Page 1 of 1
Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:00 am
by Frikkiedbr
Hoop die biltong is mooi geel vir jou
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1379791_10202100280458872_1985026177_n_zps911e7b9c.jpg
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:15 am
by Roger
Ek hou van dit so..
Ek is nie so rond van draf nie... :-)
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:19 am
by Flip Nel
Frikkiedbr wrote:Hoop die biltong is mooi geel vir jou
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1379791_10202100280458872_1985026177_n_zps911e7b9c.jpg
Ou, daai is biejtie baie vet vir my, vet so helfte minder smaak darrem vorentoe
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:22 am
by musgrave270
1/3 Vet 2/3 vleis is nog heel gesond. As die vet teveel is, sny af en eet saam 'n stukkie wat nie vet het nie.
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:54 am
by sako 30-06
Nou maak jy my lus,dink ek moet sommer nou my kontak bel en so paar kg se graad c vleis bestel.
Dis weer tyd om lekker beesbiltong te maak,wild is lekker maar niks kom by so geel vetjie nie.
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 11:58 am
by ROBBIE1
O ja dis pragtag, net jammer die C-grade raak so mal duur deesdae!
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 12:04 pm
by sako 30-06
ROBBIE1 wrote:O ja dis pragtag, net jammer die C-grade raak so mal duur deesdae!
Baie waar Robbie,maar dit werk my darem nogsteeds goedkoper uit om die rouvleis te koop en om my eie biltong te maak as wat ek biltong gaan koop.
Re: Een net vir Geno
Posted: Fri Nov 01, 2013 1:32 pm
by 375fanatic
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:11 pm
by prohunt
Ai man, presies soos ek van hom hou, net jammer jy kry dit nie meer so as jy nie self 'n veldbees slag nie.
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:14 pm
by vriell
musgrave270 wrote:1/3 Vet 2/3 vleis is nog heel gesond. As die vet teveel is, sny af en eet saam 'n stukkie wat nie vet het nie.
Mmmmm ...dit kan werk..
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:40 pm
by Geno
Daardie stukkie is nog so effe skraal na my smaak. So 50/50 witvleis/rooivleis ratio is reg vir my.
Die witvleis se kleur, saam met die marmering lyk egter perfek!
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:46 pm
by cassie_calvinia
geno
hier by ons is 'n oom wat se hart nie meer so lekker tik nie.
die dr se hy moet minder rooivleis eet, en meer witvleis.
sy antwoord was...dr, ek het hoeka so paar vet ou ooie in die kraal!
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:47 pm
by Frikkiedbr
Dan moet jy maar 'n Fototjie plaas Geno, wil sien hoe Jou biltong lyk

Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 2:08 pm
by Katefbessie
Met sulke lekker stukkies biltong moet jy sommer jou hart chirurg vooraf op speeddail nommer 1 sit!
Re: Een net vir Geno
Posted: Mon Nov 04, 2013 2:59 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote:Daardie stukkie is nog so effe skraal na my smaak. So 50/50 witvleis/rooivleis ratio is reg vir my.
Die witvleis se kleur, saam met die marmering lyk egter perfek!
Ja stem saam 50/50 is net reg maar nog meer vet sal ook nie pla nie
Re: Een net vir Geno
Posted: Tue Nov 05, 2013 7:00 am
by WILLEBEES
Daai geel vet het 'n ander goeie doel.
Dit olie die are se binnekant sodat die bloed ongehinderd en lekker kan vloei.....
Re: Een net vir Geno
Posted: Tue Nov 05, 2013 7:07 am
by spekieries
Dr Tim Noakes het 'n bepaalde opinie daaroor. Dit sal interessant wees wat die dokters op die forum se mening is oor ketosis en die opinie wat TN het oor die groter invloed van verfynde koolhidrate op hartvaat siektes.
Re: Een net vir Geno
Posted: Tue Nov 05, 2013 7:08 am
by LongWolf
Ruan de Jager wrote:Met sulke lekker stukkies biltong moet jy sommer jou hart chirurg vooraf op speeddail nommer 1 sit!
nee wat.....kolestrol kry op sy harry met genoeg rooiwyn.