Page 1 of 2

paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:14 am
by cassie_calvinia
ek het nog 'n klomp gemsbok maalvleis. en as ek nog 1 keer moet mince mate eet, vrek ek!
hoe maak 'n mens 'n pattie? hoe bind jy hom? en wat gooi jy in?
ROOOBBIE kom in!!!!!!!!!!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:25 am
by jamalley
Jy kan allerande hamburger patty speserye by Crown of Freddie Hirsch koop. Die een is vir my die lekkerste. Koop ook sommer van daai deurskynende plastiek polony/ham casings en sit jou mengsel daarin, vries en saag later in skywe. Jy kry ook sulke deurskynende ronde plastiek skywe wat jy tussen jou patties sit sodat dit nie aanmekaar vries as jy dit verpak nie.

Mens kan ook sommer 2l coke bottels gebruik.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:27 am
by Stefan764
jamalley wrote:
Mens kan ook sommer 2l coke bottels gebruik.
Daai selle ding al gehoor maar sny mens nie die vleis vol plestieks nie??

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:34 am
by jamalley
Nee, nie regtig nie, onthou jy saag dit as dit gevries is

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:43 am
by cassie_calvinia
my mince is gevries. wil sommer maak as die mince ondooi, en vuur toe met hulle. ek wil net braai, weet nie wat is fout nie...

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:48 am
by Carl
Cassie,
As ek 'n hamburger maak lyk dit nie soos iets wat daai McDonners maak nie. Myne het styl en klas en proe soos VLEIS, regte vleis.
Ek het maar 'n voorkeur vir 'n bietjie mak vark by die wilds maalvleis....... Ek sit kruie na smaak in:
* Fyn gekapte ui, amper soos vloeistof.
* Vars roosmaryn of tiemie.
* Hoisin sous, dis Chinese BBQ, hy is effe dik en help als vasklou. Jy kan worschester sous insit maar minder want dit gaan die vleis los maak. Tannie Balls sal ook werk, nie te veel anners brand die suiker.
* Sout en peper.
Ek rol die maalvleis in 'n bal. Die manne kry 'n krieket bal, vrouens snoeker bal en die kinders golf bal. Sit in die yskas laat dit afkoel. (Hoe meer jy die vleis bewerk hoe meer klewerig raak dit, maar dan sit jy naderhand met 'n toegeslane patty)
As die kole, gas, plaat of wat okal reg is bring ek die balle uit. Druk hom sommer met die hand plat en sit op die braai. As hy gaar is draai jy om anders begin die goed breek. 'n Knyp rooster sal goed werk, maar ek gebruik dit min.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:49 am
by Stefan764
Cassie. Bietjie eier en bietjie bruinbrood krummels en jy is A for away. Sit sommer in die toeknyp dan spaar dit baie moeite

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:54 am
by jamalley
Ek sal Carl en Stefan se resep kombineer, uie is 'n moet, maar ek gebruik gewoonlik brood wat ek in melk laat le het. My vrou het 'n Tupper patti maker, maar as ek haastig is doen ek ook die bol ding en druk hom plat

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:54 am
by Pappabeer
Carl, daai resep klink goed. Ek maak myne ook maar so met bietjie eier, uie, kruie, en hy bind goed.

Is daai patti press wat mens by die koopersaie of Freddie hirsch koop die moeite werd? Ek wik en weeg nou al lank oor een

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:56 am
by Jakkalsgat
Cassie

Al die speserye wat jy kry is nie altyd lekker vir my nie daarom gebuik ek sommer dieselfde boerewors resep en stop dit in daai sakke.
2l bottel werk ook maar jy moet plastiek afsny voordat jy dit opsaag. Dan kan jy saagsels weer vir hond voer ook.

Vir ontdooide maalvleis in vrieskas die volgende.

Speserye, sout en peper volgens jou keuse na smaak.
Hawermout en 1 eier om te bind
sny ui fyn

Meng alles saam
Rol Bolle
Druk plat Braai op vuur of in pan

Eet jouself so versadig dat jou naeltjie soos ghriesnippel leik.

