Page 1 of 2
Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 9:15 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek weet die tipe kalibers is maar bitter skaars maar ek glo hier is so hier en daar n lid wat wel een aan die lewe hou.
Ek het gister die baie trotse einaar geraak van een wat in hierdie klas val naamlik die 505 Gibbs. Die geweer is deur Ruger se Custom Shop gemaak op hulle M77 Magnum aksie.
Groetnis
Wouter
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 10:44 am
by Ralph Badenhorst
Geluk Wouter!
Laai n foto of 2 sodra jy hom het! Het ook so .505 Gibbs projek op n DSB Magnum Mauser aksie in die pyplyn.
Groete
Ralph
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 10:55 am
by DWB
Baie Geluk Wouter.
Nog een van ons forum manne Welver hier op die forum het 'n 500 Jeff en 505 Gibbs
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 11:03 am
by Wouter Roets
Baie dankie Ralf
Die geweer sal volgende week hier wees en kort n erge make-over. Die gedeelte wat saak maak is 100% maar n mens kan nie dieselfde se van die estiese kant nie. Gelukig is daai alles wat gefix kan word. Ek wou julle nog kontak en vra of julle so twee Mercury reducers spaar het vir my wat ek kan oorvat. Ek is te skaam om foto's te plaas en om alles te kroon weet ek nie hoe nie!
Ek is ontsaglik opgewonde oor die geweer en hy en en die 416 Rigby is perfekte bedmaatjies. Die twee gewere lyk ook presies eenders en verskil so tik-tik van die 375H&H Ackley en 458 Lott. Die 505 het net nie n barrelband op nie maar sal dit ook aanbring. Hy het wel net soos die 416 n barrelband wat vasskroef in die kolf. Hierdie is n ander eienskap wat nie so is op die 375 en 458 nie. Die 416 en 505 is wel heelwat ouer modelle. Hulle lope is ook 24 duim teenoor die 375 en 458 se 23 duim. Sou dit eintlik graag andersom wou gehad het.
Groetnis
Wouter
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 1:05 pm
by Stefan764
Geluk Baas Wout
Nou kan jy ook saam 600gr pitte skiet!
Groete
Stef
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 1:41 pm
by Beer (Christo)
Baie geluk!
Hopelik ontwikkel jy nie 'n flinch wat dan op kamera vas gevang word en in 'n prominente jag tydskrif gepubliseer word nie!

Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 1:48 pm
by Stefan764
Beer (Christo) wrote:Baie geluk!
Hopelik ontwikkel jy nie 'n flinch wat dan op kamera vas gevang word en in 'n prominente jag tydskrif gepubliseer word nie!

Eina....
Re: Die 500 Bende
Posted: Thu Jan 23, 2014 2:29 pm
by Beer (Christo)
Stefan764 wrote:Beer (Christo) wrote:Baie geluk!
Hopelik ontwikkel jy nie 'n flinch wat dan op kamera vas gevang word en in 'n prominente jag tydskrif gepubliseer word nie!

Eina....
That's what he said......
Vergewe my maar, seker net jaloesie. Sal graag wil voel hoe skiet so groot seun.
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Jan 24, 2014 8:44 am
by Lourens
Baie geluk Wout, ek het juis die naweek met daai einste geweer in my hande gestaan en gereken hy gaan perfek by jou versameling inpas. Ekt juis vir Malcolm gese om jou 'n lui te gee want jy sal moontlik belangstel. Jy het een van slegs 'n handjievol wat ooit gemaak is. Daai is 'n versamelstuk in eie reg. Sien uit om te sien hoe lyk hy wanneer hy sy nuwe baadjie aan het... ( en dalk 'n skootjie te skiet as ek weer op Geelhout kom draai...

)
Groete,
Lou
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Jan 24, 2014 9:15 am
by Wouter Roets
Hallo Louw
Dit is goed om weer iets van jou te hoor ou maat. Lyk my die nuwe lewe is maar rof op jou en kry maar min slaap in die aande!

