Page 1 of 1
Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 1:24 am
by dilbert
Goeiedag almal
Ek is op soek na inligting oor 'n .308 Musgrave wat ek by my pa geërf het. Hy het die geweer nuut in 1979 by die Kruitvat in Verwoerdburg vir R436 gekoop. Op die faktuur staan daar 'LP1002'. Die brosjure wat saam met die geweer gekom het, wys die Vrystaan model III (lyk soos my wapen) en model IV. Ek heg 'n paar fotos aan.
Ons is in Australië, so toe ek die sneller wou vervang het ek 'n Davies sneller gekies. Soos vroeër in ander besprekings genoem is, is die snellerskoen baie breed. Ek het Adam Davies gekontak en hy het die sneller vervang (sonder enige kostes) met een van die regte breedte.
Die aksie is ook gepak, maar dis die enigste veranderinge (behalwe vir die teleskoop en die geweerband). Geweer is baie akkuraat, soos verwag. Hy het 'n redelike rustige tyd gehad, so min skote geskiet (in die tyd voor ek hom oorgevat het...)
Ek sal dit waardeer as julle kan bevestig:
- Model (Vrystaat vs LP1002)
- Is LP1002 'n aparte model of 'n sub-model van die Vrystaat?
- Aksie (Lyttelton?)
Groete
Tobie
Musgrave.jpg
Musgrave aksie.jpg
Musgrave aksie Lyttleton.jpg
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 2:32 am
by dilbert
En hier is die brosjure
Tobie
Musgrave.pdf
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 3:04 am
by Sako75
Dilbert,
Ek is glad nie 'n kenner nie maar ek wonder of die LP1002 nommer dalk nie net die faktuur nommer is nie van die Kruitvat nie? Daai tyd was dit mos oom Lukas Potgieter se winkel (LP)?
Die ander manne is ek seker sal jou met baie meer van jou vrae kan help.
Groete!
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 5:19 am
by Chrisjan
Shoe maar hy is mooi op gepas. Baie mooi geweer.
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 6:22 am
by Armand Steenkamp
Dit si maar n Vrystaat. Hulle almal (Vrystaat,Presedent,Mod 2000, LP1002) het die selde aksies gehaad. Is maar die selle geweer.
Ek soek nog hard na so n roer! Is baie erg oor my RSAs
Groetnis
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 2:36 pm
by Arno C
Ek is nie n kenner nie maar beslis die rsa aksie in die vrystaat model. Soos ek dit verstaan is die vrystaat die model tussen die veld model(basis model) en die presidents model(de lux ) weergawe. Almal gekry in die rsa aksie in verskillende kalibers. Gaan deur posts van Daan. hy beskryf die verskillende modelle mooi iewers.
Ek het dieselfde geweer.
Groete
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 4:27 pm
by Armand Steenkamp
Wat almal eintlik probeer se is jy het een van die beste geweere wat daar is!
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Thu Oct 10, 2013 8:47 pm
by Arno C
Die geweer op die brosjure lyk na n mauser k98 aksie. Jy het aksie wat jy het is die meer gesogte rsa aksie. Interesant om te sien dat die musgrave kenteken wat daardie jare presies dieselfde lyk as die nuwe musgrave logo.
Baie mooi geweer. Regte africana soos Daan altyd opmerk.
Groete
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Fri Oct 11, 2013 6:49 am
by mariusr
Hi Tobie bly julle permanent in Aussie land ? En hoe vind jy dit daar!?
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Sat Oct 12, 2013 2:05 am
by dilbert
Hi Marius
Ja, ons is al meer as 8 jaar hier. Soos enige plek, is daar dinge wat lekkerder is en dinge wat nie so lekker sit nie. Enige plek is maar wat jy van hom maak.
Tobie
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Sat Oct 12, 2013 7:28 am
by mariusr
Vertel meer vir ons van jag daar by julle hoe dit werk? Blykbaar kan julle die wilde varke ens. Jag verniet?! Stuur asb bietjie foto's van die cockatoo's wat so rond vlieg by julle!! Wat ons hier duisende rande moet betaal !
Groete van SA! Kom kuier julle soms?
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Sun Oct 13, 2013 12:17 pm
by Stefan764
Mooi roer. Se sommer so lekker! VRYSTAAT model! haha! Geniet hom mater, niks soos n hartgeweer nie en daai een gaan dit baie vining word...
dilbert wrote:
Enige plek is maar wat jy van hom maak.
Dis baie waar...
RSA groete, Stef
Re: Inligting oor Vrystaat model
Posted: Tue Oct 15, 2013 4:07 pm
by dilbert
Jag is meestal beperk tot 'feral' diere, maw diere wat nie natuurlik hier voorkom nie en nou wild is. Wissel van hase, jakkalse (eintlik 'foxes') en takbokke wat die Ingelse aanvanklik oorgebring het vir sport tot waterbuffels, varke, donkies, perde, kamele, katte en honde wat wild geword het. Jaggeleenthede wissel van staat tot staat - in party plekke kan mens in nasionale parke jag vir 'ferals', andersins is dit net op privaat grond, uiteraard met die toestemming van die eienaar.
Vuurwapens is baie gereguleerd en dit is definitief nie deel van die deursnit Aussie se agtergrond nie.
Tobie