte opsie indien die duiwe verder sit nie.
Naby skote is gewoonlik op 10 tot 20 m uit die vuis, maar vir verder skote maak ek gebruik van "n dooie rus. Ek oefen gereeld op 'n kolteiken van 25mm in deursnee op verskillende afstande om my oog in te hou.
Hoop dit help.
Groetnis,
Gawie.
Re: PCP vs. Krans duiwe
Posted: Fri Dec 26, 2014 2:23 pm
by TFD
Baie dankie Gawie