Page 1 of 3

Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 7:50 pm
by immelmanw
Baie geluk aan al die Savage Skuts wat gehelp het om ons eerste jaar op die Veldskiet "toer" n reuse sukses te maak! Savage wen 1ste, 2de en 3de op die SA OPE.

Savage wen ook 7 Provinsiale Ope Titels.

Baie geluk en mooi geskiet, ek glo 2014 gaan net groter en beter wees vir TEAM SAVAGE!

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 8:15 pm
by Arnold
Wel gedaan!

Willem, watse scope het jy op daai geweer? Dit lyk of net jy en hennie nie 'n NXS op het nie of kyk ek skeel?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 9:12 pm
by immelmanw
Arnold wrote:Wel gedaan!

Willem, watse scope het jy op daai geweer? Dit lyk of net jy en hennie nie 'n NXS op het nie of kyk ek skeel?
Dankie Arnold. Ek het n Swarovski Z6i 5-30x50 op wat ek "present" gekry het. Hennie het n Rudolph op. Die res is almal en alles Nightforce. Omtrent almal in die Top 50 skiet met Nightforce.

Groete

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 9:24 pm
by Arnold
Ek sal darem ook so presentjie uitprobeer :)

Daai VLP lyk vir my so bietjie mooier as die LRP. Wat sĂȘ die manne, skiet hulle dieselfde of is die LRP so katspoegie beter?
'n 243W LRP in 'n GRS kolf sal darem 'n lekker veldskiet skietyster wees!

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 9:26 pm
by Marc
Baie geluk, lekker om n produk te bemark wat sulke goeie resultate oplewer ;D

Geluk ook aan die wenners, paar bekende gesigte daar 8)

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 10:26 pm
by Andrev
Ek sien uit daarna om my Nightforce op daai LRP te sit vir die nuwe jaar.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 10:34 pm
by immelmanw
Andrev wrote:Ek sien uit daarna om my Nightforce op daai LRP te sit vir die nuwe jaar.
Andre, as ons op statistiek of die wet van gemiddelde werk behoort jy ook volgende jaar op die foto te wees!

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Thu Oct 31, 2013 11:08 pm
by NEGE3
Baie geluk aan almal. Mooi gedoen. Ek kan maar net droom.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:10 am
by Danie Lombard .243
In 2000 koop ek vir my 'n Savage .243 Almal om my vertel vir my ek het die grootste gemors gekoop. Die aksie is lelik, veels te lank die bolt en aksie, dit gaan wap en buig omdat dit te lamk is en onakkuraat skiet, die sear release is nie op standaard soos die ander vername make nie, die bolt se oop en toemaak is nie glad nie, die bolt head se agterste locking lugs is los en le op 'n wave washer, die lopie is vas met 'n lock ring en die loop gaan maklik los draai en nog vele meer aanmerkings is gemaak teenoor my geweer. In kort, die slim geweer manne het gese ek het gekoop.

Ek veruil my Savage aksie vir niks, die geweer is al herloop en die aksie is puik. Kort na ek die geweer gekoop het skiet en in 'n veld skiet komp. Net so vir die lekker, ek mis net een ghong. Daar wil al die omstanders weet wat se geweer is dit, watter scope is dit, watter punte is dit met watter lading en spoed en hulle wil alles weet. Toe ek antwoord en se dit is 'n Savage kan van die ouens dit nie glo nie. Savage kan mos nie raak skiet nie?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:11 am
by Eugene
Danie Lombard .243 wrote:In 2000 koop ek vir my 'n Savage .243 Almal om my vertel vir my ek het die grootste gemors gekoop. Die aksie is lelik, veels te lank die bolt en aksie, dit gaan wap en buig omdat dit te lamk is en onakkuraat skiet, die sear release is nie op standaard soos die ander vername make nie, die bolt se oop en toemaak is nie glad nie, die bolt head se agterste locking lugs is los en le op 'n wave washer, die lopie is vas met 'n lock ring en die loop gaan maklik los draai en nog vele meer aanmerkings is gemaak teenoor my geweer. In kort, die slim geweer manne het gese ek het gekoop.

Ek veruil my Savage aksie vir niks, die geweer is al herloop en die aksie is puik. Kort na ek die geweer gekoop het skiet en in 'n veld skiet komp. Net so vir die lekker, ek mis net een ghong. Daar wil al die omstanders weet wat se geweer is dit, watter scope is dit, watter punte is dit met watter lading en spoed en hulle wil alles weet. Toe ek antwoord en se dit is 'n Savage kan van die ouens dit nie glo nie. Savage kan mos nie raak skiet nie?
Dankie vir die waarheid! 8)

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:35 am
by andre007
Ek sien n paar van die ouens op die fotos het n toevoegsel tot die standaard kolf, so van die sneller voorentoe of kyk ek skeel. Waarvoor is dit,....gewig?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:44 am
by Reggie Gerber
Andre

Daai is net tape of n stuk lap om te verhoed dat die kolf te veel beskadig word as die manne oor klippe ens moet skiet.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 9:01 am
by JPS
Wel gedaan manne dit is baie goeie bemarking vir julle, ek dink julle manne maak nou soos die Team savage manne in die USA.

Groete
JP

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 9:05 am
by BRNO (Pierre)
Ek voel nou sommer meer trots op die Savage wat ek vir my vrou gekoop het. Willem het dit n jaar terug gese, en hier wys hy dit met resultate. Die Savages kan raakskiet.

