Page 1 of 1

Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Fri Nov 15, 2013 8:33 pm
by Jacquesb
Hi almal.
Ek het n voorlaaier by n medeforumlid gekoop.
ons is egter n paarhonderd kilos van mekaar af.
moet die persoon wat die geweer gaan haal en vervoer n bevoegdheid sertifikaat vir swartkruit he, of het jy dit eers saam met n biskruitpermit nodig om kruit te koop en te skiet?

Ek luister graag
Jacques

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Fri Nov 15, 2013 8:35 pm
by tripodmvr
Die gewere het nie lisensie nodig nie en kan nie dink dat jy permit of soortgelyk nodig het om dit te vervoer nie.

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Sat Nov 16, 2013 11:30 am
by smitjs
Daar is geen permit nodig om die geweer te vervoer nie, net die sertifikaat van die geweerwinkel dat dit 'n replika is, volgens die wet. Om die kruit en slagdoppies te vervoer moet jy die permit hê.
Die bevoegdheid sertifikaat is nie nodig of enigsins wetlik verpligtend nie.
Dit was iemand se simpel idee, geld maak storie, maar het nie wettig geword nie.

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Mon Nov 18, 2013 11:52 am
by vriell
smitjs wrote:Daar is geen permit nodig om die geweer te vervoer nie, net die sertifikaat van die geweerwinkel dat dit 'n replika is, volgens die wet. Om die kruit en slagdoppies te vervoer moet jy die permit hê.
Die bevoegdheid sertifikaat is nie nodig of enigsins wetlik verpligtend nie.
Dit was iemand se simpel idee, geld maak storie, maar het nie wettig geword nie.
Sonder bevoegdheid sertifikaat vir voorlaaiers kan mens nie 'n swartkruit permit bekom nie en sonder swartkruit permit mag swartkruit nie besit word of vervoer word nie.

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Mon Nov 18, 2013 9:19 pm
by Jacquesb
Dankie manne vir die insette. Ek verstaan.
Die vraag hier is slegs of n persoon die geweer sonder enige kruit of slagdoppies mag vervoer sonder competency.

Ek luister graag.

Jacques

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Tue Nov 19, 2013 6:26 am
by smitjs
Geen probleem met die vervoer nie.
My swartkruit permit is baie ouer as die bevoegdheid storie, en niemand het nog ooit my bevoegdheid sertifikaat gevra nie.
Die probleem is deesdae om swartkruit in die hande te kry.

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Wed Nov 20, 2013 9:42 pm
by Jacquesb
Hi Almal
Ek het vandag navrae oor die onderwerp gedoen by n wapenwinkel wat spesialiseer in swartkruit en ek het die voorsitter van die Pta BP club geskakel. Beide het my megedeel dat swartkruitwapens sonder bevoegdheid gekoop en vervoer kan word sonder enige probleem.

Dat mens eers n dereguleringsertifikaat van die winkel of geweersmid moet he wat meld dat dit n swartkruit wapen is en n bevoegdheidsertifikaat voor jy kan aansoek doen vir n kruitpermit. Dan eers mag jy met hom skiet. Maar besit en vervoer is blykbaar geen issue nie.

Praat asb as julle hiervan verskil of saamstem.

Groete
Jacques

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Thu Nov 21, 2013 5:42 am
by smitjs
Ek stem saam, en ek is jammer as ek iemand mislei het deur te skryf dat die bevoegdheid onnodig is. Self het ek dit nog nooit nodig gekry nie, en my swartkruit permit verval nie.
Ek sal net graag wil weet van die beweerde nuwe kruit wat in twee dele verskaf sou word.
Ek sukkel om swartkruit in die hande te kry, ek kom maar min in die Transvaal.
Weet iemand dalk iets van die verskaffing?
Groete
Johan Smit

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Thu Nov 21, 2013 9:45 am
by vriell
smitjs wrote:Ek stem saam, en ek is jammer as ek iemand mislei het deur te skryf dat die bevoegdheid onnodig is. Self het ek dit nog nooit nodig gekry nie, en my swartkruit permit verval nie.
Ek sal net graag wil weet van die beweerde nuwe kruit wat in twee dele verskaf sou word.
Ek sukkel om swartkruit in die hande te kry, ek kom maar min in die Transvaal.
Weet iemand dalk iets van die verskaffing?
Groete
Johan Smit
S&O Stellenbosch verkoop BB maar weet nie of hulle het op die oomblik nie.Waar jy beslis sal kry is in SomersetWes by Denel self maar moet aanlyn registreer of per faks en is geldig vir 6mnde so elke 6mnde moet mens registreer en dan moet die inbetaling tenminste 2 weke voor die tyd elektronies gedoen word voor die afhaal van die BB.Dit is sovêr my kennis strek maar kon verander het.Daar was sprake om die BB depot te skuif na Worcester maar weet nie of dit al gerealiseer het nie.Jy kan hulle kontak by .....

Reeb Road
Firgrove
Somerset West (Cape Town)
7130
South Africa
Phone: +27 21 850 2911
Fax: +27 21 850 2011

Hier is die persoon wat direk deel met BB se kontakbesonderhede :

SSW Elvis Dewee +27 21 842 3901

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Thu Nov 21, 2013 12:50 pm
by smitjs
Dankie Len, sal opvolg
Groete
Johan Smit

Re: Swartkruitpermit nodig vir vervoer?

Posted: Thu Nov 21, 2013 4:23 pm
by vriell
Plesier