Page 1 of 2

springbok jagkompetisie

Posted: Wed Jan 22, 2014 5:46 pm
by tokjak
So hele paar maande terug het ek julle gevra of daar belangstelling in so n kompetisie sou wees . Die terugvoer was oorweldigend .Die eerste vergadering om n reelingskomitee te kies vind Vrydag plaas.Daar sal omtrent so 20-25 spanne van 4 deelneem . Ons beoog groot pryse en die groot prys sal definitief n ordentlike geweer wees .

Ek sal julle op hoogte hou .

O ja dit alles is ten bate van Hoer Volkskool op Graaff Reinet se koshuis . Soos julle sal weet is dit die staat se gebou , maar ons moet hom self onderhou .

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Wed Jan 22, 2014 5:55 pm
by Beretta
Sal belangstel asook Remington
Beretta

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:08 pm
by Ponkie
Tokjak

Steytlerville se Boerevereniging het ook altyd so kompetisie, weet nie of hulle steeds het nie. My pa en die Moore'tjies se span het 4 jr in 'n ry gewen, maar pryse was glad nie so wonderlik, en verder het prys per kg wat die bok jou uitwerk later oor die R30/kg gedraai. Dan het huloe die reiskostes uitgesluit, dit was slegs inskrywingsgeld en dan koop jy die bok ook.

Ek skiet nie die idee af nie, dis maar net 2 tips wat ek gee voor julle vergadering. Hoop julle kry die nodige fondse, ons plattelandse skole kort dit.

Groetnis
Ponkie

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:46 pm
by F.L.A.S.H
As ek as student dit kan bekostig sal ekbself bitter graag wil deel neem

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Jan 23, 2014 6:17 pm
by tokjak
ok manne kry solank julle spanne reg , alles sal volgende week gefinaliseer wees , n datum , die gelde , ens. Ek gaan soos dit n goeie Jaracal lid betaam dit vir een dag eers net aan julle oop stel . 4 manne per span , elkeen skiet 2 bokke

ek hou julle op hoogte ,

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Sun Jan 26, 2014 9:05 pm
by theedge
Ek hou die spasie dop

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Sun Jan 26, 2014 9:53 pm
by vossie1
Dit klink belowend,ek hoop nie "Graspolinnieholjagspan" gaan deelneem nie ;D

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:05 pm
by Ryperd
Ek hou dop. :police:

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:12 pm
by Jonie
Jokkie

Ek boek solank daar by jou , net die datum dringend vasmaak .

Tx

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:28 pm
by Alwyn
Ek hou ook dop ::)

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Sat Feb 01, 2014 12:54 pm
by Jonie
Jokie, nou hoekom so stil , wat is die datum ???

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Sun Feb 02, 2014 12:50 pm
by tokjak
ok, kom ons kyk die belangstelling, voorlopige datum 29 Aug. moontlike koste R550 per jagter , sluit in jag dagfooi , ontbyt , kospakkie veld toe en aandete. slegs plek vir 25 spanne , voorlopige koste vir bokke R22/kg "fielddress"
so indien alles volgens plan verloop en alles val in plek , sal dit die datum wees
baie groot pryse

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:35 pm
by Jonie
Eish Jokie

Dis die laastew naweek van koedeoe jag seisoen, in 90% van die distrikte, is dit julle enigste datum, niks voor of na die jagseisoen nie??

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Mon Feb 03, 2014 10:24 am
by tokjak
Jokkie dis n voorgeste;de datum , by daai tryd is jou vrieskas in elk geval lankal vol

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Mon Feb 03, 2014 4:02 pm
by Jonie
Jokie/ Tokjak

Soos jy weet het ek n groot vrioeskamer, hy raak NOOIT vol nie, of my vrou weet nooit hy is vol nie, daar is altyd plek vir n jag.

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Mon Feb 03, 2014 7:24 pm
by douw
Verduidelik asb hoe die kompetisie werk.

Groete
Douw

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Tue Feb 04, 2014 9:15 am
by tokjak
4 manne per span span kaptein trek oggend plaas uit hoed. volgens afstand van en na plaas kry hulle dan tyd om terug te wees , anders word punte verloor . daar word 2 bokke per jagter geskiet . die bokke word ingeweeg en skote word beoordeel . daar word punte toegeken vir gewig [tot n maksimum ]en vir skootplasing indien punte gelyk is word na horinglentes gekyk. daar is dan pryse vir individu met hoogste gemiddeld , span met hoogste gemiddeld , swaarste bok , langste horings, plaas met swaarste bokke , ens . daar is ook n pryse vir beste skoot , 1" onder oor in en by teenoorgestelde oog uit [ julle mag dalk dink dit klink te moeilik , maar elke jaar by die Murraysburg kompetisie , is daar heelwat manne wat dit regkry en dan kos dit fyn meet deur die beoordeelaars ]

wat lekker is , is dat soos die manne terugkom word die bokke ondersoek en dat uitgepak in die span se kampie, so kan almal die bokke sien en saam gesels, met n helse klomp stories natuurlik

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Feb 06, 2014 11:58 am
by Ryperd
Nee maggies, nou klink dit eers lekker!! Watter plase/area word gekies, m.a.w. waar in sonnige RS of A is dit?

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Feb 06, 2014 12:03 pm
by tokjak
Binne 60 km radius van Graaff Reinet

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Feb 06, 2014 12:21 pm
by Triple2
Jis Tokkels
Het jy my PM gekry?
Groete
Devan

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Feb 06, 2014 6:29 pm
by tokjak
Jis Devan ek het , baie dankie ek sal jou kontak . Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir borge te vra . Ons beoog om groot te gaan en die plan is om fiesta en wild en wragtig betrokke te kry , so die "milage" sal daar wees .

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Thu Feb 06, 2014 7:51 pm
by GreyGhostGear
Naand Tokkels,

Ek sal verseker help met n borgskap of prys, ons sal gesels.
Maar se gou eers hoe werk die verblyf en hoe vroeg moet n man boek om daai berghut van jou te kry? Ek neem aan die manne gaan op verskillende plase slaap of gaan dit sentraal wees?

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Fri Feb 07, 2014 9:31 am
by tokjak
Jis Petrie , baie dankie . Man elke ou kan slaap waar hy wil , maar daar sal ook kampplek op die skool se rugbyveld wees.

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Fri Feb 07, 2014 12:17 pm
by Jonie
Petrie

Jy is te laat vir daai berg hut, ek het klaar my spannetjie daar, of wag kom ons hoor gou.

Tokkie , is daar plek agter Heidi se rug vir my. ??????

Petrie as ek n positiewe antwoord kry kan jy die hut kry

groete

Re: springbok jagkompetisie

Posted: Fri Feb 07, 2014 12:41 pm
by tokjak
Ai, ai ,ai . Jonie jy verstaan vrouens glad nie. N Vrou is soos n ou lexington roker , hy hou by sy brand al proe hy nie meer lekker nie, jou vrou is natuurlik die uitsondering .
Jy met jou kort.......................humeur sal nie hond haar af maak nie .

Jonie jaghuis is geboek vir jou Petrie kan maar Heidi se rug vat

groete