Danie Lombard, watse model Savage het jy?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 9:26 am
by Capt. Yoda
Mooi Manne
Willem weet jy wat se kalibers almal me geksiet het.Ek weet wat Hennie en Oom Piet mee skiet ma nie die ander manne nie

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 9:30 am
by Arnold
243, 6xc, 260, 22-250. Weet nie wie almal met wat geskiet het op die spesifieke fotos nie.
Ek neem ook aan dat van daai gewere nie meer hulle oorspronklike loop op het nie want die manne skiet baie?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 8:52 am
by Danie Lombard .243
@ Brno Pierre

Die geweer was as ek reg onthou Savage mod 111F Gewone std Savage aksie soos steeds gemaak word op die nuwe gewere. Net met die ou sneller sonder die "lem" op die sneller. Die nuwe snellers is ander as my ou tiepe. Die geweer is paar jaar terug herloop met 'n Truvelo loop.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 11:28 am
by BRNO (Pierre)
Danie Lombard .243 wrote:@ Brno Pierre

Die geweer was as ek reg onthou Savage mod 111F Gewone std Savage aksie soos steeds gemaak word op die nuwe gewere. Net met die ou sneller sonder die "lem" op die sneller. Die nuwe snellers is ander as my ou tiepe. Die geweer is paar jaar terug herloop met 'n Truvelo loop.
Bakgat Danie. My vrou se geweer het nie die accu trigger op nie, maar ek kon hom ekker crisp laat pollish. Die "Lock nut" waar die aksie en loop bymekaar kom, is dit standaard van savage?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 1:40 pm
by Danie Lombard .243
Alle Savage gewere behalwe die vroeer lever action gewere het die lock ring waar die loop in die aksie inskroef. Dit is die makliste manier om kopspasie te stel met die GO en NO GO guages. Dit is 'n briljante idee van Savage. Tans gebruik Marlin ook die lock ring plan op hulle X7 gewere. My vrou het 'n .222 Rem Savage wat ook die lock ring het, dit is al 'n bejaarde geweer

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 2:35 am
by Johnnie De Wet
immelmanw wrote:Baie geluk aan al die Savage Skuts wat gehelp het om ons eerste jaar op die Veldskiet "toer" n reuse sukses te maak! Savage wen 1ste, 2de en 3de op die SA OPE.

Savage wen ook 7 Provinsiale Ope Titels.

Baie geluk en mooi geskiet, ek glo 2014 gaan net groter en beter wees vir TEAM SAVAGE!
Ek sien die Vrystaat is nie op daardie
lys nie, seker weer n p14, rsa of M98 wat die septer geswaai het? >:D

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 5:58 am
by vossie1
Willem jou bliksim my hart is nounog seer oor daai 260 rem lrp wat ek moes gekry het,ma toe het die safari boot myne in amerika vergeet. Baie geluk aan al die manne die stats lieg nie.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 9:46 pm
by immelmanw
Arnold wrote:243, 6xc, 260, 22-250. Weet nie wie almal met wat geskiet het op die spesifieke fotos nie.
Ek neem ook aan dat van daai gewere nie meer hulle oorspronklike loop op het nie want die manne skiet baie?
Stephan van Wyk - Noord Wes
Hy skiet met n stock standard Model 12 VLP 22-250 Rem 1-9 twist (van sy ma af) Hy sukkel bietjie om gewoon te raak aan die Accutrigger, het toe n Riflebasix opgesit, nog nie happy nie, moet dit vir hom uitsort. Ons kry nou moontlik TARGET ACCUTRIGGERS van Savage - dit sal die probleem oplos.

Hennie Breytenbach - Gauteng
Stock standard Model 12 VLP 243 Win, GRS stock.

Phillip Hattingh - Gauteng
Stock Standard Model 12 VLP 243 Win

Jacques Obermeyer - WP/Boland
Hy het n model 12 VLP 243 Win. Die geweer het van dag een nie die resultate gegee wat ons verwag het nie, na ons alles prober het, het ons aansoek gedoen vir n loopverandering. Dus het hy n ander loop op.

Piet Breedt - Mapumalanga
Savage Model 12 LRP - Hy het LRP in 243 Win gekoop maar van dag een besluit om dit n calibre change na 22-250 met 1-8 te doen, Piet het nou 3 (22-250 Rem met 1-8 of 1-9) lope, dit is sy resep vir wen. Verder is die geweer soos van sy ma af, LRP stock, Accutrigger etc etc.

Willem Immelman - WP/Boland
Savage Model 12 LRP - Ek het van dag een dit n XC gemaak, maar toe gesien die LRP se loop is vir MY te swaar. Ek het toe na so 500 skote n ligter #12 light Palma loop opgesit. Moet se die Savage loop het net so goed indien nie beter as die Broughton geskiet nie! Dus is dit n 6mm XC , .273 nek en hy skiet 105gr Nosler Custom Comp! Ek het ook n GRS stock op.

SA OPE:
Piet Breedt (stock standard model 12 VLP in 22-250 Rem met 1-9 twist)
Johannes Schoeman (stock standard model 12 LRP 260 Rem)
Jaco Brink model 12 VLP wat in n 6mm xc verander is.

Verder het Jacques Obermeyer ook gister die eerste LONG RANGE kompetisie in die Kaap gewen met sy SAVAGE model 12 VLP 243 Win

WEL DONE JACQUES!

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 10:06 pm
by Arnold
Nuus versprei vinnig :)
Ek gee later 'n volledige verslag as ek die fotos en video materiaal kry.

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 10:30 pm
by Johnnie De Wet
Willem, watse twist is jou loop?

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 10:55 pm
by immelmanw
Arnold wrote:Nuus versprei vinnig :)
Ek gee later 'n volledige verslag as ek die fotos en video materiaal kry.
Arnold, dit doen, ons klomp Savage manne is maar close aan mekaar!
Jacques het bietjie die statistiek vir julle skiet kom opdonner met sy 243 Winchester?
Julle super long range manne het seker nie gedink n 95gr puntjie gaan die pyp rook nie?