Page 1 of 1
Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 11:53 am
by Geno
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 12:01 pm
by Reggie Gerber
Dankie Geno
Jason ken sy storie en die pilot mag maar vlieg
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 12:20 pm
by James Wilson
Geno, in Amerika het hierdie so gewild geraak, dat dit as jagte aangebied word. Die eeste plek wat dit in SA ook gaan doen, is my plek bespreek.
Weet jy wat se kamera gebruik hy?
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 12:27 pm
by Geno
Hy het 'n GoPro gemonteer op 'n fietsry helm.
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 12:33 pm
by hennief
Woorde kan nie beskryf hoe lekker dit lyk nie!
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 12:35 pm
by ROBBIE1
Ja nee daai man lyk gevaarlik agter daai roer! Wonder watse haal gebruik hy?
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 1:03 pm
by Frederik
Dit moet seker 'n lekker rush wees ek het al self so volstruis op volspoed op 180 meter so laat rol in die stof maar van 'n bakkie af.
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 1:16 pm
by Frikkiedbr
Ja nee die man kan maar skiet so ook die ou wat vlieg.
Dankie Geno
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 1:45 pm
by Jakkie07
mense dit sit nie in enige ou se broek.
eerste ding wat by my opkom as ek dit kyk is volgende.
http://www.youtube.com/watch?v=ym4VmVwd24c
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 2:12 pm
by Alwyn
Jason jou YSTER
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 7:40 pm
by douw
Dankie vir die plaas van die video!
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 9:37 pm
by VdWalt
Dit wil gedoen word, ek sal darm bang wees die bok stop en ek volg hom en skiet my in die voet!
Re: Jason se videos
Posted: Tue Jan 07, 2014 10:44 pm
by Ooploop
Hy is vetterig!
Re: Jason se videos
Posted: Sun Apr 13, 2014 6:00 pm
by Vlooi1996
Netjies
Re: Jason se videos
Posted: Sun Apr 13, 2014 7:29 pm
by Johan Nel
Kêrels,
Ek het die snit gekyk. Ek besef dat die tipe praktyk 'n plek het en moontlik nodig is om verskeie redes, maar dis regtig nie vir my nie. Ek persoonlik sal nie met 'n oop gemoed skoot vir skoot 'n dier so wil neervel en gemaklik met myself wees daarna nie. Weereens, ek veroordeel niemand nie, maar dis beslis nie vir my nie.
Re: Jason se videos
Posted: Sun Apr 13, 2014 7:54 pm
by Armand Steenkamp
Ook nie vir my nie. Maar bleddie goeie skietwerk!!
Groetnis
Re: Jason se videos
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:23 pm
by Johan Nel
Armand Steenkamp wrote:Ook nie vir my nie. Maar bleddie goeie skietwerk!!
Groetnis
Ja-nee, ek stem eenhonderd persent saam, skoot na skoot, val die dier. Ek dink ek het eenkeer gesien waar hy twee skote op een van die bokke moes neem. Dit sit nie in my broek nie.
Re: Jason se videos
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:06 pm
by Chevvy SS
Johan Nel wrote:
Kêrels,
Ek het die snit gekyk. Ek besef dat die tipe praktyk 'n plek het en moontlik nodig is om verskeie redes, maar dis regtig nie vir my nie. Ek persoonlik sal nie met 'n oop gemoed skoot vir skoot 'n dier so wil neervel en gemaklik met myself wees daarna nie. Weereens, ek veroordeel niemand nie, maar dis beslis nie vir my nie.
+1
Re: Jason se videos
Posted: Tue Apr 15, 2014 8:58 am
by Stefan Fourie
Dit lyk na vet pret, maar ek sal ook nie sommer wild so skiet nie. Jakkalse en varke is 'n ander storie, skiet hulle uit 'n microlight en gyro so.
Ooploop, Werner vlieg weer gereeld, jy moet kom kuier dat jy ook 'n slag houe op die varke kan kry. Jaaa Ribbok, jy is ook welkom.
Groete
Re: Jason se videos
Posted: Tue Apr 15, 2014 10:10 am
by stan man
ek het laas week my semi auto gekry,en ek oefen nog fluks om my oog in te kry met hom.
het in 4 dae 9 grondhonde 2 fisante n paar tarentale en n paar duiwe en so ook n dassie kon neersit. dan het ek die naweek ook deel geneem aan n kleiduif kompetisie met die nuwe roer.
ek hoop om ook eendag die voorreg te mag he om so uit n "melikopter" te kan skiet.
jason jy maak my gras groen van jaloesie.
mooi gedoen
Re: Jason se videos
Posted: Wed Apr 16, 2014 5:41 pm
by tau
Nee wat briljant. Lae impak op die veld en jy kan in eendag baie bokke afhaal en dan kan die diere weer normaal aangaan. My pa se Gyro sal moet verbykom en dan gaan ons boerbokke moet koes.