Page 1 of 1

Bietjie info oor die 12 boor-SKB400

Posted: Fri Nov 01, 2013 3:17 pm
by Dries101
Ek wonder of iemand my dalk bietjie info oor die SKB kan gee. Dis maar skaars op die web- dalk het iemand een en weet bietjie meer as ek.

Skb Model 400 Boxlock
English Straight stock
12Ga-2 3/4 Chamber

Re: Bietjie info oor die 12 boor-SKB400

Posted: Tue Feb 18, 2014 8:33 pm
by 470rigby
Die SKB was een van die beter SKB's wat hier verkoop was (gemaak in die 1980's)

Mooi hand gegraveer, kwaliteit kolf ens. Het in 1980 so R1000 ($1200) gekos. 'n 2de handse een vandag is 'n lekker ding...
Nie baie waardevol nie, maar lekker...

Re: Bietjie info oor die 12 boor-SKB400

Posted: Wed Feb 19, 2014 10:12 am
by blaser
DAAI is nie hand graveering nie

Re: Bietjie info oor die 12 boor-SKB400

Posted: Wed Feb 19, 2014 11:46 am
by 470rigby
Toe ek in 1983 by die SKB fabriek was (net voor hulle die Weatherby haelgewere begin maak het), het ek spesifiek gesien hoe die Model 5800, 5700, en 400 per hand gegraveer word dear Japanese vroue. Die M400 het hulle ongelukkig ge "silver", wat die gravering snaaks laat lyk, want hulle was van mening dat dit vir jag gebruik gaan word, en dus onderwerp sal wees aan korrosie.

Terloops, sover my kennis strek, is daar slegs twee M400, en twee M 5800 in SA, destyds ingevoer deur The Gun Game in Durban, toe Game nog 'n geweerafdeling gehad het. >:(

Re: Bietjie info oor die 12 boor-SKB400

Posted: Wed Feb 19, 2014 12:53 pm
by Dries101
Eks nogal o.k op my graveer werk en dis of gerol en gesilver of handgedoen en gesilver- ek kan nie se nie. Ek leun na die hand en gesilver toe... Nie dat dit saak maak nie- hy skiet nogsteeds net so lekker- ek sit nog so paar fotos op van die duidelik baie skaars SKB400 S/S E