Page 1 of 1

"Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 8:44 am
by Marc
Wie van julle was ooit vertel van so iets, daar is soveel kennis wat verlore gaan saam ons voor ouers



Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 9:05 am
by FCLoretz
Marc watse effek sal chokes he op die cut shells?

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 9:13 am
by G-force
Ken hom ja.Adrian Rosslee het dit ook al gedoen as ek kan reg onthou.

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 9:17 am
by vriell
Baie interessant.

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 9:34 am
by Marc
FCLoretz wrote:Marc watse effek sal chokes he op die cut shells?
Ek het geen idee nie, juis hoekom ek hier onder die wyse manne kom vrae. Ek het dit sopas op die net raakgeloop, het nog nooit daarvan gehoor nie

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 9:38 am
by FCLoretz
Dankie Marc,

Dan my vraag aan die slim manne. Wat se effek, indien engie, sal die verskillende chokes het op so "cut shell"

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 12:23 pm
by Rasmus
As jou geweer n vaste choke het, behoort jy nie moeilikheid op te tel nie.

Ek sal versigtig wees met n multichoke geweer, veral as jy full choke wil gebruik.

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 5:42 pm
by Wismit
Het dit al baie geskiet met my mossberg pompaksie, maar dit werk nie so lekker in my pel se semi-auto nie, die stuk van shell wat agter bly wil nie extract nie.

Baie potent die goed !!

My pa het in die aande langs sy bed in sy side by side een cutshell en in die ander loop 'n AAA.

W.S

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 6:52 pm
by Beretta
Die chokes maak jou loop as ek dit so kan stel dunner voor afhangend van watse choke jy gebruik hoop dit help
Beretta

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Fri Dec 06, 2013 7:48 pm
by Danie Lombard .243
Dit is sekerlik die mees interesante skiet storie wat ek ooit gesien het. Kwaai !

Re: "Cut Shells" wie weet hiervan

Posted: Sun Dec 15, 2013 6:24 pm
by mossie
Hallo
Lees die een nou eers raak. Het sit al n paar keer gedoen en dit werk. ek sal dit net nie permanent doen nie, ek dink die forcing cone net voor die kamer vat hammering en so ook op n styf- gechokede gun. Die plastiek van die dop neig ook om baie erger neer tr slaan op die loop en kos n bietjie skrop om skoon te kry. Variasie op n tema - vou n haelpatroon oop en gooi die korrels uit. gooi n paar korrels terug en drup n paar druppels kerswas op. Herhaal hierdie proses-korrels, kerswas,korrels, kerswas tot die dop vol is-jy gaan n paar korrels oorhou a.g.v. die volume oorgeneem deur was.Moenie baie was drup nie en kyk dat dit nie langs die pluisie inloop nie. Hierdie ding se korrels bly bymekaar tot op impak en maak dan oop. Nogal indrukwekkend om dit te sien op n 5 liter kan water of n booswigtige vark op korterige afstand.

n "Casting" van kersvas in n pluisie en mooi getrim op lengte vir die huls skiet n barshou op kort afstand- verloor net gou sy spoed a.g.v. ligte massa. Het al met so "casting" en twee lg korrels daar ingedruk voor die was stol, n bees op tien tree so dood soos n lappop geskiet.

Groetnis

MOSSIE