Page 1 of 1
springbok jag
Posted: Mon Jan 13, 2014 10:27 pm
by Charles.308
Naand manne
Ek is nogsteed opsoek na n plek om springbok/blesbok/takbok te kan jag so 300km raduis van Caledon, laat weet as julle weet van iemand,
Dankie
Charles
Re: springbok jag
Posted: Tue Jan 14, 2014 8:14 am
by smitjs
Ek het jare gelede heelwat takbokke geskiet op Fairfield, tussen Caledon en Napier. Een pragtige ram ook met my .44 Magnum rewolwer bekruip en geskiet. Ek het ook elke keer dat ek daar was, vir sy vrou, die prinses, 'n takbok kopskoot geskiet.
Hulle pryse het later hoog geraak soos hulle baie gewild geraak het by die Kapenaars. Toe het ek nie meer belang gestel nie. Nadat PK vd Byl oorlede is en Dirk, die plaas bestuurder daar weg is, het ek kontak verloor.
Dis nie al plaas daar nie, die hele bergreeks van Napier Caledon se kant toe het takbokke. Daar is nie eintlik 'n manier om hulle verspreiding in so 'n reeks rante te keer nie. Fairfield het seker die meeste gehad, en die jaghuisie was aangenaam. PK vd Byl het my een keer gevra om die takbokke op sy plaas te tel. Ek het hoog al om die rant beweeg, en die groepe wat ek kon sien getel. My uiteindelike skatting was dat daar ongeveer 'n duisend takbokke (Fallow deer) op daardie plaas was.
Ek het gehoor daar was 'n brand in daardie rante, so die getalle is seker baie uitgedun.
Nogtans, van Caledon af is dit nie ver nie, ek sou moeite doen om Napier se kant toe langs die reeks rante plase te besoek.
Groete
Johan Smit
Re: springbok jag
Posted: Tue Jan 14, 2014 8:25 am
by GreyGhostGear
Charles, ry so paar km's verder dan gaan jag julle by Tokkels (Tokjak). Lekker jag, lekker verblyf, lekker mense en billike pryse. (Net voor Aberdeen).
Anders kan jy na
www.vaalleegte.co.za ook loer (Merweville).
Groete
Re: springbok jag
Posted: Tue Jan 14, 2014 10:18 pm
by Charles.308
Greyghostgear-die beste van als ek kom van daardie kant af die Oos Kaap, nou sukkel ek met jagplek, altans ver ry vir jag, waar jag julle meestal?
Dankie
Re: springbok jag
Posted: Wed Feb 19, 2014 10:37 pm
by Kopskoot 1 WP
Charles, hoor by die span daar by die wapenafdeling van die company vir wie jy nou werk in Bredasdorp. Daar is heelwat boere daar met springbok takbok eland en nog anner wild. Ek het 'n vriend belowe om ook die lyne daar op te tel want hy wil ook takbok skiet, sal jou laat weet. Johan is reg, daar tussen Fairfield en Napier, veral see se kant toe, is heelwat takbokke, dan ook Greyton se kant toe. Daar is ook groot aktiwiteite tussen Bredasdorp en Struisbaai, Wolvengat se kant toe met hervestiging van inheemse wild wat voorheen in groot getalle daar voor gekom het. Jou ander opsie is Ko-op op Swellendam, in daardie geweste is ook Springbok en meer Riversdal se kant toe bosbok.
Re: springbok jag
Posted: Wed Apr 30, 2014 11:58 pm
by Copper
Charles
Smaak my ek sit met dieselfde problem.
Kom an die Oos Kaap af en sit nou in die Kaap. Wil bitte graag n takbok jag, maar reken nie die bokkie die geld werd wat hul dit nou voor aanbied nie.
Kan die goed gratis in Sterkstroom skiet, maar afstand en verlof maak dit moeilik.
Sal ook graag wil hoor waar ek n takbok, springbok of blesbok kan jag
My klong word nou 8, en dis tyd vir sy eerste bok