Page 1 of 4

Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Fri Nov 15, 2013 10:52 am
by jaracal
Ek het die versoek van Dirk v/d Heever gekry:
"Ek het vanoggend met Elmarie Zikmann (Rheinmetall-Denelmunition Of Somchem) gepraat i.v.m die moontlikheid vir ‘n “S395” of iets soorts gelyk aan H1000 (Hodgdon) vir ons groter kalibers in die mark, en veral die nuwe Remington Ultra Magnum en die populere .338 Lapua Magnum ens.

Sy het gese dat as daar belangstelling is, die mense dit aan haar moet noem en ook voorstelle maak vir wat die mark wil he.

Ek sluit haar epos in, sodat julle aan haar ‘n epos kan stuur.

elmarie.zikmann@rheinmetall-denelmunition.com

Reageer a.s.b positief en stuur ook die epos aan so veel as moontlik vriende in die wapenbedryf. Daar is ‘n geweldige behoefte vir ‘n stadiger kruit.


I spoke to Elmarie Zikmann (Rheinmetall-Denelmunition Or Somchem) this morning in regards to the possibility for a ''S395" or something similar to H1000 (Hodgdon) for the bigger calibres in the marketplace, especially the new generation Remington Ultra Magnum and the popular .338 Laupa Magnum, ect.

She replied that if there is interest we should contact her and let her know what we feel the market requires.

I include her email. please contact her.

elmarie.zikmann@rheinmetall-denelmunition.com

Please react positive and forward this email to as many people as possible in the weapons industry. There is a definite need for a slower burning rifle reloading powder.


Thanks
Dirk Van Den Hever
C&C Shooting Supplies
South Africa

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:06 am
by Jean Marais
Mail gestuur

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Mon Nov 18, 2013 9:44 am
by swc-tr
Somchem is moes deel van Rheinmetall, Duitse konglomeraat van krygstuig firmas.
Hulle vervaardig Dynamit Nobel dryfmiddels (RWS) Bofors (Norma) ens.
Versoek ook dat Somchem van hulle stalmaats se dryfmiddels vir ons beskikbaar stel.

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Thu Nov 28, 2013 7:58 pm
by Craig44
Mail sent.

Thanks Guys

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Thu Nov 28, 2013 9:49 pm
by Flip Nel
Mail gestuur

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Wed Dec 04, 2013 6:09 am
by Gert Odendaal
E-pos gestuur, maar daar kort nog baie manne wat moet stuur as ons ooit resultate wil kry.

Re: Stadiger kruit as 285 vir groter kalibers

Posted: Wed Dec 04, 2013 3:01 pm
by Gert Odendaal
Ek het `n antwoord terug ontvang van Elmari Zirkman , hulle is besig om aandag aan die saak te gee, sy sal terugvoer aan die lede gee rakende enige nuwe verwikkelings. Teminste is daar reaksie op die onderwerp.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Jan 15, 2014 6:38 am
by WSM
Goeiemore Almal

Ek is redelik nuut hier op die forum, maar dink dat ek ook n stukkie goeie nuus het.
Die persoon wat na by gereageer het op die vraag is Manie Johannes vanaf Somchem, sy adres:

Emanuel.Johannes@Rheinmetall-Denelmunition.com

Sy antwoord op S395 was as volg: "Ons Dryfmiddel ontwikkeling span is besig om te kyk na die ontwikkeling vir so n dryfmiddel – wanneer dit gaan realiseeer weet ek nie – dit is al klaar goeie nuus"

Wat wel verblydend vir my is, is die nuwe Lot 72 S365 dryfmiddel na die Lot71 Fiasko.. Alhoewel dit nog nie op hul grafiek op die webtuiste aangedui is nie het hy bevestig dat die spoed op Lot 72 met 2,3% verlaag het (teenoor Lot 71), en die druk het met 9,2% afgeneem.

Ek dink dit is voorwaar baie goeie nuus, veral vir ons wat graag Winchester Short Magnums skiet.

Groete:

Ockert

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Jan 15, 2014 8:36 am
by Fritz
Ockert wrote: Wat wel verblydend vir my is, is die nuwe Lot 72 S365 dryfmiddel na die Lot71 Fiasko.. Alhoewel dit nog nie op hul grafiek op die webtuiste aangedui is nie het hy bevestig dat die spoed op Lot 72 met 2,3% verlaag het (teenoor Lot 71), en die druk het met 9,2% afgeneem.
Welkom Ockert!

Nee ek dink dit is op die webtuiste. Net nie in chronologiese volgorde nie.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Jan 15, 2014 10:01 am
by Johan Reyneke
Ockert wrote:Goeiemore Almal
Wat wel verblydend vir my is, is die nuwe Lot 72 S365 dryfmiddel na die Lot71 Fiasko.. Alhoewel dit nog nie op hul grafiek op die webtuiste aangedui is nie het hy bevestig dat die spoed op Lot 72 met 2,3% verlaag het (teenoor Lot 71), en die druk het met 9,2% afgeneem.

Ockert

Hul grafiek volgorde is bietjie verkeerd op S365 en S335. Nuwe lot nr is aan die begin en nie einde

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Tue Apr 22, 2014 5:07 pm
by AFRICAN LEADWOOD
As julle by Huntex uitkom maak gerus 'n draai by Somchem (Rheinmetall Denel) se stalletjie - Saal 5 Nr 518 en herinner hulle dat ons 'n kruit stadiger as S385 soek. in die klas van IMR7828 / H1000 ens.

