Page 1 of 1

Drop away

Posted: Mon Nov 18, 2013 4:01 pm
by MJK
Middag manne

Ek wil vir my 'n drop away arrow rest laat opsit. Het tans die whisker biscut op my PSE Stinger 3D.

Wat stel julle voor (soek darem redelike kwaliteit) en wat gaan dit +- kos

Groete
Marius

Re: Drop away

Posted: Mon Nov 18, 2013 4:20 pm
by Eugene
Marius, ek gebruik maar uitsluitlik die wisker biscut vir jag, omdat jou pyl, as hy klaar genock is, nie kan uitval of afval of raas nie. Die bietjie spoed wat jy verloor, is gering as jy die gemoedsrus ingedagte neem. Ek weet Trophy Taker maak goeies, maar ken nie die presiese name nie. Toe ek laas nog boog goed gekoop het, was hulle so tussen R400 en R1200. Jy kan op Magnum Archery se website gaan kyk na 'n idee van die pryse en modelle. Hoop dit help.

Re: Drop away

Posted: Mon Nov 18, 2013 5:20 pm
by VdWalt
Ek het n Limb Driver op my boog en hou baie van hom, ek dink hy het
hier by die R1000 gekos. Hy kom aan die limb vas en dus trek hy nie die snaar
of kabel as jy die boog span nie.
Dit maak ook dat die pyl nie spring as jy in die valley ingaan nie.

Re: Drop away

Posted: Mon Nov 18, 2013 5:28 pm
by HennieC
MJK
Ek het die limb saver op my Monster 6
Hy werk baie goed op die hoe spoed boog.
Die Trophy taker het gemaak dat my pyle baie afklim van die rest af.

Re: Drop away

Posted: Mon Nov 18, 2013 10:13 pm
by SV MAD (Henk)
Limb driver, moet nie,eers,verder soek nie

Re: Drop away

Posted: Tue Nov 19, 2013 5:28 am
by MJK
Thanks manne ek gaan bietjie soek. Is dit die moeite werd on vanaf oorsee te last inkom?

Re: Drop away

Posted: Tue Nov 19, 2013 9:24 am
by sPRINGHAAS
Ek het n DownForce en is baie gelukkig. Almal praat van die veer wat pap word omdat hy heeltyd onder spanning is as die boog nie gespan is nie, maar na 3jaar gee myne nog niks moeilikheid nie.

Ek like ook die limbdriver, en as jy hom met die containment vat weet jy jou pyl is altyd op die regte plek en reg vir draw. Niks slegter as jy uit n snaakse posisie moet draw en dan besef jou pyl lê langs jou rest nie.

Re: Drop away

Posted: Tue Nov 19, 2013 10:34 am
by SV MAD (Henk)
In al my jare wat ek boogskiet, kan ek onthou van 1 keer wat my pyl van die rest afgespring het met draw. Ek dink as jy reg en stadig draw, jy nie daai probleem sal he nie. Ek het 'n gewone limbdriver op my 90pond, en die pyl het nog nooit afgespring nie.

Groete

Re: Drop away

Posted: Tue Nov 19, 2013 10:41 am
by MJK
Ek hou van die idee van Springhaas Henk - ek en kinders is nog besig om te leer (by the hooked and crooked) en partykeer gaan dit maar rof met hul pelle wat kom skiet...

Nou en dan as ek met ander ou se boog skiet kom ek agter dat ek nie gemaklik is met die pyl wat kan afval nie. Soos jy se Henk gaan dit oor die terugtrek en dit moet ek nog aanleer. Ek is 'n newbie in die game maar geniet dit baie!

Re: Drop away

Posted: Tue Nov 19, 2013 4:13 pm
by Christo J
Moenie eers verder soek nie. Kry vir jou n Limb Driver. Baie maklik om te tune. Op die boog jag forums is daar al polls gedoen en die LD was by verre die gunstelling. Sal hom ten sterkste aanbeveel.

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 8:40 am
by sPRINGHAAS
SV MAD (Henk) wrote:In al my jare wat ek boogskiet, kan ek onthou van 1 keer wat my pyl van die rest afgespring het met draw. Ek dink as jy reg en stadig draw, jy nie daai probleem sal he nie. Ek het 'n gewone limbdriver op my 90pond, en die pyl het nog nooit afgespring nie.

Groete
Neewat myne het sommer al baie langs my rest gelê as ek wil draw... gewoonlik as ek n stuk moes hardloop of ernstig kruip agter iets aan. Was in n paar situasies wat stadig draw nie n opsie was nie. Maar eks nie so lank in die game nie so tyd sal seker ook leer.

Het net op n vriend se boog gesien, wat die limbdriver met die containment het, dat jy kan harloop en tekere gaan en as jy wil draw lê die pyl reg.

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 1:56 pm
by Philip_R
Wat dink julle van die QAD HD rest?

Springhaas, hoekom sal mens wil hardloop met 'n boog? Vra net omdat dit nie sin maak nie.

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 2:14 pm
by VdWalt
Philip_R wrote: Springhaas, hoekom sal mens wil hardloop met 'n boog? Vra net omdat dit nie sin maak nie.
As jy W&S en sien bokke beweeg na punt toe en jy genoeg cover (is vêr genoeg) en jy weet
as jy gatskoonmaak gaan jy hulle kan intercept op 'n plek waar jy 'n skoot
dalk gaan in kry - dan hardloop jy!

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 2:29 pm
by Philip_R
Dankie VdWalt, as ek hardloop klink dit soos 'n trop wildebeeste.... so die diere gaan my hoor hardloop.

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 4:14 pm
by MJK
Ek wil net seker maak - is dit die Vaportrail waarvan julle praat

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 4:25 pm
by VdWalt
Ahhhh - die is myne se groot (duurder) boet - ek soek ook so een!
Die een is die Pro-V en myne is die original Limbdriver Pro.
http://customcompoundbowstrings.com/arrow-rests/

Re: Drop away

Posted: Wed Nov 20, 2013 4:30 pm
by sPRINGHAAS
Jip dis hy daai! Stoute rest as jy my vra!!

Philip_R, dis nes vdWalt daar sê. En ek het een aand n ystervark gejaag en juis omdat die pyl nie op die rest was toe ek wou draw nie het ek nie n skoot gekry nie.. :(