Page 1 of 1

Jag plek gesoek?

Posted: Wed Oct 23, 2013 12:08 pm
by Reinier
Middag manne,

Kan iemand my dalk help?

Eks opsoek na n plek rondom Potch omgewing om te jag die naweek van die 30ste November?

Verkieslik waar mens kan skiet van n bakkie af omdat die tyd maar beperk is.

Sal dit waardeer as julle my kan laat weet ?

Dankie

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Wed Oct 23, 2013 9:16 pm
by stan man
naand reinier.
hierdie tyd van die jaar gaan jy maar sukkel om jagplek te kry. al die vroulike diere is dragtig of het onlangs kleintjies gehad. ek het hierdie week vir n maat op die forum ook n jagplek probeer bespreek ,om swb"e te skiet maar al die plase wat ek gewoonlik gebruik is dit eens, dat hulle nie die jong diere en ook die dragtige diere wil opstres met n geskiet nie.
ek hoop jy is gelukkig en kry n jagplek.

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Wed Oct 23, 2013 10:50 pm
by Charles.308
Hi Renier
As jy plek kry wil ek saam gaan jag asseblief ek soek ook plek .
Dankie
Charles

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Thu Oct 24, 2013 9:30 am
by ROBBIE1
Hi Renier. Bel vir Hein Stander, ons gaan die 15 de Nov bietjie uit soontoe. so gesins naweek met n klomp pelle, maar net manlike diere word nou geskiet. Sy no is 0832784213.

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Thu Oct 24, 2013 9:55 am
by Reinier
Dankie Robbie, sal hom bietjie bel en hoor!

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Thu Oct 24, 2013 3:05 pm
by hieha
Skakel Deon Swart 083 252 0264 Rustenburg omgewing

Re: Jag plek gesoek?

Posted: Mon Oct 28, 2013 9:39 pm
by Charles.308
Renier het jy reg gekom met jag?