Page 1 of 1
375 Ruger herlaai data
Posted: Tue Nov 30, 2010 5:56 pm
by dirty harry
Middag Manne
Is hier dalk iemand wat kan help met herlaai data vir my .375 Ruger? Ek wil 270g en 300g punte gebruik.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Wed Dec 01, 2010 9:25 am
by Taylor
Dirty Harry
Nou het jy vir jou n ORDENTELIKE geweer gekry, sorry ek het nie ladings om vir jou te gee nie, maar skakel met Hendrik van Rensburg by Safarie en Outdoor, hulle sal jou kan help met ladings, en alle herlaai komponente vir jou roer.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Wed Dec 01, 2010 12:19 pm
by Wouter Roets
Vuil Hendrik
Goeie keuse daar!
Gee so bietjie meer inligting soos maak van geweer, dopmaak, dopkapasiteit, koeelkeuses, Tpl na jou groewe en magesynkaslengte dan sal ek vir jou kan help met n paar ladings.
Groete
Wouter
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Thu Dec 02, 2010 7:58 am
by dirty harry
More
Dankie vir die inligting. Ek het n M77 African Hawkey, 23 duim loop. Dopkapasieteit is 6% meer as die 375H&H. Het nog nie TPL gemeet nie maar die C.O.A.L wat hulle in barnes aangee is 3.300" Ek wil 300g en 270g punte gebruik maar kan nie besluit watter nie. Barnes klink goed, Woodleigh, of dalk A Frames. Ek het probleme gehad met Hornady 174g ronde punte hierdie jaar in my 303. Vleis skade was baie. Dit lyk asof die punt heeltemal opbreek. Het net die jacket herwin uit my koedoe bul. Hulle trek gemiddeld 2400fps wat volgens my doodreg is vir die 303.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Thu Dec 02, 2010 8:02 am
by dirty harry
O ja ek gebruik Hornady doppe. Dit is al wat beskikbaar is.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Thu Dec 02, 2010 9:28 am
by jmb
DH ek gebruik 270 Barnes in my 375H&H en is bitter tevrede. Volgens alles wat ek gelees het gee die 270 Barnes dieselfde effek as die 300gr konvensioneel.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Thu Dec 02, 2010 10:00 am
by 375Ruger
Dirty Harry,
Ek laai my .375 Ruger nou al vir n jaar en het n paar ladings wat ek met jou sal deel. Inligting is by die huis en sal dit vanaand opsit. Het ladings vir 270 gr en 265 GS Customs en is besig met 300 gr lading ontwikkeling. Het in September n mooi koedoe met hom geklop, 265 gr GS Custom teen 2680 ft/s. Bietjie vleis skade maar baie akkuraat.
Groete
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 8:58 am
by dirty harry
JMB
Die pryse wat ek op die Barnes gekry het is so R40 per punt. Bietjie rof maar jy kan dit nie vergelyk as jy R3000 - R5000 vir die bok betaal nie. Inelkgeval skiet ons manne mos net 1 skkot per bok

Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 9:04 am
by jmb
DH daar slaan jy die spyker op die kop. Vanjaar gaan jag by Middelburg Kaap. Als stapjag. 6 skote met die 375. Een skoot om seker te maak die geweer is in. Vyf bokke en jy tel hul op waar jy hul geskiet het. Skote tussen 50m en 150m. Vleisskade baie min. Ek dink dis die geld werd of hoe.

Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 10:25 am
by Wouter Roets
Hallo DH
Kan jy vir my jou spesefieke doppe se kapasiteit gee, hulle wissel maar redelik. Onthou dit is n gefireformde dop. Twee goeie alternatiewe koeels is Frontier en Rhino. Woodleigh kan n bietjie baie vleisskade gee agv die hoer snelhede so ek sal eerder nie na hulle kyk nie. Ek het self geen ondervinding met GS punte nie, maar die terugvoer is baie goed met hulle. Die model geweer wat jy het is maar lekker lig vir die 375 Ruger en my aanbeveling is om n kwikstaaf en Pachmayer Decelerator op te sit, dit maak n baie groot verskil op die roer. Wanneer jy besluit het op n koeel dan sal ek gou vir jou n lading uitwerk.
Groete
Wouter
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 10:39 am
by dirty harry
Hallo Woutie
Ek het klaar Barnes punte gekry. Ek klink nou dom, maar hoe meet ek die dop kapasieteit?

