Page 1 of 1

Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Mon Dec 13, 2010 6:44 pm
by Raven
Manne,
Ek hoor meer en meer manne wat se ek moet eerder S385 ipv S365 gebruik vir my gewere.
Neem in ag ek skiet 25-06 en 300WinMag, en wil graag al twee met dieselfde kruit laai, om herlaai te vergemaklik.

Dankie by voorbaat
Norton

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Mon Dec 13, 2010 8:11 pm
by Francois Marais
Norton

Jou loop lengte en punt gewigte gaan bepaal wat jy moet gebruik. Onthou as jy 385 gaan gebruik klim jou laaikostes agv die meer kruit wat jy moet gooi.

Ek is nie n 300 man nie, nognie, wag vir my liksens, maar ek dink nie jy gaan beter doen met 385 in die 25 nie.

Mooi loop
Francois

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Mon Dec 13, 2010 8:14 pm
by Wouter Roets
Norton
S385 is meer geskik vir daai twee kalibers met swaarder koeels 100 en op en 180 en op. Toets maar, jy weet mos elke geweer het sy eie voorkeure. In my twee klop die 385 maar net die 365 maar daar is darem ander voordele soos beter dopfulling en laer druk.
Wout

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Tue Dec 14, 2010 8:31 am
by Raven
FM / Wouter
Ek dink julle beantwoord my vraag, dankie.

Op die oomblik skiet ek 100 op die 25 en 165 op die 300, so ek dink ek bly eers met wat getoets en werk by my sover - S365.

Cheers
Raves

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Tue Dec 14, 2010 9:46 am
by James Wilson
ja , ek stem saam bly die S365. ek hoor wat jy se dat jy wil jou herlaai vereenvoudig. maar ek glo dit is altyd moontlik nie. as die geweer meer hou van S365, dan moet jy maar luister.

ek wil tog vir jou se dat ek gereeld in 300wmag manne se geselskap is en sover laai almal S365.

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Tue Dec 14, 2010 10:23 am
by Raven
JagB,

;)
Dankie, ek het gisteraand nadat ek weer met 'n ander "geweer kenner" gepraat het amper geglo ek moet nou onmiddelik verander na 385 toe  ;D

En ek sit nog met 5 blikke s365  ;)

Die forum is darem lekker om goeie raad te kry

R

Re: Watter kruit vir my Kalibers

Posted: Tue Dec 14, 2010 6:49 pm
by Wouter Roets
Norton

Ou storie; If it is not broke don't fix it!
Wout