Page 1 of 1

7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musgrave

Posted: Sat Jan 18, 2014 12:44 pm
by Bostokkelos
As ek reg onthou is dit die specs. Enige kommentaar oor die geweer?. Ek is mal oor hom en is in n absolute perfekte toestand. Blykbaar oorspronklike Musgrave. Hyt n okkerneut kolf.

Re: 7,64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?.

Posted: Sat Jan 18, 2014 12:46 pm
by Bostokkelos
Volgens wat ek kan lees. Kan ek van 110 gr tot 180 gr laai afhangende van wat jy skiet en waar. Kommentaar sal waardeer word

Re: 7,64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:42 pm
by James Wilson
Iets klink nie reg nie. 7,62 is 7,62mm, nou hoe skiet hy dan n 7mm?

Praat jy van 7x 64 Bren? Hy skiet n 7mm koeel met n dop baie soos n 30-06, maar dit is nie n 30-06 nie?

Re: 7,64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:54 pm
by Bostokkelos
Ja dis n bren

Re: 7,64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:55 pm
by Bostokkelos
Née volgens dit wat ek kan op lees is hy n 7mm nie 3006 nie, jy is reg

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:58 pm
by Bostokkelos
The 7x64mm (also unofficially known as the 7x64mm Brenneke, though its designer's name officially never was added as a part of this cartridge name) is a rimless bottlenecked centerfire cartridge developed for hunting. As is customary in European cartridges the 7 denotes the 7 mm bullet caliber and the 64 denotes the 64 mm (2.5 in) case length. The 7x64mm is a popular hunting cartridge in central Europe and can, due to its 11.95 mm (0.470 in) case head diameter and 84 mm (3.3 in) overall length, easily be chambered in standard sized Mauser 98 bolt action rifles.


Wikipedia

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 2:06 pm
by Bostokkelos
The 7x64mm offered, compared to the 7x57mm, about 10 to 12% extra muzzle velocity. This results in a flatter trajectory and better performance at longer range. In the years between World War I and World War II the 7x64mm was often regarded by German hunters as a “miracle cartridge” and dozens of different factory loads where available on the German m

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 2:08 pm
by Bostokkelos
So volgens Wikipedia is dit n 7mm. Ek vat hom! Baie opgewonde Groot fan van die Musgraves

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 3:12 pm
by NEGE3
Soos ek vestaan het Wilhelm Brenneke die 7x64 ontwikkel as 'n skerpskutter rondte vir die Duitse weermag wat 'n platter trajek as die 8x57 IS sou gee. Die Duitsers het egter by hulle 8x57 gehou met 'n ligter punt.
Goeie besluit jy kan nie verkeerd gaan nie. Ek kry myne die einde van Februarie. Bietjie frustrerend wat ek het verlede week al die lisensie gekry. Sal maar moet vasbyt.
Geluk en geniet hom.

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 3:13 pm
by tripodmvr
Jy gaan nie 'n fout maak nie. Myne is gebou op 'n P14 aksie en dit is 'n kaliber wat baie meer reklame en erkenning verdien. Hy is reeds in 1917 ontwerp.

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 3:45 pm
by GERT vd M
Ek het ook enetjie maar net vir die rekord----- Die 7x64 Bren skiet n koeel met n deursnee van 7,2mm en die .270 Winchester skiet n 7mm koeel. Alhoewel as jy gaan koeels koop om te laai dan staan daar op die pakkie 7mm. HOOP ek praat reg
Groetnis
Gert

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 4:00 pm
by Bostokkelos
Dannie kernels, ja ekt hom gekoop, en ek is happy met die besluit, veral die K98 aksie.

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 4:12 pm
by Pvdw
Gert jy praat wel reg.

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 4:40 pm
by Bostokkelos
Ja soos ek op die tabelle lees is hy grooter as 270. En net net kleiner as 30-06. Maar trek verder met n laer trajek

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 6:14 pm
by Alwin
Die 7x64 is 'n Brenneke. Dit beteken die dop afmetings verskil van die Mauser-gebaseerde doppe. Die dop is effens groter, in deursnee, as bv. die 270 en 3006.

Kyk ook na die loopspesifikasies. Die CIP groefdiameter-spesifikasie is 0,285". Dis dieselfde as bv die 7x57 s'n. Al die amerikaanse 7mm's se groefdiameter is 0,284". Net vir die interessantheid, PMP se 7mm koeëls is 0, 283".

Daar is dus verskillende spesifikasies, op verskillende 7mm's. Kies 'n koeël wat by JOU geweer se groefdiameter pas. Verkeerde diameters veroorsaak probleme.

Die 7x64 gee baie goeie verrigting. Dit kan dieselfde koeëlgewig as die 7mm Rem Mag skiet, teen ongeveer 100 fps stadiger, maar met heelwat minder dryfmiddel. Akkuraatheid is gewoonlik baie goed.

Re: 7x64 skiet 7mm punt met 3006 dop. K 98 Mauser aksie?Musg

Posted: Sat Jan 18, 2014 9:31 pm
by NEGE3
Bostokkelos wrote:Dannie kernels, ja ekt hom gekoop, en ek is happy met die besluit, veral die K98 aksie.
DIs vir my een van die mooiste aksies wat nog ooit ontwerp is. Die Mona Lisa van aksies.