Page 1 of 1
Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Jan 13, 2011 12:10 pm
by Riaan Bensch
Ons doen plaagbeheer enige plek in Mphumalanga , ons is ervare bosvark jagters wat u graag sal help om hulle getalle te beheer. Ons vra nie vergoeding nie slegs vergunning.....dit kos u nie geld nie. Ons waarborg n' skoon profesionele diens.
Ons het verwysings beskikbaar op aanvraag.
U kan ons kontak via e-pos by:
riaan.bensch@yahoo.com
"PROELIO PROCUSSI"
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Jan 13, 2011 12:25 pm
by Raven
Hallo Riaan
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Jan 13, 2011 2:25 pm
by BLOK
Riaan hallo.
Jy moet kyk na jou spelling, " proelio procussi " dis nie hoe mens dit spel nie. Kom ek jou reg help.
Proe n leeu proe kosnie
Blok
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Jan 13, 2011 7:25 pm
by Andy
Riaan,
Van waar af jag julle en in watter omgewing?
Andy
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Fri Jan 14, 2011 12:24 pm
by namhunt
Lyk na 'n tref en trap een.

Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Fri Jan 14, 2011 12:52 pm
by BLOK
Lyk vir my weer na net adverteer en dink hy kry kliente.
Blok.
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Mon Jan 17, 2011 9:46 am
by Andy
Dit lyk defnitief so, ek jag elke naweek in Mpumalanga bosvarke.
Het egter nog nooit van hulle gehoor nie.
Andy
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:11 pm
by Riaan Bensch
Dagse RAVIN, BLOK,ANDY,NAMHUNT en ander , dis jammer ek kyk so min na die site....het nie regtig tyd om te 'surf" nie sou daarvan gehou het om dadelik jul te kon antwoord.
Andy, ons jag meer indie Badplaas omgewing, Ek begin nou meer Hoeveld se kant toe skiet met redelike sukses,die varke hier is meer verwiller..... seker maar van "cowboys" wat dink hulle kan jag en dan stront aan jaag.
Jag julle met honde?
Blok, ek het nie regtig nodig om te adverteer nie.....Probleemdiere is presies wat dit is en daar is nie genoeg hulp aan die boere om die probleem op te los nie. Tot nou onlang toe was daar nie regtig so groot negatiewe impak gewees in die Hoeveld a.g.v varke nie,maar nou ruk hulle getalle hande uit!
RAVIN, dagse maat..... hoop om meer van j te hoor.
Riaan Bensch
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:14 pm
by DWB
Waar in die Ho?vel jag julle?
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:27 pm
by 300Winmag
8 maande tussen nr 1 en nr 2 posts

Moet seker een of ander rekord wees.
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:28 pm
by DWB
Hehehe, noudat jy dit noem

Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:29 pm
by Riaan Bensch
DWB , Ons jag tans van Ermelo tot by Kriel / Secunda en het ook plase by Middelburg wat ons genooi het om te skiet.
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Sep 15, 2011 10:28 am
by Rambo
So Riaan... Jammer julle mis uit op die naweek se jag.

Ek hoor dit gaan dol daar by jou... Ek bring vir jou biltong saam!!
So wanneer kom ons vir die naweek daar by julle kuier... Pieter Jan soek iemand om saam op die motorfiets rond te jaag!
Ian
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Sep 15, 2011 11:12 am
by DWB
O ok, Ek is in Piet Retief, en Andy hulle jag rondom Piet Retief en Amsterdam en daai omgewings
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Fri Sep 23, 2011 1:29 pm
by Riaan Bensch
Hey Ian , moerse nice om jou hier raak te loop ...... ons moet beslis n' kuier naweek reel , dan bring jy jou twee 12b's saam. Hier is nou vrek baie tarentale wat aandag nodig het

.... ek sal jou bel dan maak ons so.
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Fri Sep 23, 2011 1:30 pm
by Geno
Riaan Bensch wrote:
Hier is nou vrek baie tarentale wat aandag nodig het.
Is die seisoen nie al toe nie?
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Mon Sep 26, 2011 9:14 am
by Rambo
Jip die seisoen is nou toe... Maar ek en Riaan kom net so min bymekaar dat ons nou al sal moet begin reel vir volgende Jagseisoen

... Ons sal onself nou maar met die ongediertetjies moet besighou!
Dit en daai "mirages"... Die bosduiwe!
Riaan... Woensdag kom 'n nuwe familie lid by ons aan... Sy sal nou nie leer bosvarkjag nie, maar 'n man kan nie in die veld stap met jou haelgeweer sonder die hulp nie!!!
[img width=560 height=372]
http://i575.photobucket.com/albums/ss19 ... re3391.jpg[/img]
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Mon Sep 26, 2011 10:12 am
by blaser
wat se honde is dit
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Mon Sep 26, 2011 2:08 pm
by Rambo
English Springer Spaniel... "working stock"
Re: Plaagdier beheer in Mphumalanga
Posted: Thu Feb 23, 2012 3:19 pm
by Rambo
Sien joudie naweek Riaan... Hoop daar gaan heelwat varkies bakkie ry!