Groete

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:57 am
by Stefan764
Jakkalsgat wrote: Drik plat Braai op vuur of in pan
* Druk

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:01 am
by jamalley
Nee manne, stadig nou met die lekka goed, netnou maak Cassie weer ontbyt en koggel ons met 'n foto

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:03 am
by Jakkalsgat
Jakkalsgat wrote:Cassie

Al die spiserye wat jy kry is nie alteid lekker vir mui nie daarom gebryk ek sommer dieselfde boerewors risep en stop dit in daai sakke.
2l bottel werk ook mar jei moet plasties afsnui voordat jy dit opsaag. Dan kan jy saagsels weer vir hond voer ok.

Vir ontdooide maalvluis in vrieskas die volgende.

Spiserye, sout en peper volgens jou keuse na smaak.
Hawermout en 1 yer om te bind
sny ei fuin

Meng alles saam
Rol Bolle
Druk plat Braai op vier of in pan

Eet jouself so versadig dat jou naeltjie soos ghriesnippel leik.

Groete
Stefan764 wrote:
Jakkalsgat wrote: Drik plat Braai op vuur of in pan
* Druk
Stefan, ek het reggemaak dankie gaan net weer vir my na asb

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:06 am
by VdWalt
Jille is lekker steitig so op die Maandag oggend.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:08 am
by Stefan764
Lyk nou reg dankie Jaco.

Net bang Cassie maak dalk n fout met sy nuwe resep agv swak spelling. Sien dit raak deesdae al hoe meer aanvaarbaar op sosiale netwerke en Jaracal ook...

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:10 am
by Jakkalsgat
Stefan

Ek stel voor, lees weer! ;D

Groete
Jaco

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:11 am
by cassie_calvinia
dankie manne! ek sal hom wen!
henk sal maar proef konyn wees waneer hy kom. arme man gaan vleis eet tot hy nie meer wil nie.
hoop nie sy vrou is te kwaai nie!! want ek het nie slaai nie!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:14 am
by Stefan764
Hahaha. OK die boonste een lyk reg bedoel ek! Nie jou reply gelees nie hehehehe

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:19 am
by Carl
Amper so! Dit moet basies amper onmoontlik wees om die sonder sterk hande te kan eet! Gewoonlik sĂȘ ons dis 'n PG burger (parental guidance) gaan nie mooi wees as jy eet nie >:+ :laugh:

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:22 am
by jamalley
Sien julle manne wat gebeur so op 'n man se nugter maag, IEMAND KOGGEL JOU!!! MET 'N FOTO OF 3

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:24 am
by Stefan764
jamalley wrote:Sien julle manne wat gebeur so op 'n man se nugter maag, IEMAND KOGGEL JOU!!! MET 'N FOTO OF 3
Hahahaha!!

Lag-Lag my gunsteling topic vir die oggend! Maak my Maandag sommer lekker!

Dankie Cassie vir jou onkunde is Burgers maak, dit het n fris glimlag op my ronde bakkies vanmore hehehe ;D

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:28 am
by jamalley
Ek stem saam!! Dit is vir my lekker om te sien en te hoor die manne gebruik hul wildsvleis vir iets meer as net bilting en droe wors. MAAR EK HAAT die FOTOS as ek nie agter die bord kos sit nie.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:29 am
by ROBBIE1
Cassie daai burger lyk gevaarlik!!!

Ek pm jou met my reseppie.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:30 am
by cassie_calvinia
dankie manne! ek in nou opgewonde!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:35 am
by Spanner
Net soos Jaco, hou ek ook van rou oats/hawermout in die maalvleis as dit gemaal word. Ek proe dit glad nie as die patty gaar gemaak is nie, dit help met die bind van die vleis en ek het bevind dat die oats die heerlike vleissappe opsuig en die patty is sappiger met die oats in, as daarsonder. Ek sit 1kg oats op so 30kg maalvleis. Dit werk ook baie goed vir braaiwors.

Carl, daai burger kort nog net 'n sag gebraaide eier en skywe argurkies op ! Met baie chilliesous, en 'n dik sny goudgeel soetmelk kaas wat so begin smelt op die hoeke. Persoonlik verkies ek 'n yskoue bier saam met die burger, maar ek sal nog die rooiwyn probeer ! Dit lyk goed man .