Moontlik help dat as hulle sien ons bestaan nie net op e-pos nie.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Tue Apr 22, 2014 7:24 pm
by JPS
African,

Baie goeie idee, dankie vir die herinering hiervan sal verseker gesels met die manne daar...

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Apr 23, 2014 1:07 pm
by Marc
AFRICAN LEADWOOD wrote:As julle by Huntex uitkom maak gerus 'n draai by Somchem (Rheinmetall Denel) se stalletjie - Saal 5 Nr 518 en herinner hulle dat ons 'n kruit stadiger as S385 soek. in die klas van IMR7828 / H1000 ens.

Moontlik help dat as hulle sien ons bestaan nie net op e-pos nie.
Puik idee !

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Apr 23, 2014 2:08 pm
by swc-tr
Sê ook sommer hulle moet RWS en Norma dryfmiddels (wat deur Rheinmetal besit word) vir ons beskikbaar stel!!!
Somchem se dryfmiddels word dan uitgevoer.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Apr 23, 2014 2:21 pm
by Arnold
Ek dink MRP2 van Norma sal baie mooi werk in die groter doppe!

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Apr 23, 2014 5:55 pm
by Dries101
Ek glo met hulle rekord gaan die s395 optree soos s365 veronderstel is om te werk....

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Fri May 09, 2014 3:01 pm
by Arnold
Het iemand dalk iets by Huntex wyser geword raakende 'n stadiger dryfmiddel as S385?

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Fri May 09, 2014 3:25 pm
by Marc
Hulle werk aan 'n dryfmiddel X maar ontken die bestaan van S395 geheel en al, as hulle dit SX gaan noem sal ek volle krediet daarvoor aanvaar ^-^ Hulle reken S395 is iets wat herlaaiers uitgedink het en daarmee gehardloop het. ons gesanik het verseker nie op dowe ore geval nie en hulle was heel oortuigend toe hulle se daar is defnitief hoop vir ons in die naby toekoms vir 'n stadiger middel as S385 maar wat nie so wilcat soos B12.7 is nie.

Het toe bietjie oor B12.7 ook gechat maar gaan eerder nie hier se wat hulle my vertel het nie, jy ken daai rippel effek, ek wil nie he dit moet by my begin nie, dis nie 'n mooi gesig nie :): :o :-X :'(

Oor alternatiewe drymiddels invoer het hulle net gelag en gese dit sal nooit gebeur nie, want dis in direkte kompitiese met hulle eie produkte. Hulle reken ons is meer as welkom om ons eie dryfmiddel in te voer as ons so voel ;D Ek verneem Willem hulle is besig om alles wat hulle het agter die idee te stoot, maar SAPS is 'n nagmerie >:(

My algemene ervaring by hulle was positief en ek glo hulle dra ons behoeftes na aan hulle hart. Kom ons hou duim vas dat tyd aan ons kant is

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Fri May 09, 2014 6:33 pm
by Marc
Ludwig wrote:
Die S395 dryfmiddel is tans slegs vir militêre aanwending in hoofsaaklik die .50 Browning (12,7mm) en is nog nie kommersieël beskikbaar nie.
Ek het ook al daai table by 'n herlaai vriend gesien, en hy sweer ook S395 bestaan, maar Somchem se mense het weer gese dis 'n miete. Wonder nou of destydse "S395" nie in die hedendaagse B12.7 verander het nie. Hoe lank terug het B12.7 op die mark gekom ???

PS ek het met Almarie self ook gepraat, sy was daar toe ek aanklop by hulle, sy het my oortuig dat hulle defnitief werk aan 'n alternatiewe dryfmiddel en hy val wel tussen S385 en B12.7

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed May 14, 2014 11:17 am
by AFRICAN LEADWOOD
'n Pel van my het in omtrent 2006 reeds B12.7 gebruik in sy 300 RUM. Daar was ook op die ou Somchem website in die "Q&A" afdeling 'n verwysing daarna vir die herlaai van die 338 Lapua wat ook seker rondom 2005 moes gewees het as ek reg onthou.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed May 14, 2014 11:23 am
by Arnold
Dit sal interesant wees om die laai data van die B12.7 in die 300 RUM van jou vriend te sien. Dink jy dat jy dit moontlik kan kry?

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed May 14, 2014 11:55 am
by Fritz
Nico Economakis van Frontier se .300RUM wou nie genoeg B12.7 vat nie. Maar moet noem hy skiet monometaal koeëls wat baie lank is.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed May 14, 2014 12:04 pm
by Arnold
Watse gewig koeels skiet hy?
Ek glo jy sal 200gr en swaarder moet skiet waar die 230gr seker beter sal wees.

Dit sal interesant wees om te sien wat maak 'n 300RUM met 'n dop vol B12.7 agter 'n 230gr koeel uit 'n 30" loop >:+

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed May 14, 2014 12:12 pm
by Fritz
Ek dink hy het 200gr Spartans geskiet. Stem saam, swaarder sal dalk mooi werk.

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers

Posted: Wed Jun 25, 2014 11:41 am
by AFRICAN LEADWOOD
Arnold

Jammer ek het 'n ruk laas hier rondgekyk met ander goed wat my besighou.

My pel is nou in die VSA (op kontrak) sal probeer hoor by hom maar ek weet hyhet later wegbeweeg van B12.7 na S385, wat baie goed gewerk het.

Ek laat weet julle as ek iets kan kry oor die B12.7.