Page 1 of 1
Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:15 am
by mariusr
Mense hier is nou iets wat my nou al lank pla!!Hoekom is die braai wors in die kettingwinkels nooit lekker nie en ook in baie slaghuise? Dan is dit nogal nr 1 boerewors wat eerste gekom het dan proe die soos kaartbord of hond se gat!? Het die mense hulle smaakkliere begin verloor of weet hulle net nie om boerewors te maak nie!?Ons is tog boerewors nasie en moet tog weet hoe!? Mens wil ook nie altyd jou eie wors eet nie en soek darem bietjie iets anders!?Maar ek word nog elke keer ontnugter!!Is die speserye of die vleis verkeerd wat die mense gebruik of wat of word daar goed in gegooi wat ons nie weet nie!?Robbie weet jou wors is lekker gee tog net asb! die geheim dat almal dit weet!!!
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:17 am
by Frikkiedbr
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:36 am
by ROBBIE1
Marius ons het al elders hier daaroor gepraat. Die groot ding kom by die strond wat wettig daarin gegooi mag word. As jy op enige plek wors of nince vir goedkoper as R50.00/kg kry, kan jy weet daar fout. Enige wors met n naam, kameelhout, rooiberg, bosveld, egte plaaswors ens ens ens, mag ek as slagter soja, ekstra vet en water byvoeg. Dit is slegs "Boerewors", wat geen naam het nie, maar slegs as boerewors bemark word, wat suiwer MOET wees.
Pasop vir "braaiwors"!!! Dis die grootste gemors onder die son! Ek maak net een wors, en dis nie Robbie se boerewors

nie, dis net Boerewors, jy betaal my prys, en jy kry kwaliteit, dis maar dit. Ek hou nie ekono wors en mince aan nie, jammer, gaan koop dit maar by n ander plek as jy dit soek, maar soos ek se, kwaliteit het n prys.
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:38 am
by Frikkiedbr
Stem saam oor die kwaliteit wors, betaal liewers bietjie ekstra

Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:43 am
by Louis Kriel
Ja nee daai Championship boerewors proe soos die hond se G*t! Kon nog nooi glo dat dit elke jaar se wenner is nie. Dit lyk my hulle maak hom net vir so 2 weke nadat hy die prys gekry het, dan is dit maar weer terug na wat ever die inhouse slaghuis besluit om in te sit. Solank die label net se dis "championship" wors. Van die lekkerste boerewors wat ek nog ooit geproe het, is Douvoordag Slaghuis in Merweville se boerewors. Hulle lewer in die kaap af elke week.
http://www.douvoordag.co.za/
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:46 am
by mariusr
Stem saam oor die "braai wors" my honde wil die nie eers eet nie! Bedoel nou eintlik boerewors braaiwors in die kettingwinkels! Maar dankie Robbie jy het my klaar iets geleer oor die kalmeerdoring ens wors!
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:50 am
by WILLEBEES
More manne
Laat ek ook maar my stuiwer in die armbeurs gooi.....
Het baie lanklaas boerewors gekoop, maar die smaaklikste gekooptes onthou ek soos gister.
Dedekind slaghuis in Newcastle
Groenkloof slaghuis Pretoria
Bynes slagtery naby Harties
Re: Braai wors!
Posted: Tue Oct 22, 2013 12:09 pm
by sako 30-06
mariusr wrote:Mense hier is nou iets wat my nou al lank pla!!Hoekom is die braai wors in die kettingwinkels nooit lekker nie en ook in baie slaghuise? Dan is dit nogal nr 1 boerewors wat eerste gekom het dan proe die soos kaartbord of hond se gat!? Het die mense hulle smaakkliere begin verloor of weet hulle net nie om boerewors te maak nie!?Ons is tog boerewors nasie en moet tog weet hoe!? Mens wil ook nie altyd jou eie wors eet nie en soek darem bietjie iets anders!?Maar ek word nog elke keer ontnugter!!Is die speserye of die vleis verkeerd wat die mense gebruik of wat of word daar goed in gegooi wat ons nie weet nie!?Robbie weet jou wors is lekker gee tog net asb! die geheim dat almal dit weet!!!
Marius ek maak elke keer 3 soorte wors as ek gaan jag het,sodoende raak ek nie moeg vir dit omdat alles dieselfde is nie.
Chiliwors,kaasspekwors en boerewors.
het seker 2 jaar laas wors gekoop.