Page 1 of 1

Musgrave bullbarrel 26" 1-12 in 303 kaliber

Posted: Thu Oct 31, 2013 6:11 pm
by vriell
Soek raad .Is daar dalk iemand wat 150gr koeels in bogenoemde gebruik het en wat die resultate was ? Of is daar dalk iemand wat vir my kan sê of die kombinasie sal werk of nie ? Wil nou nie onnodig 'n hele pak koeels gaan koop as dit moontlik nie sal werk nie.

Re: Musgrave bullbarrel 26" 1-12 in 303 kaliber

Posted: Mon Jan 27, 2014 10:45 am
by Dries Skiet
Vriell ek het nie 303 kennis nie, maar het wel al n paar duisend 155gr in 1-12,5 twist 308 geskiet, ek glo daai gaan n baie goeie combo wees. Ek sal dit beslis probeer as ek jy was.

Re: Musgrave bullbarrel 26" 1-12 in 303 kaliber

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:38 pm
by Alwin
Albei die 150 en 174 gn koeëls behoort goed te kan werk. Maar alle gewere het hulle eie fiemies. Vind maar met die probeer-en-tref metode uit, waarvan jou geweer die meeste hou.

Klink nogal na 'n baie interessante geweer. Watter aksie het hy op? Met die swaar loop, sou ek raai dit kan 'n P14 wees. Dit laat my dink dat die geweer moontlik vir teiken-skiet bedoel was. Meeste Musgrave teiken-gewere is vrek akkuraat.

Enige kans vir 'n paar foto's?

Re: Musgrave bullbarrel 26" 1-12 in 303 kaliber

Posted: Tue Jan 28, 2014 7:56 pm
by vriell
338LM jy is reg.Dis 'n vriend wat ek probeer help.Blykbaar kom die geweer vanuit die Noorde waar sy familie persoon aan wie die geweer behoort het oorlede is en hy het teiken skiet kompetisies met die geweer gedoen.Ongelukkig het my vriend nie die herlaai data gekry nie en ons het nou al 174gr probeer maar sonder rerige sukses wat groepering betref ( gespeel met ladings en TPL )en het gedink dat die geweer moontlik beter sal doen met 150gr koeels.Dankie vir die inligting.