Page 1 of 1
Mus 243
Posted: Sun Oct 13, 2013 6:11 pm
by vlakvarkbeer
Naand almal n friend van my het n 243 mus en het n probleem as hy kan nie meer fabrieks amo skiet nie en het nou begin helaai die doppe het nou ewe skielik te lank geword hoe kan dit gebeur , die dop se nek as hy laai dan maak die slot nie toe nie.
Dankie
Re: Mus 243
Posted: Sun Oct 13, 2013 6:40 pm
by Armand Steenkamp
Ek verstaan nie lekker jou skrywe nie. Doppe rek soos hy hulle herlaai en moet getrim word. Hoefeel keer is die doppe al geskiet? Doen hy net neck sizing of of full size hy ook?
Groetnis
Re: Mus 243
Posted: Sun Oct 13, 2013 7:04 pm
by tripodmvr
Klink vir my asof daar iets in die kamer is wat nou 'n obstruksie is
Re: Mus 243
Posted: Sun Oct 13, 2013 10:01 pm
by mariusr
Dit klink vir my of hy nie sy die reg op gestel het nie!? Dit gebeur as jy vol resize doen en jou die is te hoog!? Sy doppe sal ook rek en hy moet die lengtes meet en sodoende in spec. bly! Die ander wat dit ook kan wees is dat sy punte te ver uit steek en teen die lande druk!?
Re: Mus 243
Posted: Sun Oct 13, 2013 10:11 pm
by Jake1
Ek dink ook eerder is sy tpl nie reg nie en die punte druk teen die lande vas. Het dit al self gesien met my swaertjie se 243.
J1
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 12:10 pm
by vlakvarkbeer
Kom ons probeer weer met nuwe pmp ammo gebeur dit dat die slot nie toe maak nie en as jy hom toe kry is daar druk probleme slot maak moeilik oop , nou het hy begin herlaai so hy het agter gekom dat die dop moet hy korter sny as die min wat aanbeveel is dan werk die dop in sy kamer en maak lekker toe .ek verstaan ook nie so lekker nie maar hy het my gewys wat die probleem is. hoop die onduidelikheid is herstel.
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 12:23 pm
by Armand Steenkamp
Klink of daar dalk iets in die kamer kan wees...
Groetnis
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 1:12 pm
by mariusr
Ja miskien moet vlakvarkbeer weer van vooraf begin! Nog nooit gehoor van fabrieks ammo wat nie pas in kamer nie!? Is dit ooit 243 en nie miskien 6mm musgrave nie!?
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 1:21 pm
by tripodmvr
Sien dis nie net ek wat te vinnig lees nie. Ek het die nuwe ammo gevang en daarom die raad om die kamer te bekyk. Roes of dryfmideel in die nek voor kan die kamer verkort en dit veroorsaak.
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 1:54 pm
by Jake1
Hoe stel julle voor maak hy dan die kamer skoon, ek sukkel self om kamer skoon te maak, hoe doen julle dit?
J1
Re: Mus 243
Posted: Mon Oct 14, 2013 1:58 pm
by tripodmvr
Maak skoon met droƫ mop en probeer dan met 'n "bore scope" kyk of daar enige probleme is. Jy sal moontlik by 'n geweersmid 'n draai moet maak.
Re: Mus 243
Posted: Fri Oct 25, 2013 10:05 am
by vlakvarkbeer
Dit klink nou beter ek weet nie of die pel sover gegaan het om the sien of daar iets in sy kamer of nek gedeelte vas sit nie ek sal die bootskap so oor dra en terug kom na julle . Dankie