Page 1 of 1

Beplande dagroep, Help asb

Posted: Thu Jan 30, 2014 9:14 pm
by Cobus(Cobb)
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/Dagroep_zps4aa4a746.jpg

A Plaashuis
B Beton dam, pomp en raised hide
C Omgewing se silos
D 3 jonges geskiet onlangs

Tussen A en D,,,daai koppie, dit is waar of mamma of pappa of albei vanaf skree, net so met sonsak, en nog net 1 keer weer in die nag. Nog nooit oge opgetel nie, was al 3 aande daar...2 keer per nag...(vroeg aand en na-nag)

Die wit lyne is waar dinge rof, ruig en hoogtes is..(dis nou meer ruig as op die Google foto na lekker reen)
Jou gemiddelde sig afstand is seker 30-40meter,(uit die hide ook) maar dan het jy weer dooi grond agter die bosse naby jou, om 'n oop skoot te gaan kry is ook 50/50 as jy lucky is
Daar is nie regtig erosie slote nie, en ek weet nie waar die jakke se jagveld, of roete na die jagveld is nie.
Die kamp is 'n blesbok kamp met nog geen tot baie min aanwas in 3 jaar.

Ek beplan nou maar 'n dagroep, wil bietjie julle manne se gedagtes hoor tov tyd, staanplek en klanke.
(die hide is seker keuse 1, maar wil hoor wat julle dink)
Die hide se water is nie die enigste nie, daar is nog 'n dammetjie naby

Ek luister graag

Re: Beplande dagroep, Help asb

Posted: Fri Jan 31, 2014 9:38 am
by hebron
Net n voorstel; sit trailcams op by water om te kyk waar en watter tyd hulle daar drink. (drink normaalweg met laaste/eerste lig) saans of soggens......
Jy behoort hulle drinktyd te kry na n week, jakkalse drink gereeld water en redelik dieselfde tyd elke dag; miskien is jy gelukkig dat hulle by die hide drink dan kan jy net stelling inneem n uur voor hulle drinktyd.

Dis nie altyd so maklik om staanplek vanaf Google maps te kry nie; die terein lyk baie keer geskik maar as jy daar kom lyk dit heel anders.

Re: Beplande dagroep, Help asb

Posted: Fri Jan 31, 2014 10:03 am
by Geno
Ek sou tussen D en B staan, of selfs in die oop land suid-wes van Goeiehoek treinstasie...

Re: Beplande dagroep, Help asb

Posted: Fri Jan 31, 2014 12:25 pm
by Cobus(Cobb)
Geno wrote:Ek sou tussen D en B staan, of selfs in die oop land suid-wes van Goeiehoek treinstasie...
Sit gereeld daar in die oop lande, nog net 1 wetter daar kon laat omval....maar glo nie dis my stel nie, want net oos van die land is weer 'n nes...daars Vrydag aan daar skoon gemaak deur Ted met die Corsa bakkie...7 skote, 5 brakke..

Re: Beplande dagroep, Help asb

Posted: Fri Jan 31, 2014 2:23 pm
by pieter h
Koppie se flank wat na D front afhangende v terein.