Page 1 of 2

BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:38 am
by DWB
Goeie Dag Menere,

Baie Dankie aan Oom Hein vir die nodige goedkeuring en sommer die skep van 'n hele nuwe seksie hiervoor!

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Amsterdam%20School%20Buffalo%20hunt.jpg

Ek plaas die advertensie sowel as die text daarvan:

ZAMBEZI VALLEY BUFFALO HUNT - R200 per Ticket

All funds are in support of Laerskool Amsterdam

Requirements:
1—Passport
2—Minimum .375 Caliber Rifle
3—You must be over the age of 18
All funds are in support of Laerskool Amsterdam
Included:
* 1 x Buffalo
* Tented accommodation
* Services of an experienced,
professional hunter
* Full compliment of staff
* All meals / snacks
* Daily laundry service
* 4-wheel drive vehicles
* Fishing on the Zambezi River

Not included: Transfers to & from the hunt

This hunt takes place in the World Renowned Zambezi Valley famous for it’s large numbers of buffalo

The winner of the Buffalo Hunt will be notified tele-phonically on the evening of the Draw. You need not attend the function.

Ticket Draw: 25 April 2014
Telephonic entries accepted

For more Detail, please contact:
Sarah—0834542903
sarah@ufslothair.co.za

Dropbox Link vir Flyer: https://dl.dropboxusercontent.com/u/657 ... le%203.pdf

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:48 am
by Hugo
Verstaan ek reg? Geen 375 of groter, geen inskrywing?

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:49 am
by Smirre
More Deon
Klink WONDERLIK
Is die verblyf vir 1 of 2 mense?

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:02 am
by DWB
Hugo, ek het gou gebel en seker gemaak. Hulle sal wel 'n plan maak met 'n geweer as jy nie een het nie.

Smirre, die verblyf is vir een persoon. Die standaard tarief per jagter in daai area is 150 USD, maar as jy nie 'n jagter is nie behoort dit goedkoper uit te werk. Dit is ongelukkig hoe dit in daai areas werk. Dit sal die 2de persoon se kos en verblyf insluit in die 150 USD.

Jy moet self tot in Harare kom.

Groete!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:37 am
by Hugo
In daardie geval,

Koop ek mos vrydag n kaartjie of 2 of 3

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:41 am
by JAGTERSREG-JRM
Deon


Dan sal ek maar n kaartjie of twee moet koop jong

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:51 am
by DWB
Reg so manne, daar is nog min kaarties verkoop so almal se kanse is nog goed!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 12:45 pm
by Beer (Christo)
Dit sal darem lekker wees as ek die aand op my verjaarsdag gebel word om te se ek het 'n Buffel jag gewen!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 12:47 pm
by DWB
Christo ek sal dit net soveel geniet as ek op jou verjaardsdag uitvind ek gaan :D

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 1:27 pm
by VdWalt
Beer (Christo) wrote:Dit sal darem lekker wees as ek die aand op my verjaarsdag gebel word om te se ek het 'n Buffel jag gewen!
Ek verjaar die 30ste en het self gedink dit sal 'n lekker geskenkie wees!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Wed Jan 22, 2014 2:04 pm
by Beer (Christo)
DWB wrote:Christo ek sal dit net soveel geniet as ek op jou verjaardsdag uitvind ek gaan :D
Ha ha .... Snaaksie!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Thu Jan 23, 2014 7:56 am
by Smirre
Dankie Deon
Het solank my vliegkaartjie Harare toe gereel........... stoksiel alleen

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Thu Jan 23, 2014 8:05 am
by Nickvn
Hi Deon, kan ons hom nie klits met daai 9,3 van ons nie? :'(

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Thu Jan 23, 2014 9:00 am
by DWB
Oom Nick, die man wat die jag beman het self 'n 9.3, 416 en 450.

Hulle het al olifante met hulle 9.3 geskiet.

Seker mens sal 'n arm kan draai, maar ons sal moet seker maak.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Thu Jan 23, 2014 10:17 am
by JAGTERSREG-JRM
Deon

My kaartjie is gekoop en reken darm ek het groot genoeg stoke vir die oefening, so n trippie met my nuwe klylat kan definitief werk.Wanneer sal die trippie dan plaasvind of word dit op gelee tyd gereel?

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Sun Jan 26, 2014 7:07 pm
by DWB
Hoeveel van julle manne het al kaartjies gekoop?

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:33 pm
by DWB
Kom ons BUMP hom net gou weer bietjie vorentoe.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Tue Feb 04, 2014 5:57 pm
by baas
A HA, sal sommer more werk maak om n kaartjie te kry.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Tue Feb 04, 2014 6:03 pm
by DWB
Maak so Baas!

Almal se kanse is nog goed!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Mon Mar 10, 2014 10:40 pm
by Wildebloubees
Ek het juis vanaand gesoek vir 'n plek waar ek vir my Pa 'n buffel jag kan reel vir 'n geskenk, sal sommer 'n paar kaartjies moet kry.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Mon Apr 14, 2014 7:59 pm
by DWB
Die tyd raak nou lekker min!

Ek sit nou self hier en dagdroom oor daai kaartjie wat getrek word!

Kyk ek sal darm my geweersmid se arm af draai as ek nou daai jag wen!

Hy sal my roer in rekord tyd moet klaar bou!

Julle kan nog kaartjies koop as julle wil!

Ek dink ek gaan!

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:38 am
by japievan
As dit nie was dat jy by die trekking moes wees om te kan wen nie, sou ek verseker ook gevat het.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:40 am
by Smitstertjies
Japie, vir die buffel trekking hoef jy nie daar te wees nie, net vir die ander pryse.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:42 am
by japievan
Wel in daai geval gaan ek verseker kry.

Re: BUFFEL JAG KOMPETISIE - Laerskool Amsterdam - Mpumulanga

Posted: Mon Apr 21, 2014 1:35 pm
by Martin82
Are there still tickets available