Page 1 of 1

Spreeus

Posted: Sun Oct 13, 2013 9:52 pm
by Skiet
Hier in die Kaap is ons nie so bevoorreg soos die manne in Jhb om Indian Mynas te he nie, maar ons het darem spreeus in oorvloed. My gunstelling skiet aktiewiteit is spreeus en kraaie.
Die plase waar ek skiet is uitvoer druiwe plase en die spreeus raak n probleem. Duisende rande se druiwe word vernietig as n swerm spreeus hulle intrek maak. Ongelukkig is hulle net in die winter op die plase, vir een of ander rede trek hulle terug dorp toe sodra hulle klaar is met hulle broei seisoen.

Kraaie is n ander probleem omdat hulle die tarrentaal en ander nuttige voels se eiers en kleintjies vreet wat help om die wingerde skoon te hou van vernietigende goggas. Bosduiwe is daar ook maar hulle is nie n probleem by ons nie so ek los hulle.

As iemand belangstel omte kom help oor naweke, stuur vir my n pm. Ons skiet net met 'pelletguns' maar ek sal reel vir toestemming vir haelgewere indien iemand wil help met kraaie.

Groete Nick

Net so n paar lus makers.
http://m.youtube.com/watch?feature=c4-f ... izelB0onxs#

http://m.youtube.com/watch?feature=c4-f ... nZkkrOnDYs#

Re: Spreeus

Posted: Mon Oct 14, 2013 6:42 am
by Pappabeer
Van my eerste goed wat ek gejag het was spreeus in en om Stellenbosch. Vet pret. Ek is in November in die kaap vir n tyd. Sal jou n PM stuur as julle daai tyd nog skiet.

Re: Spreeus

Posted: Mon Oct 14, 2013 12:22 pm
by Skiet
Pappabeer wrote:Van my eerste goed wat ek gejag het was spreeus in en om Stellenbosch. Vet pret. Ek is in November in die kaap vir n tyd. Sal jou n PM stuur as julle daai tyd nog skiet.
Enige tyd, laat weet dan maak ons n plan. Ek skiet deur die jaar so November sal reg wees.

Re: Spreeus

Posted: Mon Oct 14, 2013 12:34 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Nick.
PM gestuur. Ek soek altyd nog plek om die CZ te laat fluister. ;D

Groete,
Gawie.

Re: Spreeus

Posted: Mon Oct 14, 2013 3:07 pm
by Skiet
7mm wrote:Dagsê Nick.
PM gestuur. Ek soek altyd nog plek om die CZ te laat fluister. ;D

Groete,
Gawie.
Hallo Gawie,

Ek sal vanaand by die pm uitkom dan laat weet ek jou.

Groete Nick