Page 1 of 2
Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 10:35 am
by Reggie Gerber
More
Ek wil graag hoor by die manne wat FoxPro roepers gebruik en spesifiek die spitfire of hulle al die problem tee gekom het.
Ek gebruik herlaaibare batterye en maak seker dat hulle elke keer vol "gecharge" is.
Die laaste twee aande wat ek gaan roep het het die volgende gebeur:
Na ek vir so half uur geroep het met stiltes tussen in gaan die roeper dood. Die remote bly aan maar kan niks verander op die roeper nie. Toe ek die roeper gaan haal kon ek erg "static" hoor. As ek die roeper dan af en weer aan skakel werk hy weer vir so drie minute. As ek hom nader aan die bakkie sit werk hy langer voor hy dood gaan.
Ek sit gewoonlik die roeper so tussen 60m en 80m afhangend van staanplek.
Enige raad sal waardeur word
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 12:53 pm
by Cobus(Cobb)
ek gebruik net energiser bat,koop pakkies van 6 hou maklik 4 aande.
was jy naby/onder kragdrade?
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 2:24 pm
by Reggie Gerber
Hi Cobus
Ek was nie naby kragdrade nie.
Bedoel jy dat jy alkaline batterye gebruik?
Hoe maak jou roeper as die batterye pap raak? Ek het gedink die groen lig moet flicker maar myne bly aan en net die klank hou op.
Reggie
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 2:38 pm
by cassie_calvinia
spitfire kan maar snaakse goed begin doen. myne het ook mal geraak.
koop ander een! en gebruik die spitf vir 'n backup.
ek gebruik weer net rechargeable batterye. nog nooit, enige problem gehad nie
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 2:40 pm
by Cobus(Cobb)
yip,gebruik alcalne btrye,liggie flikker ja.
as ek naby kragdrade is,het ek static en is my range baie klein.
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 3:21 pm
by Reggie Gerber
Dankie Cobus
Lyk my ek het ander problem dan.
Sal ook alkaline batterye probeer
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Dec 18, 2013 3:41 pm
by Braamgr
Reggie ek gebruik ook rechargeable batteries en myne hou 'n hele paar aande. As hy pap begin word flikker die liggie.
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 7:03 am
by Reggie Gerber
Hi Manne
Ek kon gistraand weer bietjie uitgaan en het die volgende beleef.
Ek het splinter nuwe batterye in die roeper en remote gesit voor ek uit was.
Ek het nie onder of naby krag drade geroep nie.
Roeper so 60m van bakkie af.
Op staanplek een het ek standaard geroep aan en af vir so twintig minute toe die roeper nie van mute af wou gaan nie. MAW hy reageer nie as jy die klank wil laat speel nie. Kan ook nie klank ruil nie die roeper bly stil.
Ek het die roeper gaan haal en hy het so kwaai static klank gemaak.Toe skakel ek hom af en weer aan en hy werk toe weer vir so 30min om net weer die selfde probleem te gee.
Het ek raad of n nuwe roeper nodig?
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 9:51 am
by Francois Marais
Reggie
Sit jy dalk jou roeper oppi grond, het ook al so iets teegekom as my roeper oppi grond staan, probeer hom so 2-3 feet elevate en kyk ook dat jy line of site het na jou roeper toe.....dink nie dit het iets met batt te doen nie, gebruik net rechargebles en nooit probleme gehad met hulle nie.....
Mooi loop
Francois
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 10:04 am
by Doepie01
Reggie
Ek stem saam met Francois. Spitfire moet gelig word van die grond. Wat ek ook al gekry het is dat as die klank nie wil verander nie, ek die volume op die remote heeltemal af stel en dadelik weer na 5 en dan weer na 3. Druk dan weer send, en dan werk hy. Weet nie hoekom nie? Maar dit werk.
Groete
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 11:24 am
by Reggie Gerber
Hi FM En Doep
Dankie vir die Hulp met problem solving.
Ek sit my roeper omtrent 1.2m van die grond af op my pap gooi mik stok

