Page 1 of 1

Voël jag

Posted: Wed Jan 01, 2014 1:00 am
by Vlooi1996
Ek is opsoek na 'n plek waar mens lekker kan voëls skiet. Ek is bereid om 'n billike dagfooi te betaal. Ek is opsoek na duiwe en as iemand weet van 'n plek met lekker kolgaanse sal dit ook gaaf wees. PM my as julle van 'n plek weet rondom pretoria. Ek is bereid om so tot 300km te ry as die prys reg is en die voëls vollop. Dankie

Re: Vo

Posted: Wed Jan 01, 2014 6:50 am
by junglejulian
Jammer ek is bietjie ver vir jou maar ek kom nounet terug van kolganse skiet af.ons het seker 30kolganse en makkoue geskiet.ons sal later vandag weer n slag gaan skiet.ons skiet tussen jakobsdal en luckhoff op die besproeiingslande.ek het al tot 400 ganse op n land getel.

Re: Voël jag

Posted: Wed Jan 01, 2014 10:13 am
by Roger
Ek het plekke hier, PM my dan gesels ons. Ek is so 270km van jou af.

Roger!

Re: Voël jag

Posted: Fri Jan 17, 2014 12:49 pm
by rynhardt.munnik
Hi

Enige plek waar ons more (17/01/2014) saam kan kom voels skiet?

Re: Voël jag

Posted: Fri Jan 17, 2014 5:17 pm
by Kallie404
Sommer net so met die intrapslag.......................... :-[

Re: Voël jag

Posted: Fri Jan 17, 2014 5:33 pm
by Pappabeer
Kallie404 wrote:Sommer net so met die intrapslag.......................... :-[
Ja nee wragtig... Wil jy my bakkie ook leen? Sal ek hom vol diesel maak en en my haelgewere en 300 patrone agter die sitplek los?

Gepraat van wil spyker op 'n eerste date... :):

Re: Voël jag

Posted: Fri Jan 17, 2014 8:34 pm
by Carl
Pappabeer wrote:
Kallie404 wrote:Sommer net so met die intrapslag.......................... :-[
Gepraat van wil spyker op 'n eerste date... :):
Dewald, jy sê dit so asof dit verkeerd is!? ;)
Ek wonder ook of die seisoen oop is? Kransduiwe ja.

Re: Voël jag

Posted: Fri Jan 17, 2014 8:47 pm
by tripodmvr
Normale voëljag open op die 1ste Mei en eindig 31 Augustus. Let net daarop dat kransduiwe nie in Gauteng as ongediertes (peste) geklassifiseer is nie. Slegs die Vrystaat beskou hulle so en daar kan hulle deur die jaar geskiet wod. Ek is nie seker oor die ander provinsies nie.

Re: Voël jag

Posted: Sat Jan 18, 2014 7:03 am
by Roger
Manne, hy het my gePM oor rockys, ek is in die FS.

Re: Voël jag

Posted: Sat Jan 18, 2014 9:10 pm
by Capt. Yoda
Pappabeer wrote:
Kallie404 wrote:Sommer net so met die intrapslag.......................... :-[

Gepraat van wil spyker op 'n eerste date... :):
LMGA!