Page 1 of 1
Beste Koffie - Finalis
Posted: Sun Nov 03, 2013 11:11 pm
by immelmanw
Naand Manne
Safari & Outdoor is nou n finalis in die beste koffie kompetisie. Op die oomblik is ons n "bietjie agter" in die kompetisie,
SMS asseblief:
"koffie" Safari and Outdoor na 34420
dit kos net R1.50 - bitter min vir al die gratis koffie - die sluitingsdatum is 5 November
Ek nooi julle dan ook almal om n koppie koffie by ons te kom geniet, GRATIS / VERNIET!
ASSEBLIEF MANNE
Baie dankie!
Willem Immelman
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 7:21 am
by JTM
My stem is in.
Ja nee Willem hulle is vrygewig met hull koffie, Was omtrent oorval laas week daarmee met my besoek aan hulle. Volgende keer gaan ek 'n koffie fles saam neem vir "take-aways".

Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 8:40 am
by PWV
Gestem, Willem. Erken hulle ontvangs van die stem of nie?
Ek het geen terugvoering gekry nie en is net bang dit wat ek gestuur het kan nie deur hul rekenaar gelees word nie.
Groetnis
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:05 am
by Johan Reyneke
Gestem
Nog nie self gedrink nie, maar soveel ouens kan nie verkeerd wees nie.
Sterkte S&O
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:45 am
by ROBBIE1
Mag jy meer as een keer sms of kontroleer hulle die no's?
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:18 am
by Johan JvR
Simpel blackberry se knoppies is so klein. Amper sms ek 'n "m" i.p.v 'n "k" vir koffie
daarsy, gestuur. Hoop julle wen.
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 11:02 am
by PWV
Johan JvR wrote:Simpel blackberry se knoppies is so klein. Amper sms ek 'n "m" i.p.v 'n "k" vir koffie
daarsy, gestuur. Hoop julle wen.
Smaak my jy is ook een van daardie ouens wat nie iets die eerste keer regkry nie. So moenie valskermspring probeer nie.

Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:35 pm
by Johan JvR

wat praat jy.
My pa het altyd gevra ek moet tog net probeer om nie die aambeeld se horing af te breek as ek daar kap nie. Enige iets is moontlik.
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:25 pm
by immelmanw
Dankie Manne
Ons waardeer dit baie, kom ons kyk wat gebeur.
Asseblief kom kuier bir die beste Cappucinno in die Wes Kaap......gratis, verniet!
As jy filter of kan koffie verkies, ons kan dit ook maak.....
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Tue Nov 05, 2013 6:53 am
by wlm
Die geselskap maak die koffie nog lekkerder. Groete aan Kobie Nel wat my laaste koppie gemaak het.
Willem Symington
Het geSMS.
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Tue Nov 05, 2013 7:37 am
by Geno
My 3 stemme is ook in. Sterkte Willem en span!
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Tue Nov 05, 2013 9:54 am
by Marc
Jy ken my

Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Tue Nov 05, 2013 7:23 pm
by vossie1
Gestem! Ma net laasweek gaan koop ek berger punte en op my invoice slip staan da
Berger punte R000
Redding dry lube R 000
1x koffie. R 1043
Hoe die hel is die koffie verniet! Ha ha hulle het die lekerste koffie
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Wed Nov 06, 2013 5:28 am
by Gerhard
Ek sien uit om mid Januarie weer n koppie koffie te gaan drink.
Sterkte Willem.
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Wed Nov 06, 2013 9:23 pm
by JPS
Willem wanneer hoor julle die uitslag?
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Wed Nov 06, 2013 11:08 pm
by immelmanw
JPS wrote:Willem wanneer hoor julle die uitslag?
Ek glo in Vrydag se Eikestadnuus koerant, sal jlle verseker laat weet.
Groete
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Thu Nov 07, 2013 11:01 am
by 243Songdaug
send!
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Wed Nov 20, 2013 11:51 pm
by PWV
Wat het van die koffie-storie geword?
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Thu Nov 21, 2013 6:12 am
by immelmanw
Pieter Willem Vorster wrote:Wat het van die koffie-storie geword?
More Oom.
Ons het 5de gekom.
Dankie vir die ondersteuning en kom geniet julle koffie!
Re: Beste Koffie - Finalis
Posted: Thu Nov 21, 2013 6:21 am
by Marc
Geluk Safari Outdoor, dis n groot prestasie !