en maak seker hy is nie agter bome ens.
Ek het vanoggend met n dame by Jackalpro gepraat waar ek hom oorspronklik gekoop het en ek moet hom na hulle toe stuur. As hulle nie kan vasstel wat fout is nie gaan hy USA toe.
Lang storie kort het ek vanoggend vir S&O (Stef) gekontak en n nuwe (laat kers geskenk) wildfire behoort more hier te wees.
Sharks Groete
Reggie
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 2:07 pm
by NicoSmit
Wat kos 'n nuwe FoxPro ?
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 2:28 pm
by Mac
Nico,
Om te vra "Wat kos 'n nuwe Foxpro?" is net so goed jy vra "Wat kos 'n nuwe bakkie?"
Wees darrem bietjie meer spesifiek as jy antwoord soek.
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 3:00 pm
by Reggie Gerber
Ha ha Mac good one
Nico. Ek het n wildfire bestel en S/O (Stef) het my R3000 gevra maar daar was darem n afslagie ook

. Sonder dat ek gevra het. Dankie Stef
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 4:20 pm
by Stefan764
Plesier ou maat. Bly ek kon help!
Re: Spitfire Probleem
Posted: Thu Jan 02, 2014 8:58 pm
by NicoSmit
spitfire = 2de wereld vegvliegtuig
wildfire = brande in Australie
Fox pro = julle weet, waste modelle is daar ,watter is nog op die mark?
Re: Spitfire Probleem
Posted: Fri Jan 03, 2014 5:38 am
by Reggie Gerber
Nico
Daar is klomp modele wat deur foxpro gemaak word. Die name ken ek nie almal nie.
Maar Oom GOOGLE sal jou seker kan help

Re: Spitfire Probleem
Posted: Fri Jan 03, 2014 6:43 am
by Mac
Re: Spitfire Probleem
Posted: Fri Jan 03, 2014 7:30 am
by NicoSmit
so ek neem aan die wildfire en fury ishier te kry?
Re: Spitfire Probleem
Posted: Fri Jan 03, 2014 10:18 am
by Reggie Gerber
As die nuwe Wildfire kom gaan ek die Spitfire na Alan Truter toe stuur en kyk of hy hom kan regkry. Anders moet hy USA toe gaan.
Sal julle op hoogte hou van kostes ens.
Gaan sommer n e-mail na FoxPro toe stuur en kyk wat se inligting ek by hulle kan kry oor die problem.
Re: Spitfire Probleem
Posted: Sat Jan 04, 2014 8:51 am
by Reggie Gerber
Net n bietjie terugvoering sover
Ek is baie beindruk met FoxPro USA se diens.
Ek het gister vir hulle n mail gestuur oor my problem en tot my verbasing het ek vanoggend n boodskap terug ontvang met n paar vra. Het nou ge antwoord en sal seker weer iets Maandag van hulle af hoor.
Groete
Re: Spitfire Probleem
Posted: Sat Jan 04, 2014 12:09 pm
by Francois Marais
Reggie
Ek is baie beindruk met FoxPro USA se diens.
Ja hulle is sommer lekker oppi ball...
Mooi loop
Francois
Re: Spitfire Probleem
Posted: Tue Jan 28, 2014 5:35 am
by Reggie Gerber
Manne
Ek het toe die roeper na Jackal pro toe gestuur en gister van hulle verneem dat hy na Foxpro USA toe gestuur moet word.
EK het toe maar ingestem dat hulle hom kan stuur en hoop dat die R1300 posgeld die moeitewerd gaan wees. Die dame het my vertel dat Foxpro gewoonlik die roepers verniet reg maak.
Ek hou maar duim vas dat my roeper reg sal terugkom.
Re: Spitfire Probleem
Posted: Tue Jan 28, 2014 7:22 am
by johans
NicoSmit wrote:so ek neem aan die wildfire en fury ishier te kry?
ja nico,hulle is hier
Re: Spitfire Probleem
Posted: Wed Apr 30, 2014 6:31 am
by Reggie Gerber
Manne
Ek het gister my faktuur van Jackalpro ontvang.
Roeper was USA toe en terug en gaan nou aan my gepos word.
Kostes omtrent R1000
Hoop hy is nou reg