Page 1 of 1

Rudolph rangefinder

Posted: Thu Nov 07, 2013 10:15 pm
by vriell
Het vandag myne in die pos ontvang . Sal hom bietjie probeer die naweek.Enige iemand met ondervinding van hom ?

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:59 am
by PWV
Nee, maar jy kan ons nou van eerstehandse inligting voorsien!

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Fri Nov 08, 2013 8:03 am
by BRNO (Pierre)
Sal ook die een graag dop hou. Ek het al gemengde gevoelens van verskeie oorde gehoor.

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Fri Nov 08, 2013 2:32 pm
by vriell
BRNO (Pierre) wrote:Sal ook die een graag dop hou. Ek het al gemengde gevoelens van verskeie oorde gehoor.
Ek stem maar dan het ek nou al op die internet gekyk en gelees en lyk my omtrent almal die "standaard" rangefinders is maar so-so . Ek kan nie die duur goed bekostig nie so hy moet maar werk vir my.Ek moet sê tot dusver het ek gemaklik tot 300m kon vasstel en dit sukkel maar hier van 400m af maar dan 2 van my vriende het ook ander verskillende make wat omtrent R1000 plus duurder is maar as ons hulle saam toets dan staan die Rudolph geensins terug nie.Sal hom nog in meer oopte moet toets om weer inligting deur te gee.Ons het nou 3 verskillende make wat albei die ander 2 R1000 tot R1500 duurder is en sovêr vergelyk hulle baie goed met die afstande wat nou al gemeet is.
Ander ding wat die rudolph ook nogal kan doen wat ek nie by die ander sien nie is om Km/h spoed te neem wat ek nou nie juis sal gebruik nie en weet ook nie hoekom dit daar is nie maar nietemin .....

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Fri Nov 08, 2013 2:44 pm
by LUAN
Ja die rangefinder storie ek was nie baie gelukkig toe ek sien my nuwe Nikon Prostaff 7 kan glad nie verder range as my fake bushnell cheapie. Eintlik kan die cheapie so bietjie verder range op meer verskillende oppervlaktes ook. Die nikon het nou wel die hoek meet opsie maar ek sou darem wou gehad het hy moes te minste tot 450-500m konstant kon range. En dan kos hy 3 keer meer as my cheapie ook eina.

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Mon Jan 06, 2014 4:25 pm
by vriell
Update....Was oor die groot dae in Nam en kon lekker speel met hom op die vlaktes.Op 503m kon ek 'n bees range ( moes dooierus range )en het nie maklik gewees sonder dooierus nie en 'n bos op 656m met gemak.Ek het gesukkel om 'n springbok op 320m te range en moes weereens dooierus lê en range wat dit baie makliker gemaak het om die kleiner bok te range.Oor die algemeen het dit baie makliker gegaan wanneer van dooierus gebruik gemaak was( Ek is nou nie juis iemand wat bewe nie maar die rangefinder is baie sensitief ) .Vir my is dit oor goed genoeg en is heel in my skik vir die prys wat ek betaal het.

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Thu Jan 09, 2014 10:49 am
by johans
vriell wrote:Update....Was oor die groot dae in Nam en kon lekker speel met hom op die vlaktes.Op 503m kon ek 'n bees range ( moes dooierus range )en het nie maklik gewees sonder dooierus nie en 'n bos op 656m met gemak.Ek het gesukkel om 'n springbok op 320m te range en moes weereens dooierus lê en range wat dit baie makliker gemaak het om die kleiner bok te range.Oor die algemeen het dit baie makliker gegaan wanneer van dooierus gebruik gemaak was( Ek is nou nie juis iemand wat bewe nie maar die rangefinder is baie sensitief ) .Vir my is dit oor goed genoeg en is heel in my skik vir die prys wat ek betaal het.
dankie vir die terugvoer,wat is die prys as ek mag vra?eks ook bang ek koop die duur model en dan is hy nie die prys verskil werd nie.ek wil dit hoofsaaklik gebruik om voorwerpe soos bosse en mierhope te range vir n indikasie as ek jak roep

Re: Rudolph rangefinder

Posted: Thu Feb 13, 2014 12:08 am
by reggie
Hi manne

Ek het ook een van hulle wat ek gebruik as ek boog skiet en kan net met lof praat van hulle.
So op kort afstand waar ek werk perfek en op 30/40 yards maak die gradient nie veel verskil nie.