Page 1 of 2

Skaap afval vraag?

Posted: Fri Dec 13, 2013 8:23 pm
by mariusr
Mense ek het vanaand weer lekker skaap afval gemaak! My vingers af geeet! Maar hoekom is daar altyd een of twee pootjies wat nie sag kook nie maak nie saak hoe lank die gaan nie? Het dit nou al paar keer agter gekom? Het dit te doen met die voor en agter pote? :): :o Die pens is altyd heerlik sag maar dan kry jy die twee taai pote? Verstaan dit nie :o

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Fri Dec 13, 2013 9:51 pm
by vriell
Versadig ????? Komaan dis nie regverdig nie Marius ........Ek sal die "taai" dele enige tyd vat...

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Fri Dec 13, 2013 11:43 pm
by JohanP
Dis die skaap se linkerkantste pote. Daai pote is gewoonlik aan die suide kant, wat die skadu kant in die suidelikke halfrond is. Sjinese skape is weer anderste om.. Die regterkantste pote (noordekanbt) kry baie meer son gedurende die skaaop se lewe, en is dus "gaarder, wanneer jy dit in die pot gooi.
As julle dink dis sommer bog stories... kyk bietjie hoe skape stap... Altyd regtersy na die Noordekant toe... :-)

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 6:48 am
by mariusr
Dankie Johan weet nou nie of jy my been trek nie!? Ha ha! Maar dis intressant!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 7:04 am
by mariusr
Soos julle sien daar le die taai poot bo! Die ander is uit mekaar gekook! Die brakke staan gewoonlik tou vir daai een! He he!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 7:52 am
by JohanP
mariusr wrote:Dankie Johan weet nou nie of jy my been trek nie!? Ha ha! Maar dis intressant!
Ek trek sommer net been... :-D

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 7:59 am
by douw
JohanP wrote:Dis die skaap se linkerkantste pote. Daai pote is gewoonlik aan die suide kant, wat die skadu kant in die suidelikke halfrond is. Sjinese skape is weer anderste om.. Die regterkantste pote (noordekanbt) kry baie meer son gedurende die skaaop se lewe, en is dus "gaarder, wanneer jy dit in die pot gooi.
As julle dink dis sommer bog stories... kyk bietjie hoe skape stap... Altyd regtersy na die Noordekant toe... :-)

Die skape wat meestal son van voor kry oppad veld toe se boorbene is dan dus sagter? En die wat wegstap van die son se agterpote dan gaarder? ;D ;D ha-ha jou ou grapgat >:+

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 8:40 am
by FCLoretz
JohanP wrote:
mariusr wrote:Dankie Johan weet nou nie of jy my been trek nie!? Ha ha! Maar dis intressant!
Ek trek sommer net been... :-D
Dankie Johan, ek het nou lekker gelag.

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 8:56 am
by mariusr
Miskien moet die slaghuise die pote begin merk? Lings en regs pote! Ha ha!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 10:01 am
by ROBBIE1
Ja Johan daai was nou die stelling van die dag hoor, >:D !!

Ek het al agter gekom as jy jou eie skaap se afval laat krap, kry jy nie daai ding nie, want dit is die selfde skaap se pote. Wat met die groothandel van afval gebeur is dat die pote apart in massa verwerk word, en dan word dit net opgemaak in n paket wat jy koop. Jy kry met ander woorde dalk 4 verskillende skape se pote.

Ek kook gewoonlik my pote eers bietjie in die stoompot, so 30min, en dan pak ek die pote onder in die swartpot met die pensies bo-op, en da gaan hy vuur toe, stadig la daar genoeg tyd is om n paar wiskeys deur te werk, dan is alles mos ook lekkerder..... :laugh: .

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 14, 2013 10:43 am
by mariusr
Ja dankie Robbie dit maak sin! Het al ses pote ook in so pak gekry dan kry ou daai pote van ou taai skaap!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sun Dec 15, 2013 9:50 am
by Jacquesb
Jis manne. Julle maak nie reg om die affalletie alleen te eet nie!

Geniet.

Jacques

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sun Dec 15, 2013 9:24 pm
by theedge
Ai hoe mis ek nou uit sal maar n afval moet soek en by myself sit en eet - die klomp vroue eet mos nie die lekker kos nie, meer vir my

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Mon Dec 16, 2013 11:31 am
by ROBBIE1
Nes jy se Theedge, eks net so bly my vrou is te slim om afval en beestong te eet, nou kap ek en my dogter hulle lekkerrrrr en mamma eet n hoendertjie of tjoppie.....

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Mon Dec 16, 2013 12:05 pm
by Stefan764
Ek glo die Liewe Vader het n skaap nie toevallig sulke lekker boude, rugstringe en ribbes gegee nie...

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Mon Dec 16, 2013 12:30 pm
by ROBBIE1
Hahaha nee man Stefan, sal jou nooi as ek weer na kerrie afval pot maak, dan besluit jy self! Ons kan maar n skenkel pot ook bou as die afval jou nie geval nie.

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 10:24 am
by Gert Odendaal
Vir die manne wat `n lekker afval kombinasie pot soek wat nie weg kook nie,....pasop vir die asyn, dit gee woeste gout, vevang met suurlemoen, ek kook my pote appart, die pensies appart want die pensies gee sulke wit vlokkies af. Gebruik dab net die suurlemoen water waarin die pote gekook is om jou vloeistof aan te vul.

Die ander dele van die bees is lekker vir meer lym, gooi skaap tongetjies ook by, of n beestong wat jy na die tyd se vel aftrek en sny in stukkies om saam met die afval voor te sit.

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=27605

Lekker kombinasie die....

Gert

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 10:32 am
by Frikkiedbr
Ja nee afval is lekker.
Dis so erg by my huis dat ek nie eers lewe in netvet op die kole kan braai saam die ander vleis nie.
Die vrouens sĂȘ ek moet altyd dit gaar maak as hulle nie daar is nie.

So wanneer maak mens dit dan, aai

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:02 am
by Stefan764
Frikkiedbr wrote:
So wanneer maak mens dit dan, aai
As mens gaan jag!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:04 am
by Frikkiedbr
Ja nee Stefan, as mens gelukkig is om te gaan jag ++>:
Ander as mens na vriende toe gaan wat dit wel eet ;D

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:13 am
by ROBBIE1
Frikkiedbr wrote:Ja nee Stefan, as mens gelukkig is om te gaan jag ++>:
Ander as mens na vriende toe gaan wat dit wel eet ;D

Dan sal ons moet plan maak in die nuwe jaar Frikkie, jy en Stefan sal maar moet noorde toe kom dan bou ek n afvalpot met skillies vir voorgereg . . :): ......

>:D , Daar sal n skenkel pot ook wees vir die vroue Stef, as die afval dalk nie na smaak is nie, mag jy van dit kry hoor!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:14 am
by Frikkiedbr
Ons sal so maak, dankie Robbie lekker lekker ++>: :P

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:15 am
by Dolf014
Wie van julle familie eet saam as jy gebakte skaapkop eet??

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:17 am
by Frikkiedbr
Ek sal daai een ook graag wil probeer.
Nie my Familie nie, weet my ma sal dit eet.

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:18 am
by ROBBIE1
OOOO genade Dolf, waarvan praat jy nou!!

My dogter eet saam tong en afval en skillies, maar as daai smily op die bord le, gaan eet almal op n ander plek! Ons doen so 1 x per maand n skaapkop dag by n pel se Pub, was al tot 100manne by so ete, dan kos dit ju R150-00 vir jou eie kop, stampmielies, soetpampoen en groenbone. Magtag hoe water my bek nou sommer weer!!