Sal jy so gaaf wees om my te se watse primers ek moet kry?
TX
DH
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 10:48 am
by Arnold
Kyk bietjie hier hoe om dop kapasiteit te meet ...
http://www.gsgroup.co.za/faqcasecap1.html
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 11:09 am
by Wouter Roets
Oom Harry
Wat se Barnes punte?
Woutie
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 1:41 pm
by 375Ruger
Hi DH,
Dankie vir die PM. Ek geniet die wapen ook, dis my eerste "groot" kaliber.
Die ladings en punte wat ek tot dusver getoets het:
S365:
270 gr Hornady Spire point: 76,5 gr kruit - Spoed: 2514 - 2517 ft/s - NUWE Doppe
270 gr Hornady Spire point: 76,5 gr kruit - Spoed: 2481 - 2514 ft/s - 1 x gevuurde doppe, Neck sized
Ek het bietjie rondgevra en toe besluit om oor te skakel na S355 om te kyk of ek naby gepubliseerde spoed kon kom:
S355:
270 gr Hornady SP:
72 gr kruit - 2567 ft/s
72,5 gr kruit - 2572 ft/s
73 gr kruit - 2622 ft/s
74 gr kruit - 2640 ft/s
74,5 gr kruit- 2643 ft/s
Ek goeie akkuraatheid gekry met al die ladings - 1.5 duim op 100m. Ek is seker dat die groeperings kan verbeter aangesien die geweer bietjie intimiderend van die bank af is.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 1:54 pm
by 375Ruger
DH,
Met die GS Customs het ek die volgende resultate gekry:
S355:
GS Custom HV 265 gr:
72 gr - 2621 ft/s
72,5 gr - 2686 ft/s
73 gr -2680 - 2940 ft/s
GS Custom FN 270 gr:(Solid)
72 gr - 2540 - 2558 ft/s --- Net vir interessantheid getoets
Ek gebruik CCI 250 primers vir alle ladings. Kontak vir Kobus by Impala Bullets vir herlaai data op sy punte (200 gr) vir die 375 Ruger. Het dit nog nie probeer nie maar sal graag wil sien hoe hanteer hulle langer afstande op Springbok ens.
Hou ons op hoogte van jou lading ontwikkeling. Ek het n paar 300gr wat ek eers daags sal laai en die resultate deurgee.
Groete
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 6:31 pm
by dirty harry
Ruger
Baie dankie vir die info. Ek gaan more so paar laai en jou laat weet wat die resultate is.
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Fri Dec 03, 2010 6:39 pm
by dirty harry
Woutie
270g en 300g TSX punte
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:59 pm
by Wouter Roets
Oom Harry
Probeer die volgende ladings.
Barnes TSX 270gr
S365
78.4gr
TPL 84.5mm (Dit is belangrik dat jy presies op hierdie TPL bly!)
Druk 56971psi
Spoed 2688ft/sek (NB! Dit is spesifiek hierdie spoed waarvoor jy moet streef!)
Dopfulling 104.5%
Primer CCI250
Barnes TSX 300gr
S 365
73.4gr
Tpl 84.5 (Weereens bly op hierdie TPL)
Spoed 2517ft?sek (Netso strewe weereens vir hierdie spoed)
Dopfulling 102.1%
Primer CCI250
As jy jou Tpl wil verander laat weet my dan werk ons n nuwe lading uit. Speel met die kruitmassa todat jy by daai spoed uitkom en jy behoort gelukkig te wees. gebruik CCI250 of iets soortgelyks vir oor 70gr kryt vir beste ontbranding. Voor jy skietbaan toe gaan maak seker al jou skroewe is so vas as wat jy dit kan kry, dit sluit jou mounts ook in. Ek het op n dopkapasiteit van 99gr gewerk, so as joune meer is gaan jy n bietjie meer kryt moet gebruik en die teendeel as hy minder is.
Laat weet my met jou resultate
Groetnis
Woutie
Re: 375 Ruger herlaai data
Posted: Tue Dec 07, 2010 7:39 am
by dirty harry
Woutie
Baie dankie. Ek het laasnag begin laai. Het ook van Ruger se ladings gebruik. Sal hul Saterdag baan toe vat as die weer my toelaat. Julle manne maak die lewe soveel makliker en goedkoper. Sal julle terugvoer gee.
TX
DH