Page 1 of 1
Skiet Naweek
Posted: Sun Oct 27, 2013 9:58 pm
by Skiet
Naand se manne,
Die gedeelte van die forum is al lank stil, ek het gedink om julle te vertel van ons naweek. n Klomp van ons is Rawsonville toe vir n weg breek kans. Dis gereel deur Elcaprisco Airrifle Club en mens ons het n aangename tyd gehad.
Aangesien dit n skiet kamp was het ons mos geskiet-ons het baie skiet.
Nadat ek my tent opgeslaan het, het ek om die dam gery en vir ons gong teikens gaan opsit. Die afstand was 110m. Ek skat tussen so 15-20 van ons het ons so 3000-4000 skote op daai gongs geskiet.
Die naweek het ons oorheersend lang afstand geskiet. Dis altyd n aandag trekker waar skuts wat dit nie ken nie, hul vernuf toets. Daar is met enig iets geskiet van Hw50's tot hoe krag pcps. Hiers n kort video van die gong skiet.
http://m.youtube.com/watch?v=E-rokVWuFX ... =c4-feed-u#
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 9:01 am
by Skiet
Ja mildots is seker die beste uitvidsel na 'post toasties', as jy weer kans kry vir 10m probeer haelgeweer doppies. Hulle maak n mooi klank as hy so in die lug op spin-ook onder net bokant die brass gedeelte. Hy gooi hom n paar meter in die lug op.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 9:03 am
by cassie_calvinia
waar het julle gebly?
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 9:41 am
by Skiet
cassie_calvinia wrote:waar het julle gebly?
Cassie, dit was by n plek met die naam Die Watergat. Dit was fantasties teen n baie billike tarief.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 11:56 am
by Frikkiedbr
Wow dis lekker ver daai. Wonder as my Gamo CFX royal so ver kan skiet?
Mens moet seker by 'n skiet baan kom en kyk
Dankie vir die deel
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 2:17 pm
by Skiet
Frikkiedbr wrote:Wow dis lekker ver daai. Wonder as my Gamo CFX royal so ver kan skiet?
Mens moet seker by 'n skiet baan kom en kyk
Dankie vir die deel
Dankie Frikkie, dis n plesier. Jou CFX sal gemaklik 100m kan skiet nadat daar bietjie werk aan hom gedoen is. Een van die gewere wat saam geskiet het was n Hw50 wat 750fps skiet en hyt beter as enig van die ander springers gedoen. Die outjie skiet gereeld saam met my en ek moet erken daars min manne wat so met n springer kan skiet.
Speel bietjie rond met hom, draai jou vergroting af na 6x en gebruik jou 4de mildot. Jy behoort op die kol of baie naby te wees.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 2:26 pm
by Frikkiedbr
Sjoe Skiet jy praat nou lekker grieks hier oor die draai jou vergroting af na 6x en gebruik jou 4de mildot
Ek het solank laas geskiet weet nie eers hoe mens dit doen nie
Ek sal bietjie gaan kyk, dankie vir die raad
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:07 pm
by Gawie(13mm)
Mooi man.
Hoe groot is daai gong waarop julle geskiet het?
Groete,
Gawie
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:16 pm
by Skiet
Hi Gawie,
Ek het nie gemeet nie maar ek skat so 80mm. In windstil toestande kan mens die helfte kleiner gaan.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:20 pm
by Gawie(13mm)
Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:31 pm
by Skiet
7mm wrote:Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.
Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:37 pm
by Gawie(13mm)
Skiet wrote:7mm wrote:Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.
Ek en my skiet-maat, is defenitief in.
Jy kan maar rondvra op Jaracal, daar is manne wat net 350m kopskote op springbokke skiet, maar as dit by die veldskiete kom is die 150m gong te ver

Re: Skiet Naweek
Posted: Mon Oct 28, 2013 4:11 pm
by Skiet
7mm wrote:Skiet wrote:7mm wrote:Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.
Ek en my skiet-maat, is defenitief in.
Jy kan maar rondvra op Jaracal, daar is manne wat net 350m kopskote op springbokke skiet, maar as dit by die veldskiete kom is die 150m gong te ver

Dis pragtig, ek sal jou op hoogte hou. Ek wil die ding so gou moontlik van die grond af kry.