Dis hoe dit hoort! Mag 2014 n besonderse jaar vir julle wees.
Ek het heel aan die begin n offer aan Malcolm gemaak en toe maar die geweer afgeskryf toe hy dit nie aanvaar het nie. Ek kry toe Dinsdagaand n oproep van ene Sully. Ek het n reel om nie besigheid of deals te maak as ek iets koud in my hand het nie en hierdie het nou weer net bevestig hoekom ek die reel het! Kon n lekker buffeljag nou so vroeg in die jaar gehad het! Maar ja ek is nie vir n oomblik spyt oor die unieke geweer nie. Werklik iets besonders en laat daai aksie tot sy volle reg kom. Sal vir seker n skoot of drie vir jou uithou as ons mekaar weer sien.
Groetnis
Wout
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Dec 15, 2014 1:14 pm
by Cornelius
Dagse Manne
Kan ons dalk bietjie die name lys van die manne met die groot gewere? Ek is nogals nuuskierig om te sien hoeveel daar is.
Groete
Cornelius
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Dec 15, 2014 1:30 pm
by kopskoot
Wouter Roets 505 Gibbs ( Ruger)
Ronald Nel ( kopskoot) 500 Jeff ( Sako) ,500 NE (Verney), 577 NE( Verney)
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Dec 15, 2014 2:44 pm
by Ralph Badenhorst
Wouter Roets 505 Gibbs ( Ruger)
Ronald Nel ( kopskoot) 500 Jeff ( Sako) ,500 NE (Verney), 577 NE( Verney)
Ralph Badenhorst - .577 NE (RBB)
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Dec 15, 2014 2:45 pm
by DWB
ANDRIES het ook ñ 500Jeff as ek reg onthou
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Dec 15, 2014 3:54 pm
by Francois Marais
Wouter Roets 505 Gibbs ( Ruger)
Ronald Nel ( kopskoot) 500 Jeff ( Sako) ,500 NE (Verney), 577 NE( Verney)
Ralph Badenhorst - .577 NE (RBB)
FM - 500 A-Square (Custom op n ZKK602 aksie)
Mooi loop
Francois
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 12:16 pm
by DWB
Ek kan seker na 10 jaar hierdie draad herleef.
Ek is ook nou die trotse eienaar van 'n 500 Jeffery, alhoewel hy nog op "finishing touches" stadium by die grafeerder is.
Vektor Magnum Aksie (Nou single square bridge)
Vektor loop van die perfekte dikte en taper.
Plank vir kolf direk uit Turkeye ingevoer.
Gerrie Coetzee het hom vir my aanmekaar gesit!
Ek plaas solank 'n lusmakertjie of twee:
WhatsApp Image 2024-09-13 at 12.15.09_e87fc322.jpg
WhatsApp Image 2024-09-13 at 12.15.09_6a2c1234.jpg
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 12:20 pm
by Cornelius
Geluk Deon!!! Geniet hom (of haar)
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 12:28 pm
by DWB
Dankie Cornelius! My gewere is almal Manly Men!
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 12:33 pm
by Capt. Yoda
Jislikeit daai hout gee my somer hout
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 7:43 pm
by junglejulian
Geweersmede en cnc operators is daar baie van.
Regte kunstenaars wat n warm regte custom geweer kan bou is ongelukkig min gesaai.Gerrie Coetzee is nog een van hulle.hy Kan n mooi geweer bou.ek het daai stuk hout by hom gesien.Gaan n besonderse geweer wees.
Re: Die 500 Bende
Posted: Fri Sep 13, 2024 7:58 pm
by DWB
Julian jou bogger!!!!
Ek moes Gerrie omtrent bribe vir fotos, nou kan julle manne hom sommer bekyk
Hy geniet dit om ñ ou se verbeelding aan die gang te hou!
Re: Die 500 Bende
Posted: Sat Sep 14, 2024 8:32 am
by Frederik
Kan nie wag om daardie roer van jou te sien en skoot of twee te skiet nie.
Baie gleuk met die prag stuk.
Re: Die 500 Bende
Posted: Sat Sep 14, 2024 4:53 pm
by DWB
Frederik wrote: Sat Sep 14, 2024 8:32 am
Kan nie wag om daardie roer van jou te sien en skoot of twee te skiet nie.
Baie gleuk met die prag stuk.
Dankie ou maat! Ons sal sy koms met ñ goeie single malt en ñ dik kubaan vier!
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Sep 16, 2024 6:39 am
by Frederik
DWB wrote: Sat Sep 14, 2024 4:53 pm
Frederik wrote: Sat Sep 14, 2024 8:32 am
Kan nie wag om daardie roer van jou te sien en skoot of twee te skiet nie.
Baie gleuk met die prag stuk.
Dankie ou maat! Ons sal sy koms met ñ goeie single malt en ñ dik kubaan vier!
Klink soos 'n goeie plan.
Re: Die 500 Bende
Posted: Mon Sep 16, 2024 8:11 am
by Wouter Roets
Geluk Deon!
Dit lyk sommer bakgat my maat. Mag hy jou oneindige plesier verskaf.
Groetnis
Wout