Page 1 of 1
IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Tue Jan 21, 2014 11:25 pm
by mossie
Naand
Ek het twee mooi swartkruitgewere- n451 in-line en n 54 kal deer stalker.
Baaaaaie lank laas swartkruit gekoop en moet nou mos die competency doen.Gesien in die lig van die beskikbaarheid van swartkruit en die laaste pryse wat ek van gehoor het - is dit nog die moete werd om hulle te bedryf?
Ek hoor graag julle mening
MOSSIE
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Wed Jan 22, 2014 7:49 am
by vriell
Ja !!!!! enige iets wat met gewere te doen het bly altyd die moeite werd.Gaan doen die competency. Jy sal in elkgeval bitter min kry vir daai gewere.Swartkruit is duur maar dit bly nog lekker om die ou voorlaaiers te skiet.Myne moet maar na die kleinkinders gaan eendag.Ek gaan die oudste nou begin leer skiet met myne en hopelik sal dit sy belangstelling prikkel.Jong mense word te min blootgestel aan die gewere.Elke nou en dan as ons op die plaas kom en daars jongmense skiet hulle met myne en geniet dit vreeslik...maar bly nog jou keuse.
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Wed Jan 22, 2014 8:03 am
by Roger
Ek sal myne hou. Sal nie verkoop nie.
Met die kruit wat nou baie duurder is, skiet ek net minder. As ek nie kan skiet nie, kan die gewere ge-olie staan in die kluis, hulle eet niks.
Roger!
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Wed Jan 22, 2014 8:39 am
by LUAN
Ek het ook een maar hy skiet ook nie meer wil nog so graag iets met hom jag die jaar. Het nog so bietjie kruit oor en het my akurate ladings en koeels so as ek die kans kry dan is ek reg. Sal hom nie verkoop al staan hy net daar dit bly n awesome ding vir my.
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Wed Jan 22, 2014 10:03 am
by Wildeboer
mossie wrote:Naand
Ek het twee mooi swartkruitgewere- n451 in-line en n 54 kal deer stalker.
Baaaaaie lank laas swartkruit gekoop en moet nou mos die competency doen.Gesien in die lig van die beskikbaarheid van swartkruit en die laaste pryse wat ek van gehoor het - is dit nog die moete werd om hulle te bedryf?
Ek hoor graag julle mening
MOSSIE
Mossie,
Watse .451 inline het jy?
N mooi gun bly maar mooi.
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Wed Jan 22, 2014 11:46 am
by Jacquesb
Ja
Soos die manne hierbo se.
Hy kos niks as hy in die kluis staan nie.
Geniet hom wanneer jy kans het al is dit 10 skote per jaar.
Groete
Jacques
Re: IS DIT NOG DIE MOEITE WERD?
Posted: Fri Jun 17, 2016 8:17 am
by Dirkonius
Dit was nog altyd die moeite werd, maar as jy skepties was kan jy nou opgewonde raak oor die nuwe plaaslik vervaardigde kruit Obatex. Sien elders op die Swartkruit forum.